Afsondering: Soveel al vas oor regulasies   

Minister Bheki Cele. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Meer as 243 000 Suid-Afrikaners is reeds deur die polisie in hegtenis geneem weens die oortreding van die afsonderingstydperk se regulasies.

Bheki Cele, minister van polisie, het Donderdag tydens ‘n mediakonferensie gesê sowat 241 000 van dié sake was reeds voor die hof, waar dit uitgestel is vir verhoor. Die groot getal inhegtenisnemings skep volgens die minister ʼn ernstige en onverwagse probleem aangesien die oortreding van die afsonderingsregulasies tans ʼn kriminele oortreding is.

Vreemd genoeg is daar ʼn bykans direkte ooreenkoms tussen die gebiede waar die meeste mense in hegtenis geneem is, en die plekke met die meeste Covid-19 gevalle.

In die Wes-Kaap is sowat 57 000 mense tot dusver in hegtenis geneem, in Gauteng omtrent 40 000, in die Vrystaat 36 000 en in KwaZulu-Natal 27 000.

“Ons kan egter nie toesien dat honderdduisende Suid-Afrikaners wat tot dusver ʼn skoon rekord het, nou ʼn kriminele rekord kry nie want die gevolge vir die res van hul lewe is baie negatief. Ons sal dus moet differensieer tussen ernstige oortredings en ligte oortredings voordat die verhore begin,” het Cele gesê.

Tydens vlak 3 mag distrik- en provinsiale grense steeds net oorgesteek word deur diegene wat dit op vlak 5 en 4 ook kon doen – slegs diegene wat amptelik deur die staat as noodsaaklike werkers geklassifiseer is en ʼn amptelike regeringspermit byderhand het om dit te bewys (en hulle mag slegs daardie grense oorsteek om werkverwante redes).

(Foto: SA Polisie/Facebook)

Vir die res bly provinsiale en distriksgrense gesluit, en enigeen wat dié grense wederregtelik oorsteek sal in hegtenis geneem word en gestraf word met ʼn boete van R2 000, ses maande tronkstraf of albei.

Mense met ernstige siektes, dié wat verhuis, begrafnisse moet bywoon of moet terugkeer huis toe nadat die staat hulle elders in kwarantyn gehou het, kan ook provinsiale en distriksgrense oorsteek, maar dan moet hulle twee afsonderlike stukke dokumentasie byderhand hê anders sal hulle in hegtenis geneem word.

Eerstens moet ʼn gedetailleerde polisieverklaring uitgereik deur die stasiebevelvoerder van die gebied waar die reis begin, asook die permit wat in die Staatskoerant gepubliseer is, fisiek byderhand wees sowel as alle amptelike bewyse van die beweerde redes vir die reis (doktersverklaring en presiese hospitaalafspraak in geval van ernstige siekte, verkoopkontrak en koopkontrak in geval van verhuising, en amptelike skriftelike bevestiging van die begrafnisondernemer of predikant in geval van begrafnisse).

Geen openbare byeenkomste word op vlak 3 toegelaat nie, behalwe kerkdienste en begrafnisse. Tydens kerkdienste sowel as begrafnisse mag nie meer as 50 mense teenwoordig wees nie. Geen vriendskapsbesoeke, kuiers of familiebesoeke mag plaasvind tydens vlak 3 nie.

In die land se virus-brandpuntgebiede – tans die agt metro’s asook die distriksrade Kaapse Wynland en Illembe (aan die KwaZulu-Natalse Noordkus) – sal patrollies deur die veiligheidsmagte verskerp word. Meer padblokkades en motor-deursoekings lê ook dadelik vir die brandpuntgebiede voor.

Foto: SAPD/Facebook

Benewens hul voortgesette rol in patrollies, padblokkades en die handhawing van openbare orde, gaan weermaglede voortaan op omvattende skaal gebruik word om infrastruktuur vir die voorsiening van water aan huishoudings, ondernemings en instansies te herstel en te installeer vir die gebiede wat nog nooit sulke basiese geriewe gehad het nie.

Die departement van binnelandse sake se kantore is almal oop. Almal van hulle lewer die volgende dienste: geboorteregistrasies, laat geboorteregistrasies, die wetlike voltrekking van huwelike (maar uiteraard geen religieuse of sosiale huweliksgeleenthede (bruilofte) nie, doodsertifikate, aansoeke om identiteitsdokumente, die uitreik en laastens die afhaal van identiteitsdokumente. Geen ander diens mag tans deur kantore van die departement van binnelandse sake verskaf word nie.

Die omvattende regulasies vir howe wat sedert die begin van die grendelstaat geld, bly onveranderd. Onder meer beteken dit in praktyk dat min of meer alle hofsake tans uitgestel word. Daar is enkele kwessies wat howe dadelik en dringend moet hanteer, naamlik enigiets waar korrupsie beweer word, enigiets wat handel oor die koronavirus, enige hofsaak oor die afsonderingsregulasies en enige hofsaak waarin geweldsmisdaad beweer word.

Die regering het by die bevolking gepleit dat elke beweerde voorval van wangedrag deur die polisie of die weermag volledig aangemeld moet word sodat skuldiges swaar gestraf kan word. Dit sluit elke klagte in waar mense meen die polisie of weermag het te sterk taal gebruik jeens die publiek of het te hardhandig/geweldadig opgetree, asook enige bewering van korrupsie of pligsversuim. Klagtes kan ingedien word by die tolvrye nommer 0800-333177, deur ʼn e-pos te stuur na [email protected] of by enige polisiestasie.

Foto: SAPD/Facebook

Op vlak 3 mag daar steeds nie meer as twee mense (die bestuurder en een passasier) in enige passasiersmotor op die pad wees nie.

As die polisie enigiemand opmerk of betrap dat hulle in besit van sigarette is of sigarette rook op enige plek behalwe hul huis of erf, sal hulle onmiddellik deur die polisie gearresteer word, tensy hulle die gedetailleerde kontantstrokie het wat bewys presies waar hulle die sigarette gekoop het, en dat hulle dit voor die begin van die grendelstaat gekoop het.

Alkohol mag op vlak 3 slegs van Maandae tot Donderdae van 09:00 tot 17:00 verkoop word, en slegs deur ondernemings wat formeel en volledig by die owerheid as drankhandelaar geregistreer is. Alkohol mag slegs in die huis of erf gebruik word en dan slegs deur die mense wat op die erf woon – nie deur enige gaste, familie, instappers of genooides nie.

Laastens is daar op vlak 3 geen aandklokreël meer nie, so enigiemand mag te enige tyd op straat wees onder dieselfde gedragsvoorwaardes as wat alledaags en normaal was voor die grendelstaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Renee ·

243000.00 in hegtenis geneem vir oortreding van regulasies, kan hy aub vir ons die gatalle wys wat suksesvol
opgelos is vir regte misdade bv moorde, verkragtings, kapings ens ens

Hester ·

Hulle kan nie sal moontlik daardie syfers ook uit hulle duime suig. Soveel mense inhegtenis geneem (maar die goverment ) kan nie eens duidelike reels uiteen sit nie, die polisie en verkeersbeamptes doen wat hulle wil, oningelig, onhandig, maar dan word daar 19000 tronkvoëls vrygelaat. ?

Corne123 ·

N vraag moet mens jou masker hele tyd aan het oor jou neus en mond in publiek? sover ek weet ja. Indien dit wel so is .Stel sie voorbeeld en aresteer jouself ook want kyk na jou foto duidelik het jy hom afgetrek dan?

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Kan enige Suid-Afrikaner my asseblief inlig of die Suid-Afrikaanse kriminele regstelsel doeltreffend en effektief funksioneer soos gemeet teen welke kriteria?

Karin ·

Ek is bietjie in die duister. Ons woon op ‘n plot buite die stad, ons val onder Ekurhuleni se munisipaliteit maar Pretoria is ons naaste punt waar ons al ons kos ens koop, mag ek nou nie meer Pretoria toe ry nie omdat dit ‘n ander metro is? Al is dit die naaste aan ons?

Jaco ·

Dis albei binne dieselfde Gauteng provinsie, so reis Pretoria toe behoort moontlik te wees

Nie Verbaas ·

Ek sou nie spog oor suksesvolle arrestasies van sagte teikens nie. Wys ons ook statistiek van vals arrestasies en polisie geweld.

Plaaskind ·

Hou op Cowboy and Croocks speel met die “koshuis kinders” en beoefen dieselfde mag met dieselfde passie oor die moordenaars en verkragters, ens ook uit.

Kanjynoumeer ·

Dit gaan n mens se verstand te bowe dat hierdie regering soveel moeite kan doen om die pandemie te beveg en mense in hegtenis te kan neem, MAAR kom dit by die red van die ekonomie en ander misdade dan SKITTER HULLE IN HULLE AFWESIGHEID. Hel dit maak net nie sin nie.

Su ·

Wat van al die verkragters, plaasaanvallers, moordenaars…. hoekom word HULLE nie gevang nie!!

Gerhard ·

“Master Zorro” se bende in blou is te besig om ou tannies en kinders op straat te verjaag…daar is nie tyd om aandag te gee aan regte misdaad nie…of hulle is te bang vir die misdadigers.

Sarel ·

Enstige Misdadigers word nie gevang nie want jou opdrag is om.toe te slaan pp diecgewone andersins wetsgehoorsame burgers.

Tommie ·

Ons moet die klomp clowns almal onder een tent kry, gaan n nice show wees. ( South Africa sirkus, part 1)

Riaan ·

Ek kan nie agterkom of hy kla of spog nie. Die feit is dat die gemeenskap dieseldfe intensiteit van die polisie wil sien as dit kom by werklike misdaad, maar dit skiet natuurlik ver tekort.

zeno ·

Duisende is uit tronke vrygelaat maar duisende word toegesluit.Geen sin. Regering kan nie verder dink as was neuse lank is nie. Hoekom kan die Valke nie die vernaamste Zumas ondersoek nie wat miskien kan verband hou met sigeret handel. Die Regering wil ons eerder manupileer soos soos dom kinders. Sal dit kan regkry tot opn stadium, dan gaan die publiek begin optree,

Blits ·

Mag nie op vrydae drank koop nie? ek het wraggies nie woorde nie

PieterP ·

Hou die mense baie op ‘n hoop sodat die virus beter kan versprei

Stephanie ·

@Renee, die getal is 0. Daardie tipe misdaad vereis WERK, iets wat sy oorgewig, onfiks, magsdronk klomp “polisiemanne” nie lus is om te doen nie – dis ook gevaarlik. My oorlede pa was ook lid van die polisie en ek weet daar is gefrustreerde polisielede met integriteit wat WEL hulle werk wil doen, nl om SA inwoners n veilige omgewing te gee om in te woon, maar hulle is só in d minderheid dat niemand hulle amper raaksien nie. Die selfvoldane gespog oor die belaglike groot hoeveelheid “arrestasies” vir “oortreding” van ondeurdagtige, onpraktiese “reëlings” deur onkundige mense in hulle ivoortorinkies is pateties. Maar dis op hd stadium baie effektief om die aandag af te lei van Makêpi en sy trawante se totale onvermoë (onwilligheid) om REGTE polisiewerk te doen.

Boerkind ·

En wat is dan die verskil tussen 4 en 3? Hoe lank wil die moedswillige regering ons nog toesluit en van basiese regte ontneem soos om bv. jou eie kinders te mag sien?? Ek is nou gatvol.

Gert ·

Ek het 15 kartonne sigarette gekoop voordat die inperking begin het. Het nog 10 oor. Wie hou strokies van sigarette????? 50 Mense mag na ‘n kerk of begrafnis toe gaan. Jou tuiswerker mag met die taxi ry en vir jou kom werk, maar geen familie of kinders (waarvan jy weet wat die afsondering reels nakom) mag vir jou kom kuier. Dink nie ons moet ons bekommer oor die boetes nie. Teen die tyd wat die saak voorkom laat weet mens net jy kan nie kom nie. “Het hom die fiewer”. En die saak word weer vir ‘n paar jaar uitgestel.

Piet parys ·

Hy lyk soos iemand uit n Mafia bankrower fliek . Hy sal beter pas in daai rol . Magsbehep. Hoeveel polisie wat mense aangerand en of dood is agv dit in die tronk hu beki

Snowball ·

Ek het nogal gedink ‘n treinrower van ouds, so met die hoed en masker saam. Ook net in SA waar die minister van polisie soos ‘n ‘crook’ lyk.

Nici ·

As mens nie eens by jou ma mag kuier nie maar wel in ‘n groep van 50 by die kerk, glo ek die kerke gaan beslis vol wees. Sinnelose reels.

pokkel ·

afsonderingsregulasies is nie regtig wette nie, oortredings is nie werklik misdade nie

Heinrich ·

So as ek reg verstaan mag die kriminele nou lekker rondloop terwyn buurtwagte nog steeds verbied is?

MakersMark ·

Wonder of hoed weet hoeveel ernstige misdade opgelos of voorkom is, en of hy en sy spannetjie lafaards al die misdadigers wat plase en die mense wat daar woon aangeval en verinneweer het aangekeer het.

JohanR ·

Nou my Hoed maat…. waaneer gaan jy, President Nkosazana Dlamini-Zuma, Ebrahim Patel, Lindiwe Zulu of kom ons se maar die hele ANC julle by die tronk aanmeld vir “crimes against humanity?” 243000 vas vir oortredings, , en aan die ander kant 19000 wat al in is vrygelaat. Onthou mense van Suid Afrika daar kom verkiesings. Stem daar reg!

Chris ·

Die “nuwe” kieserryk gaan nou gebuk onder hulle swak leiding; Gaan Rook, Drank en Onnoselgeit na 26 jaar, eintlik hul ondergang beteken ?

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Welke persentasie moordenaars van alle moorde per jaar word gevang en skuldig bevind en land vir ten minste 15 jaar agter tralies? 100% ? 90% ? 75% ? 50% ? . . . 10% ? 7% ? 1% ?

I believe that the South African Criminal Justice System is in shambles. Finish en klaar.

Louis ·

Julle is mos te bang om regte misdadigers in hegtinis te neem nou target julle sagte teikens en ou wannabe cowboy cele hoedjie dink nou dit is n helse prestasie omdat so baie sagte teikens van mense in hegtenis geneem is

Petrus Johannes ·

Hel maar jul is goed mooi so dapper muise word nou helde en vang die regte skelms die Moordenaar,Rowers ens ens.en los onskuldige mense uit.WORD TOG HELDE .Jul kan onskuldige vrouens rond ruk .AI AI Ek skaam my vandag vir die Mag .

Douw ·

Die lid met sy laphoed besef nou eers watse kilo alfa kilo hy en sy “magte” aangejaag het!!!! As ek nog op die bank gesit het, het ek al hierdie sake voor die voet van die rol geskrap. De minimus non curat lex!!! Maar ja, die lid met sy hoed sal glad nie weet waarvan ek nou praat nie!!!

Kobus ·

Mooi so minister! Weet nie eintlik waaroor u spog nie.Kom ons kyk watter bedrae uitbetaal gaan word aan eisers en dan gee u vir ons die finale “sukses syfer” want u leef in u eie wereld.

BoerSonderRoer ·

Dankie aan die polisie en weermag wat hulle taak so pligsgetrou nakom.

Ek sê dit met elke moontlike sarkastiese spier in my lyf.

Adam Adriaan ·

Hoof doel van die klomp kaders(ANC/EFF) is om die mense te verarm, afhanklik te maak vanaf die staat en om soveel as moontlik kriminele te maak.

Jacobus ·

Goeie genade. Bestry ons ‘n virus of raak dit ‘n telbord? Veral as mens in ag neem dat die regulasies vaag ondeurdag en grens aan die belaglike.

eksalnievergeetnie ·

Cele is bloot verkeerd rondom ons bewysreg. Daar is geen verpligting op enige aangeklaagde persoon om bewys van aankope re bv. sigarette te lewer nie. Elke misdaad bestaan uit ‘elemente’ en elke indiwiduele element moet deur die staat op verhoor bewys word, anders word jy onskuldig bevind Ons het die absolute, konstitutioneel gewaarborgde, reg tot stilswye en self-inkriminasie. Kom bewys dat ek my sigarette onwettig gekoop het (waar,wanneer ens) dan praat ons weer. Die reg moet nie met of deur leke bespreek word nie.

marius ·

Hy trek sy masker af as hy praat . Waarom word hy nie vervolg nie ?

Jaco ·

Ek sal graag die rassesamestelling van dié 241000 gevalle wil sien…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.