Afsondering: Talle sterf glo weens polisiewreedheid

Lede van die polisie en weermag op patrollie in Mithcells Plain in die Wes-Kaap tydens die afsonderingstydperk. (Foto: SA Polisie/Twitter)

Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) het sy kommer te kenne gegee met die hoeveelheid klagtes van beweerde polisiewreedheid wat sedert die inwerkingstelling van die staat van landwye afsondering aangemeld is.

Volgens syfers wat Opod Vrydag tydens ʼn parlementêre komiteevergadering bekendgemaak het, is minstens tien mense reeds gedurende die tyd van algehele afsondering dood weens polisieoptrede wat verband hou met Covid1-19. Dit is gelykstaande aan ongeveer 5% van die 194 Suid-Afrikaners wat tot dusver weens Covid-19 dood is.

Maroela Media het die laaste paar weke oor verskeie voorvalle van beweerde magsmisbruik deur die polisie en metropolisie berig.

Die polisiewaghond het in ʼn voorlegging aan die parlement gesê die meeste van die klagtes handel oor die gebruik van uitermate geweld en aanranding, asook die afvuur van polisievuurwapens.

Opod het van 26 Maart tot 5 Mei altesaam 828 klagtes teen die polisie ontvang. Hiervan was 18 voorvalle waar iemand in polisieaanhouding gesterf het. Nóg 32 voorvalle van ʼn sterfte weens polisieoptrede is aangemeld. Pwat verband hou met Covid-19 word ingesluit by dié syfers. Verlede jaar is 628 voorvalle in dieselfde tyd aangemeld – ʼn styging van 32%.

Uit die 828 voorvalle wat aangemeld is, hou 376 verband met wetstoepassers se sogenaamde Covid-19-operasies.

Die meeste van dié klagtes het gespruit uit beweerde aanranding (280), die afvuur van ʼn vuurwapen (79) en korrupsie wanneer die polisie besig is met dié Covid-19-operasies (7).

Die meeste voorvalle is in die Wes-Kaap aangemeld, gevolg deur Gauteng, die Oos-Kaap en die Vrystaat.

Opod sê daar bestaan die moontlikheid dat daar nóg voorvalle kan wees wat nie aangemeld is nie omdat mense se beweging weens die afsonderingstydperk beperk word. Dié voorvalle kan dalk eers ná die inperkingstyd aangemeld word.

Die parlementêre komitees oor die polisie en die verkose komitee oor veiligheid en justisie sê die direktoraat moet meer tyd gegun word om sy ondersoeke af te handel.

“Hoewel ons die inligting verwelkom, sou dit moeilik wees om ʼn ingeligte besluit te maak oor die bewerings van magsmisbruik. Ons sal wag vir die afhandeling van ondersoeke sodat ons besluite kan maak wat deur feite gesteun word,’ het Shahidabibi Shaikh, voorsitter van die verkose komitee, gesê.

Tina Joemat-Petterson, voorsitter van die portefeuljekomitee, het gesê dit is kommerwekkend dat 376 sake in so ʼn kort tydperk aangemeld is. Sy het gesê terwyl die ondersoeke afgehandel word, moet die polisie ʼn plan in werking stel om die getal beweerde oortredings te verminder.

Die komitees is ook uiters besorg oor die getal sterftes wat in dié tyd by Opod aangemeld is. “Ons wil nie die ondersoeke vooruit loop nie, maar ons is bekommerd dat soveel mense in die loop van ʼn humanitêre ingryping kon sterf – want dít is wat die afsonderingstydperk is.”

Die parlement het ook gevra vir nouer samewerking tussen Opod en die weermagombudsman.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Pompies55 ·

Weermag en polisie is eenvoudig useless,wat kan jy sê van die ministers in beheer?Pateties!

Keelvol ·

Mense is aangese om in hulle huise te bly tydens die inperking. Waarom gee hulle nie gehoor nie?

Anel ·

En dit gaan erger word. Ek sê nog die heeltyd meer mense gaan doodgaan van ander redes as die virus. Ons is nou eintlik ‘n komunistiese, polisiestaat. Met onbevoegde regeerders. LAAT ONS MET ONS LEWENS AANGAAN!!!!

Marius ·

Dit verbaas my nou glad nie om sulke tipe nuus te lees nie . Onbevoeg , onbevoeg en onbevoeg . Kyk na alles in die weermag (val uit mekaar) dan praat ons nie eers van die ministers nie . Watse tipe kwalifikasies het die agbares wat in die stoel sit ? Vra maar net . Daar is dan nie eers voldoende oplyding meer nie ? Hoekom is die mense so verbaas ? Regtig !!

Gemaskerde Sopbeen ·

Meld maar aan. Dit is waar dit waarskynlik by gaan bly. Net nog staistiek.

Fedup ·

Get your coloring books and crayons. This will keep on happening as the government think they and the sandf and police can do anything forceful. This kind of behaviour will never stop.

Sarel ·

Magsmisbruik….sou dit in.opdrag van Politieke Leiers wees.

Keelvol ·

Die hartseer is mense gee eenvoudig net gehoor nie. Almal is aangese, bly in julle huise. Maar tog vee die mense hulle daaraan af. Nou word die weermag en polisie sleg gemaak hier op maroela media. Wat verwag die mense moet die polisie en weermag nou eintlik doen? Hande gevou staan terwyl almal hulle aan die inperking af vee? Mense julle het nie n idee hoe ongeskik die publiek teenoor die polisie meeste van die tyd is nie. Dis tyd dat daardie uitbarstings bloot gele word.

Sarel ·

Magsmisbruik of Politieke Opdrag?
Wat word van die sake by OPOD?

Sarel ·

Magsmisbruik of Politieke Opdrag ?????
Wat sê die Opposissie Partye

Amatambo ·

Maak GééN fout nie – ons het hier in 1976 ‘n voorsmakie van kommunistiese bewind ondervind toe skoolkinders deur kommuniste aangepor was om gewelddadig te begin raak – en sedertdien word hierdie eens vreedsame en voorspoedige land deur kommuniste bestuur – ja, selfs die “heilige” Madiba was lid van daardie party, en indien enigiemand bietjie navorsing wil doen, gaan gerus voort en vind uit wat WERKLIK agter die skerms aangaan, maar ekis bevrees meeste mense is so totaal gebreinspoel dat hulle geen benul van die werklikheid besef nie… net jammer my ruimte hier is beperk, anders sou ek baie meer kon sê…

Hans ·

Ons het nie die virus nodig om mense uit te wis nie, die polisie doen dit goed genoeg. Onnosel cowboys met n onbeheerbare magsindroom

Jack ·

Die minister van polisie toe hy nog onder zuma in beheer was van die sapd het hy reeds die saadjie by sy lede geplant om nie te skroom om te skiet nie. Ek dink van die lede is nou nog vasgevang in daardie denkwyse. Ter verdediging vir hulle is dit die taal waarmee baie groot geword en verstaan.

Nico ·

Die Suid Afrikaanse Weermag en Lugmag was van die bestes ter wêreld gewees, nou is alles tot niet.
Suid Afrika het sy eie wapentuig en helikopters gebou. Denel is tot niet waar die vegvliegtuie gebou was is ook alles tot niet. Kyk wat maak hulle nou kruip agter die uniform weg.

Gerhard ·

Liewe Tina…begin julle ondersoek heel bo…die man met die hoed.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.