Afsondering: SA skuif dalk vandeesweek na vlak 2

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Elmond Jiyane/GCIS

Suid-Afrika kan moontlik vandeesweek nog na vlak 2 van die afsonderingstydperk skuif, sou pres. Cyril Ramaphosa die aanbevelings van die forum van direkteurs-generaal van verskeie departemente aanvaar.

Die aanbevelings is Dinsdag aan die kabinet gemaak waarna Ramaphosa glo aanvanklik ingestem het om die land na vlak 2 te skuif. Dit sou behels dat die verbod op tabakprodukte en alkohol opgehef word.

Luidens inligting sou die president die aankondiging Sondagaand maak nadat hy Saterdag met die premiers van die onderskeie provinsies vergader het. Betroubare bronne het egter nou gesê Ramaphosa gaan moontlik vroeër die aankondiging maak. Die alkoholverbod verval boonop op 15 Augustus (Saterdag) en sou die regering dit wou verleng, moet Ramaphosa voor dan ʼn aankondiging hieroor maak.

Volgens bronne is dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, en dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, egter nié te vinde daarvoor dat die verbod op tabakprodukte en alkohol nou al opgehef word nie.

Prof. Salim Abdool Karim, Mkhize se raadgewer rakende Covid-19, het Woensdag aan die media gesê hoewel die aantal infeksies geleidelik daal, het die land ʼn bietjie meer tyd nodig voordat dit na vlak 2 kan beweeg.

“Ons het nog ʼn paar dae nodig. Maar dit gaan alles in die regte rigting. Ek is optimisties dat ons nou afwaarts neig,” het Karim gesê. Mkhize het ook al by navraag gesê die land is nog nie gereed om die alkoholverbod op te hef nie.

Cosatu het vroeër vandeesweek aangedui dat hy ten gunste daarvoor is dat die verbod op tabakprodukte en alkohol opgehef word om werk in dié bedrywe te bewaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

41 Kommentare

jongste oudste gewildste
Renata

Natuurlik gaan die klomp daarteen skop en Ramaphosa gaan net sy kop skud en saam stem

Cindy

Ons word seker nou weer net verniet opgewonde gemaak…

Elméne

Ja tannie kopdoek SAL dit teenstaan want sy en haar familie is nog te gierig en dink nie aan die mense wat hul werk verloor het agv van haar en haar tjommies se belaglike verbod op sigaret en drank verkope nie. SIEK SPUL!!!!

JohanR

Asseblief moenie op julle knie val en dankbaar wees dat ons miskien na Vlak 2 beweeg nie. Onthou altyd die laaste 4 maande, en onthou altyd die 3 miljoen mense wat skielik werkloos is, al die besigheide wat hulle deure vir altyd moes toemaak, die honger mense, en veral die honger kinders. Onthou veral in 2021 waaneer julle in daai stembus staan met die merker in die hand, die pyn van ‘n useless ANC goverment!

Hoopvol

Ai, laat die mense tog wettig rook. Ek hou NIKS van rook nie, eintlik verafsku ek dit… Maar wat nou gebeur, is dat onwettige handel toeneem, dat al meer mense dit aanvaarbaar vind om die wet só te oortree (want die reëls ís immers belaglik)!

SO ONDERMYN ONS NET ONS LAND SE MORALITEIT, en daarvoor gaan ons land nog ‘n groot prys betaal – op die ANC se rekening…