Afsondering: Tot 7 miljoen mense se werk in weegskaal

Die nasionale tesourie waarsku tussen drie en sewe miljoen werksgeleenthede is in die gedrag weens die uitgerekte afsonderingstydperk. (Foto: pixabay)

Die nasionale tesourie het Donderdag in ʼn voorlegging aan die staande komitee oor finansies gesê sy vooruitskattings vir ʼn uitgerekte afsonderingstydperk staan op tussen drie en sewe miljoen werksverliese.

“Dit is ʼn verbysterende voorspelling, veel erger as wat enigeen vantevore vermoed het. Dit word toenemend moontlik dat die menslike, maatskaplike en ekonomiese koste van die verlengde afsonderingstydperk veel erger gaan wees as wat voorheen vermoed is.  Dit gaan ook baie erger wees as die gevolge van ʼn afsonderingstydperk in die ontwikkelde wêreld,” het Geordin Hill-Lewis, die DA se woordvoerder oor finansies, gesê.

Die DA sê dit is hoekom dit so belangrik is om die ekonomie veilig te heropen, soos die party – en talle ander organisasies – reeds voorgestel het.

Die DA het ʼn model voorgestel waarvolgens sakeondernemings dadelik toegelaat word om weer sake te doen, mits hulle voldoen aan sosiale distansiëring en persoonlike beskermingsmaatreëls.

“Ons doen ʼn beroep op die tesourie om ons voorstel te steun dat ʼn groter gedeelte van die ekonomie heropen word om ʼn ongekende katastrofe van tussen drie en sewe miljoen werksverliese te vermy.

“Geen leier of beleidmaker in Suid-Afrika kan gemaklik wees met só ʼn groot menslike koste weens die afsonderingstydperk nie.  Om gemaklik daarmee te wees sou geweldig onverantwoordelik wees.  Ons moet nou optree om die werksverliese te voorkom,” het Hill-Lewis gesê.

Hy sê vlak 4 van die afsondering verskil weinig van algehele afsondering en hou ʼn te groot gedeelte van die ekonomie gesluit – sonder enige gesondheidsredes om dit te doen.  Vlak 4 van die afsondering is veronderstel om Vrydag in werking te tree.

Die DA sê die veranderings is gering en in sommige gevalle selfs méér beperkend.

“Die regering se model is ʼn stomp instrument wat wen- en verloorbedrywe kies sonder enige duidelike regverdiging in deursigtige en beskikbare gesondheidsdata,” het Hill-Lewis gesê.

Die DA stel ʼn model voor waar bedrywe self bepaal wat gedoen moet word om hul werkers en klante te beskerm en dat enige onderneming wat aan dié maatreëls voldoen, toegelaat moet word om te heropen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Barbara ·

Stem saam DA. Baie besighede gaan toe maak. En mense gaan sonder werk sit en als verloor waarvoor huld hard gewerk het.

Oranje-Blanja-Blou ·

Hierdie siekte gaan die grootste verskoning raak vir die Kommunistiese regerings se muslukkings van die afgelope 26 jaar. Die siekte gaan die kommunistiese regering se grootste motifering wees vir ‘n noodtoestand (krygswet) wanneer die ellende wat hulle veroorsaak het uitloop op openbare onrus. Mag ons vir mekaar sê as vriende in ‘n diep gemors, sonder dat ek verwyt: “om ná 1994 ons regering in die hande van kommuniste oor te gee vir rugby en braai, was nie die vreugde werd nie. Wie jy oor jou laat regeer maak beslis saak op die lang duur.” As die Here ons hierdeur laat kom, mag ons met verantwoordelikheid dit onthou.

Pensionaris Sedgefield ·

As die virus die blaam gaan kry vir die ANC se mislukkings sal arme ou Jan van Riebeeck en apartheid hopelik ‘n blaaskans kry.

Charmain ·

En as die raskwota gebruik word vir hulpverlening gaan nog meer besigjede hulle deure moet sluit, meer werksverliese en wie gaan aan die einde van die dag belasting betaal?

Jaco ·

Die syfer is verkeerd. Dit moet net tussen 2 en 3 miljoen wees, want dis omtrent hoeveel ekonomies aktiewe wit mense in SA is. Die res van SA se mense het dan klaar regstellende aksie en BEE, so werk vir hulle behoort mos nie ‘n probleem te wees nie.
Die eintlike doel van hierdie inperking is net om wit ekonomiese mag finaal te breek.

Sonneblomkind ·

meer sektore om te open. maatskappye uit elke sektor. Baie gesinne het een inkomste en na Mei kan daar net UIF wees. Kannie glo die Staat soe gaannie oop nie. Wil hul he almal moet werkloos en op straat sit en doodgaan van die honger en koue

Gerhard ·

Hierdie sogenaamde “leiers” en Fat Cats lewe in weelde…solank die staatskas se koffers gevul bly met jou en my belasting-gelde verdien hulle nog steeds derduisende Rande elke maand. Wag maar tot daai koffers nie meer so vol is nie en die kraantjie begin opdroog…dan miskien sal hulle die probleem begin besef, en dit gaan te laat wees.

Jacobus ·

Op dieselfde platform as dié – die huidige mengelmoes van belaglikke politiekgedrewe maatreëls = werksverliese = wanvoeding (ook bekend as hongersnood).
Ons staar na kortsigtige idees wat něrens werk behalwe in die sosialisiese handleidings. En ons mede swart landsburgers moét besef, hulle belang is nog steeds z prioriteit (z=zero) by die magshebbers. By hulle is dit net eiebelang.

Jannie van Niekerk ·

Die inperking moet in TOTAAL opgehef word om soveel werksgeleenthede wat tot niet sal gaan te verhoed. As daar 7 miljoen mense werkloos is gaan dit ‘n invloed op ten minste 28 miljoen mense hê. Dit is ‘n derde van die totale Suid Afrikaanse bevoling. Al gaan daar 100 000 mense in Suid Afrika dood aan Covid19 (wat jammer sal wes) is die nagveolge van werkloosheid BAIE erger as die hoeveelheid sterfgevalle aan Covid19. Menselewens is belangrik, maar daar geen meeer lewensverlies wees as gevolg van hongersnood, selfmoorde, misdaad ensovoorts as die inperking nie onmiddellik opgehef word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.