Afsondering: Slegs enkele weermaglede uiteindelik ontplooi

Weermaglede in Johannesburg gedurende die algehele landwye afsondering. (Foto: Jerome Delay, AP)

Nie een van die 73 000 weermaglede wat deur pres. Cyril Ramaphosa gemagtig is om ontplooi te word tydens die afsonderingstydperk, is tot dusver geaktiveer nie.

Ramaphosa het in reaksie op die huidige Covid-19-pandemie op 22 April vanjaar magtiging gegee vir die ontplooiing van 73 180 bykomende weermaglede. Die magtiging, wat as die grootste ontplooiing van die Suid-Afrikaanse Weermag (SANW) ná apartheid beskryf word, is geldig tot 26 Junie vanjaar. Dit is gedoen ten einde die polisie by te staan met die toepassing van die afsonderingsregulasies. Kenners beskryf dié stap nou as “oorhaastig” en ʼn blote vertoning van mag.

Sosiale media het egter die afgelope week gegons oor die skynbare afwesigheid van dié troepe. Die SANW het in reaksie hierop aan Maroela Media bevestig dat slegs 7 000 weermaglede tans ontplooi is. Dit is wel meer as die 2 820 wat aanvanklik geaktiveer is om die polisie by te staan, maar maak nog nie deel uit van die bykomende lede wat op gereedheid geplaas is nie. Lede wat reeds ontplooi is, is ook nie almal soldate nie, maar sluit ook lede in die wat die departement van gesondheid moet ondersteun, het kapt. Jaco Theunissen, kommunikasiebeampte by die gesamentlike bedryfsafdeling van die SANW, aan Maroela Media gesê. Volgens Theunissen het die regering ook nog niks van die R4,49 miljard bestee wat begroot is vir die onplooiing van dié lede nie.

Prof. Theo Neethling, millitêre kenner aan die Universiteit van die Vrystaat, sê die gereedheidsgrondslag behels dat die president nie telkens met ’n nuwe aankondiging moet kom of ’n skrywe aan die Gesamentlike Staande Komitee op Verdediging in die Parlement moet rig om SANW-lede op gereedheid te plaas nie.

Weermaglede word ontplooi om die verspreiding van Covid-19 te help verminder. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

“Verder maak die magtiging dit moontlik vir die SANW om enige van sy komponente, soos ingenieurs, logistieke eenhede of mediese personeel, te enige tyd of enige plek aan te wend,” sê Neethling.

Of Ramaphosa oorhaastig was met sy magtigingsbesluit of nie, meen dr. Jakkie Cilliers van die Instituut vir Sekerheidstudies, die aankondiging was onverwags, maar beduidend.

“Tot ʼn mate was dit ʼn magsvertoon en ʼn kommunikasiemeganisme om ʼn boodskap uit te stuur. ʼn Boodskap van hoe ernstig die regering die situasie ag en om te wys dat hulle wyer as net steun aan die polisie kan ontplooi.”

Die DA se skaduminister vir verdediging, Kobus Marais, is ook van mening dat die besluit om 73 180 weermaglede te magtig, oorhaastig was, en dat daar geen duidelike regverdiging vir die besluit was nie.

“Ek is eerder gemaklik dat hy [Ramaphosa] elke keer as hy die instruksie gee die motivering en regverdiging daarvoor gee. Dan kan ons ʼn behoorlike burgerlike oorsig doen.” Marais meen buitendien daar is geen manier waarop Suid-Afrika 73 000 weermaglede kan ontplooi nie. “Hulle het ʼn totale hipotetiese getal gevat om te verseker dat hulle nie weer in ʼn situasie kom waar hulle mense nodig het nie, maar die president se instruksies is egter nie daarvolgens nie,” sê Marais.

‘n Weermaglid op patrollie in KwaZulu-Natal tydens die staat van algehele afsondering wat steeds geld. (Foto: Facebook)

Dié kenners is boonop bekommerd oor die gebrek aan opleiding en bevoegdheid van weermaglede wat tans ontplooi is.

Maroela Media het reeds aan die begin van die afsonderingstydperk berig oor gevalle waar SANW-lede hulle skuldig gemaak het aan onvanpaste gedrag teenoor die publiek. Neethling meen egter daar was sedertdien min sulke gevalle.

Marais meen die afname in gevalle van magsmisbruik in die weermag, het gekom nadat die weermag sy regsoffisiere ontplooi het om sy lede te onderrig in wat die regte en pligte van hulle en die landsburgers is.

Marais meen die weermag moes lankal heropgelei gewees het: “In die vorige bedeling was daar spesialiseenhede en was daar spesifieke opleiding in die ontplooiing in stedelike gebiede, hetsy dit in die townships was of in ander gebiede. Die wese van ons weermaglede wat [tans] ontplooi is, het geensins blootstelling aan sulke opleiding gehad nie.

“Inteendeel, baie van hulle is voorheen in die oostelike deel van die Demokratiese Republiek van die Kongo ontplooi, wat ʼn uiterse vyandige omgewing is waar daar oorlog gevoer word. Daar moet hulle ʼn teenstander identifiseer en elimineer, hetsy deur dood te skiet of gevange te neem.”

Cilliers verwys na die Verdedigingshersieningsdokument van 2015 en 2019/20 wat duidelik toon die weermag is op die oomblik in “ʼn kritieke toestand”. Cilliers reken hoewel die weermag ná die 1996/’97’s geweldige groot begrotingsbesnoeiings ondergaan het, kon hulle tot op hede nie daarvolgens herstruktureer nie.

“Terwyl die weermag sy veelvoudige range probeer handhaaf, sit die weermag ook met werknemers van ʼn hoë ouderdom, waar verdere interne verpolitisering voorkom omdat baie van dié soldate steeds lojaal is teenoor MK (uMkhonto we Sizwe) of APLA (Azanian People’s Liberation Army).

Marais meen eweneens dit gaan eintlik oor die politiek. “Die generaal kom uit ʼn bepaalde dogma of ideologiese omgewing. Wanneer hulle ʼn instruksie van hul politieke hoofde kry, doen hulle dit, maak nie saak wat dit is nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Werner ·

Hulle het seker Met n skok agtergekom hulle het nie nog 73000 soldate nie weet nie wat om hulle aangaan nie

marius ·

Waneer was daar meer as 70 000 troepe in die vorige bedeling ontplooi ?

Nico ·

Daar is geen manier hoe Rampie 73 000 Troepe op die grond kan neersit nie. Nie tensy hy vir die kokke, klerke, skoonmakers, tegnikuste, werktuigkundiges,lugmag personeel, vloot personeel, admin personeel, seketaresse, tuinwerkers, stoormanne, dokters, verpleegsters , prokureurs, al sy hordes rangdraendes bokant majoor vlak ens ens elk ‘n geweer in die hand wil stop nie. Daar is bloot nie soveel gevegspersoneel nie, al wil hy dit so laat klink.

Hier is 2018 se syfers. ek sal dit daar laat…

the Department had 75 555 personnel in its employment in February 2018. As of 31 March 2018, the SA Army had 38 572 personnel in its ranks, the SA Air Force 9 652, the SA Navy 6 992 and the SA Military Health Service 7 624. Other divisions such as Legal Services and Human Resources accounted for several thousand others.

Adam Adriaan ·

In hierdie surkus speel daar ook die meete Clowns in die grootste tent in die wêreld

Jaco ·

Ja met NDZOL aan die voortou….ek moet bieg, sy ht ten minste uitstekende vermaak aan ons almal verskaf.

Adam ·

Of die aankondiging pro-aktief of magsvertoon was, is eintlik irrelevant aangesien SA onmoontlik nie 73000 behoorlik opgeleide weermaglede op enige stadium in die veld kan stoot nie. Weinig van wat die regering tydens die pandemie doen, maak behoorlik sin en boonop is die regulasies ongelooflik swak en amateuragtig geskryf.

Boerkind ·

Die weermag was besig om te ontplooi, maar toe kom baas Pateties met sy t-shirt- en skoenwette… en nou is daar verwarring oor hul uniforms. Ek het gedink die land is ‘n sirkus onder JZ, maar dit raak al meer absurd. Hoe sal dit nie gaan as ‘n werklike oorlog uitbreek nie?

Gemaskerde Sopbeen ·

Sal my nie verbaas as hulle nie weet waar om hulle in die hande te kry nie. Nee wag, dalk is hulle almal op siekverlof.

JohanR ·

73000 soldate was seker President Nkosazana Dlamini-Zuma se idee? ‘n Zuma kan moes nie tel nie!

Jan ·

Hulle is anc wat hulle se doen hille nie . Dit is net daar gese as iemand die geld wanbestee dan is dit hulle verskoning. Daar is bie so baie weermags lede in suid afrika nie. Miskien 25000 . Die res is spoke wat se geld na die anc toe gaan

Elsa ·

Die Weermag, hoe groot of hoe klein, is nie opgelei om in hierdie omstandighede te werk nie.
73 000 Soldate? Née wat. Dis net magsvertoon.

JohanR ·

Jammer dat ek twee keer hier pos, maar een van die poste hier het my maak dink. Die volgende is ‘n uittreksel in Engels “Ramaphosa announced his decision to deploy an additional 73,180 members of the South African National Defence Force until June 26. The operation is expected to cost around 4.5 billion rand ($2.4 million), said the letter, which was dated Tuesday, April 21”. Nou as net se 25000 (‘n derde) addisionele soldate ontplooi is, waar is die ander R3 biljoen ($1.6 miljoen) heen. Tyd vir Solidariteit, AfriForum. VFPlus en die DA om vra te begin vra, en antwoorde te begin kry. Waar is R3 biljoen heen?

SomeOne ·

waar gaan al die geld heen, dit kan nie salarisse wees nie, hulle word mos “betaal” vir hul niksdoen in die weermag

Pieter J ·

Die meeste van die soldate was in die eerste plek nie geskik om aangestel te word nie. Hoe meer van hulle dus op die publiek losgelaat word hoe ernstiger sou die situasie word.

Catantho ·

Ek glo die belastingbetaler gaan nog steeds vir 73 000 van hulle betaal, al word net 73 ontplooi. Dis die ANC-way.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.