Afsondering: Talle reeds vas wat regulasies glo oortree

Die polisie deursoek Vrydag in die vroeë oggendure ‘n verdagte persoon in Kaapstad. (Foto: Courtney Africa, ANA)

Verskeie mense in Suid-Afrika is reeds in hegtenis geneem kort nadat die algehele landwye afsondering Vrydagoggend in werking getree het. Dié mense word daarvan beskuldig dat hulle nie die regulasies omtrent die afsondering gehoorsaam het nie.

Brig. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het Vrydagoggend aan Maroela Media bevestig dat verskeie inhegtenisnemings gemaak is. Hy kon egter nie in dié stadium bevestig hoeveel in hegtenis geneem is nie. “Ons wag steeds op die syfers,” het hy gesê. Die polisie sal na verwagting later vandag die syfers bekend maak.

Luidens verskeie nuusbronne is mense in hegtenis geneem nadat hulle in die vroeë oggendure in nagklubs, kroeë, sjebeens en tavernes betrap is. Verskeie is ook in die besit van alkohol betrap. Volgens die regulasies moet al die bogenoemde plekke gesluit wees en mag geen alkohol in die openbaar gebruik of selfs aangekoop word nie.

‘n Polisiebeampte jaag Vrydag in die vroeë oggendure ‘n verdagte in Johannesburg wat na bewering nie die regulasies van die afsondering nagekom het nie. (Foto: Jerome Delay, AP)

Kenny Africa, verkeershoof in die Wes-Kaap, het bevestig dat 17 mense in dié provinsie reeds in hegtenis geneem is wat na bewering nie die regulasies nagekom het nie.

“Ons kom reeds taxi’s en minibusse teë wat nie gehoor gee aan die regulasies nie. Die regulasies is baie duidelik dat taxi’s en openbare voertuie slegs tussen 05:00 en 09:00 en 16:00 en 20:00 op die paaie mag wees,” het Africa gesê.

Africa beklemtoon dat dié vervoermiddels ook nie ’n kapasiteit van meer as 50% mag handhaaf tydens die afsondering nie. “Dit blyk daar is reeds taxi’s en busse wat teenstrydig met die riglyne optree. Ons wil ’n ernstige tog dringende waarskuwing aan hierdie persone rig dat ons absoluut alles in ons vermoë sal doen om die regulasies toe te pas.”

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
Frans

In Alexandra stuur mense hulle nie aan die inperking nie en ry polisie magteloos rond,nie instaat om die skare mense te beheer nie .In Khayelitsha dans kinders in die straat en dryf die spot met die virus.
Slegs ‘n wonderwerk kan Suid Afrika van ‘n totale ramp red as die onverskillige houding bly voortduur.

werner

Die regulasies is daar vir n rede ,vat nou my probleem ek moet maandag in potgietersrus wees by dokter om my media die te kry en my enigste vervoer soon toe is met n taxi van pietersburg af ,moet gaan moet ek regulasies of te nie

Leana

Frans ek stem saam met jou slegs ‘n wonderwerk gaan Suid Afrika reg. Hier by ons is ook gesinne in die winkels, mense ry in die strate rond. Niemand gee om nie en die ergste is dis omdat mense nie luister nie en heeltyd die spot dryf dan Suid Afrika ‘n grap wereldwyd is.

trudie

Vanoggend oppad werk (06:15) , sien ons persone wat draf hier in Sasolburg, sad sad sad….

summie

Toe ek vanoggnd aandiens kom hier in Kuilsrivier toe blyk dit duidelik dat mense hulle nie aan die lockdown steur nie, wat ‘n absolute klug wat in ‘n tragedie gaan ontaard !!!