Afsondering: Skoolvakansies dalk geskrap

Leerders aan Laerskool Lynnwood, skryf eksamen. (Foto: Verskaf)

Die departement van basiese onderwys oorweeg dit om skoolvakansies vir die res van die jaar af te stel om op te maak vir verlore tyd weens die tydperk van algehele afsondering.

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het Vrydag aan verslaggewers gesê sy vergader volgende week met die kabinet en moet voorstelle aan die hand doen hoe die ontwrigting aan die skooljaar reggestel kan word.

Skole is reeds sedert 18 Maart gesluit uit vrees dat die koronavirus by skole kan versprei.

“Indien die tyd van algehele afsondering einde April opgehef word, het ons reeds 40 skooldae verloor. Een van die voorstelle waaraan ons werk is dat die Junie- en September-vakansies wegval en die November-eksamen dan in Desember plaasvind. Maar dit is nog glad nie finaal nie.”

Sy sê klasse moet so gou as moontlik vir gr. 7’s en gr. 12’s infaseer word. “As die ergste gebeur sal leerders eers in Junie kan teruggaan skool toe, maar ons hoop om al middel April te begin met toetse om te bepaal hoe vêr agter leerders geraak het tydens die verlengde vakansie.”

Volgens Motshekga maak die regering nie staat daarop dat leerders toegang het tot die opvoedkundige materiaal wat deur middel van die internet, radio en televisieprogramme aan hulle beskikbaar gestel word nie. “Die oorgrote meerderheid van ons leerders het nie toegang tot hierdie hulpmiddele nie, daarom kan ons nie inligtingstegnologie in ons beplanning gebruik nie. Ons maak daarop staat dat leerders weer kan terugkeer na die klaskamer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

33 Kommentare

jongste oudste gewildste
Marieta

Dit sou al groot hulp gewees het, as rekenaars, ink, drukkers en meegaande toerusting as essensieel geklassifiseer kon word . Nou het mens wel toegang tot werkstukke ens op die internet, maar geen manier hoe om dit uit te druk en vir die kinders beskikbaar te maak as jou drukker nie werk nie.

Rodger17

Baie goeie ding

Stephanus

Dis ń goeie plan maar ek weet nie hoe kom sy by 40 verlore skooldae uit nie. As jy die skoolvakansie buite rekening laat is dit 14 skooldae wat verlore sal wees teen einde April.

pamela

Ongelukkig, dink ek dit gaan die beste ding wees om te doen. Die kinders is reeds onder geweldige druk op skool, die “Lockdown” is vir die oomblik lekker, al doen hulle skoolwerk by die huis, gaan die druk baie wees wanneer hulle terug gaan skool toe.

Ruvonne

Dit is als goed en wel dat al die tyd opgevang word en ek stem daarmee saam, maar die pas waarteen die skoolwerk gedoen word is reeds straf vir sommige kinders. Ek sou voorstel om die Junie/Julie vakansie wel te laat wegval, maar dalk die voorsiening te maak dat die September/Oktober vakansie steeds in plek bly en dalk die skole te laat later sluit in Desember.