Afsondering: ‘Vlak 4 verskil kwalik van vlak 5’ meen ontleders

Nkosazana Dlamini-Zuma, die minister van samewerkende regering en tradisionele sake (Foto: National Cogta/Twitter)

Ongelukkigheid heers oor die regulasies wat gedurende vlak 4 van die koronavirus-afsonderingstydperk sal geld aangesien daar glo te min veranderinge aan regulasies gemaak is om dit van vlak 5 te onderskei. Dié vlak gaan dus nie veel bydra tot ekonomiese verligting nie, meen die DA en Sakeliga.

John Steenhuisen, leier van die DA, meen vlak 4 gaan rampspoedig wees vir miljoene lewens weens die enkele veranderinge en streng maatreëls wat vanaf 1 Mei geld. “Die regering het in wese ʼn uitbreiding van die harde algehele afsondering deurgesmokkel onder die dekmantel van die verligting van beperkings,” het Steenhuisen Woensdagaand in ’n verklaring gesê nadat Nkosazana Dlamini-Zuma, die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, meer besonderhede verskaf het oor riglyne wat gedurende vlak 4 sal geld.

Maroela Media het vroeër berig hoewel oefening op dié vlak onder streng voorwaardes mag plaasvind, word daar steeds van die publiek verwag om by die huis te bly. Oefening sal ook slegs gedurende ’n bepaalde tydgleuf mag geskied.

Slegs sekere maatskappye sal hul bedrywighede gedurende vlak 4 mag hervat. Suid-Afrikaners mag steeds ook slegs winkel toe gaan om hoofsaaklik kruideniersware, medikasie en ander noodsaaklike produkte te gaan koop, hoewel meer produkte op vlak 4 toegelaat word.

Die verkoop van alkohol en sigarette word steeds verban.

Hoewel die regering talle navrae oor haarkappers en ander skoonheidsdeskundige dienste ontvang het, word dit steeds nie toegelaat op vlak 4 nie, het Dlamini-Zuma bevestig.

John Steenhuisen. Foto: DA

Volgens Steenhuisen gaan dié besluit alleen verwoestende gevolge hê vir baie werkersklas-mense wat salonne uit hul huise bestuur om hul gesinne te onderhou. “Die regering se benadering is onnodig stomp en beperkend, en is eenvoudig nie geregverdig vir baie van die arbitrêre reëls en beperkings nie,” verduidelik Steenhuisen.

“Sommige besluite is drakonies soos die voortdurende verbod op rook en die verkoop van warm kos. Sal suiker en vetterige kosse volgende wees?”

Steenhuisen het veral sy ongelukkigheid oor die beperking van oefening tot soggens tussen 06:00 en 09:00 uitgespreek. “Asof oefen in die aand ná werk sleg is vir hulle?”

Die leier van die DA glo dat dit eintlik onveiliger gaan wees om ure te beperk waartydens Suid-Afrikaners kan oefen aangesien almal terselfdertyd buite sal wees. Hy het ook daarop gewys dat sommige mense reeds soggens omstreeks 05:00 die huis verlaat om te gaan werk.

Steenhuisen meen die regering se gebrek aan vertroue in Suid-Afrikaners is duidelik en dat landsburgers soos kinders eerder as volwassenes behandel word.

Sakeliga is ook nie gelukkig met die enkele veranderinge aan regulasies wat vanaf Mei sal geld nie. “Die klein mate van verslapping is welkom, maar heeltemal onvoldoende,” het Daniel du Plessis, ʼn regsontleder by Sakeliga, in ʼn verklaring gesê.

Daniel du Plessis. Foto: Facebook

“Wat nodig is, is ʼn deursigtige uitfasering, nie ʼn uitbreiding op die komplekse nuwe regsraamwerk wat nou potensieel maande lank in stand gehou gaan word nie.”

Luidens die verklaring fokus die regering se beleid tans op die regulering van produkte en sektore, ongeag die werklike risiko’s. “Tans is alles basies verbode, behalwe wanneer ʼn minister daarvoor toestemming gee en jy op die hoogte is van die jongste weergawe van die staatskoerant, of wanneer die minister ʼn mediaverklaring doen, waarvan jy onmoontlik altyd kennis kan dra,” meen Du Plessis.

“Die vorige ronde van die afsondering, waarvan hierdie een kwalik verskil, het eintlik die beginsel geïllustreer: ʼn Ware risiko-gebaseerde benadering sou wees om die mediese risiko’s te identifiseer en aan te dui wat nie gedoen mag word nie, sodat hierdie risiko’s verminder kan word. So ʼn benadering sal makliker gekommunikeer kan word, minder verwarrend en wel prakties uitvoerbaar wees.

“Die regering moes uit die verwarring weens die huidige regulasies geleer het. Om hierdie proses voort te sit en boonop vyf verskillende weergawes van reëls in te stel, gaan die noodwendige gevolg hê dat mense wat bona fide reg sou wou optree, uit nood of onkunde nie die regulasies nakom nie.

“Die regering se strategie is uit voeling met die Grondwet, met internasionale reg en met beste praktyke elders ter wêreld,” meen Du Plessis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Cecil ·

As ons kyk wie die meeste oefen, fietsry en stap is dit verstaanbaar hoekom daar so streng opgetree word.

Adam Adriaan ·

Die uitbetaling van sosiale toelaes is uitgestel vanaf die 1ste van die maand na die 4 de van die maand. Wonder maar net of die chaos by uitbetalings punte en OTM’s sal verskil vanaf die 1 ste van die maand na die 4 de van die maand?

antieke antie ·

dit neuk bejaardes baie op want alle betalings gaan hop…. onthou nie almal is mobiel nie so dis nie net vir ry nie…en nou gaan daai geldjie op ‘boetes’ betaal word by die bank

Jan ·

Wel soos ek gese het help nie om tureg voer te oor laasweek se besluit nie. Ons bly in n land wat bestuur word deur die anc. Wat die nasie wil laat voel hou dit was in apartheid. Hulle laat hulle eie mense swaarkry. Laat hulle doen wat hulle wil. Die volgende verkieskng is oppad.

antieke antie ·

en hulle massas volgelinge gaan weer vir hulle stem want daar is kospakkies en toelaes vir die kleintjie fabrieke…… al wat deesdae voltyds werk

Cherokee ·

Is jy werklik naïef genoeg om staat te maak op ‘n volgende verkiesing?

Fedup ·

Little zuma should be careful. She is not the law. She cannot make up rules as she please and expect us to just accept and obey. I don’t know what these lot are up to, but one thing i know, trouble us coming. This will be the last straw on any camel’s back.

Lorette ·

Fedup, I have to agree with you, she must just GO! I’m NOT a smoker, but I do know smokers that are up in arms now. Somewhere some people are going target shops again.

PH ·

Tussen 6vm en 9 vm, nê?
Nou dwing jy mense om dieselfde tyd op straat te wees , of in die parkie, of op die strand of in die “strate ” van die veiligheidskompleks.

Leon ·

Wel die mense het nie geluister toe daar reëls neergelê is nie. Hulle het die wereld vol geloop en gery en nei by die huis gebly nie. Waar ek bly het die verkeer gladnie afgeneem nie. In ander woorde, niemand het hulle aan die regulasies gesteur nie. Nou moet die president maar hulle soos kinders behandel.
Rokers en drinkers kan nie genoeg voorraad koop om hulle ‘n week of ‘n maand te hou nie. Hulle MOET elke dag uitgaan om te koop. Dus gaan hulle ‘n risiko word wat Covid sal versprei deur elke dag uit te gaan.
Ek het roker ouers gehad en ek ken baie mense wat rook en ek het gesien hoe hulle werk. As hulle 5 kartonne koop en soos nou sit en niks doen, dan rook hulle dit in een of twee dae op.

Frikkels ·

Ja Leon, en al rook ons 5 kartonne in een dag op, het niemand vir jou gevra om dit vir hom te koop nie. Dit is elke mens se reg om te besluit of hy wil rook of nie. As jy besluit om te rook, kan ek niks daarmee fout sien as jy nie rokende mense deurentyd in ag neem.

Anke ·

Wel ek moet sê ek stem saam met jou. In ons dorp is daar niks van afsondering nie, ek is verstom om te sien hoe die mense aangaan. Ons Spar laat elkeen wat in ingaan, so binne is almal teenmekaar en rye lank. Ek weet nie wat is so moeilik om te verstaan van bly by jou huis. Ek voel dieselfde oor die rook en drank, alhoewel ek die mense jammer kry.

Deon ·

Rook is is on gesond maar daar is n ander agenda agter die hele ding, Malema was stil vir baie lank, maar toe rook goed weer beskikbaar sou word het hy weer begin praat en allerhande twak daaroor kwytgeraak…. Onthou daar is bewerings dat hy betrokke is by die onwettig sigaret bedryf… Afleiding is dat hy nou gaan geld verloor…

Jan ·

Wat het tabak met die siekte uitewaai. Hoeveel van die carona gevalle het met rook te doen. Die staat moet eerder worry oor hoefeel van die anc gaan sterf van carona nadat die mense nie meer krag in hulle lywe het van hongerte om teen die siekte te veg nie. Aids verspry soos n veld brand en diet is sleg vir carona, maar almal het sex. Suiker is nie goed vir n mens nie nie. Maar hulle verkoop dit. Take aways is ongesond . Ek bly by n township en ek sien almal rook en drink. Almal koop maar by die SMOUS. Hy kan n plan maak. Hof sake kos geld en ek hoop dat die tabak industry wen die saak en eis vir n verlies van inkomste.

Oranje-Blanja-Blou ·

Kommunisme is die ideologie om alles te beheer tot in die fynste detail. Dis onmoontlik om sulke fyn bestuur en beheer te behou, daarom dat Kommunisme uiteindelik moet faal. Die tragiese is dat so ‘n faal impliseer dat die bestuur proses, van totale beheer, alle strukture daarmee saam laat faal: ekonomie, medies, opvoedkunde, geestelike, ens. Kommunisme stel geen vertroue in die publiek se sin van verantwoordelikheid nie. Kommunisme aanvaar slegs die Party is verantwoordelik en reg. Vandaar die vergelyking van kommunisme met kanker. Links = meer regering lei na kommunisme. Regs = minder regering wat lei tot meer publieke vryhede.

antieke antie ·

en ja hulle beheer wat in jou huis aangaan…want hulle besluit om jou inkopies te beheer….. hulle het mos toegang tot alles …. maar eintlik as ek by my erf ingaan is my regte…. endie winkel is die eienaar se eiendom…

Frikkels ·

Die wetsgehoorsame publiek word soos misdadigers behandel, terwyl geharde misdadigers al hoe meer regte toegestaan word. Ons is vir alle praktiese doeleindes onder huisarres geplaas deur ñ regering met ñ kommunistiese ideologie. Die corona virus word willens en wetens misbruik om kommunisme in Suid Afrika te bevorder.

Gatvol... ·

Ek verstaan nie lekker nie… Is sy nou die nuwe President? Sover ek kan onthou het die President spesifiek gesê dat sigarette verkoop mag word, maar nog nie alkohol nie. Sy is besig om haar naam met ‘n plank te slaan (soos gewoonlik) ????

Nou veroorsaak sy maar net dat die swart mark aangaan met hulle verkope… Great Dlamini-Zuma, mooi gedink daar

Gert ·

Die regering het duidelik nie n idee wat aangaan nie, die inperking is drakonies van aard, dit gaan nie oor mense nie, maar oor die eie ek van die sogenaamde command council. Nerens in die wereld is inperkings reulasies so toegepas nnie.

JohanR ·

En nou weet ons hoekom daar 70000 troepe met tenks en groot gewere jou gaan jaag as jy om 15h00 uur gaan fietsry, met ‘n sigaret in die een hand, en jou laaste dinky Klipdrift wat jy in jou sak gesteek het op jou laaste SAL vlug (ek mis jou SAL), in die ander hand. Begin nou besef dat Cyril Ramaphosa maar net gese is om daar iewers in die agtergrond stil te gaan sit, en eenmaal soe elke drie weke sal daai vinnige Usain Bolt energiser bunny Nkosazana Dlamini-Zuma, hom voorentoe roep om met die nasie te praat. Voorstel dat enige iemand wat kan nou hof toe gaan want die ANC het goed begim met afsondering, maar dit word nou belaglik!

Kobus ·

Johan as die SAW lede oortreders gaan jaag,gaan dit net so vir 50 meter aangaan want hulle is so oorgwig en onfiks.Sal nogal lagwekkend wees om dit te sien

MrMagic ·

Die klomp nuwe troepe is seker maar net om EFF lede iewers te laat werk. Julius is besonder stil, het seker ‘n ooreenkoms bereik.

Burgermeester ·

Die ANC ontbreek die vermoë om kritiese denke toe te pas. Die verskillende inperkingsregulasies het seker van hoofkantoor (China) gekom, want enige regerende party wat in voeling is met sy mense, sou nie net regulasies ingestel het wat die land se ekonomie bevorder nie, maar ook regulasies instel wat die burgers se belange op die hart dra.

DieKriek ·

Ontleders? Wie is hulle dat hulle nou eers wakker skrik?

Cherokee ·

Daar staan duidelik geskryf, wie hulle is. Lees weer, maar stadiger die keer.

marius ·

Geen hulp of verligting vir wittes nie . Dit is duidelik die instruksie .

Hanna ·

Ek is regtig nou boos. My menswaardigheid as vrou word aangetas! Ek kan nie hare sny of kleur of waks nie, maar ek moet gaan skool hou?

Werner ·

Ou Jan as hulle so aangaan sien jy nie n volgende verkiessing nie anargie en rewolusie eerder

Karin ·

Wie is sy nou het nie geweet sy land se President nie. Waar is jy CR laat jy jou so ondermeen deur jou eie ministers

TRP ·

Miskien het daardie eerste drie weke vir my sin gemaak maar genade niks maak meer sin, dit begin lyk na magbehep wat oor kleuterskool kinders moet besluit.

Hekwag ·

Ek’s al net so gatvol vir hulle as vir corona self. Kon nog nooit ordentlike besluite neem nie.

Marisa W ·

“Nearly all men can stand adversity, but if you want to test a man’s character, give him power.”
― Abraham Lincoln

Jan ·

Soos julle kan sien alle staats instansies wat deur die anc bestuur word soos SAL. Ens. Gaan onder. So die land word deur die anc bestuur. Nie meer lank nie dan is ons land wat die boere voor geveg het ook bankrot

Jacobus ·

Sielkundige terrorisme vs onbevoegdheid. Kan die gekose president asseblief opstaan en sě wie moet ons glo?

Elsabé ·

1. Kinders kan in busse geprop word, maar sommige besighede mag nie oop nie. Hoekom word sommige besighede bevoordeel? Ons ALMAL moet terugkom in ekonomie. Ons het bestellings, maar mag dit nie uitvoer nie. Bankrotskap en aflê van werkers is ‘n gegewe. Ek is belastingbetaler en het ook regte. Ek wil besigheid doen.
2. Netbesighede met regte BEE kry hulp. Hoekom? Ons betaal belasting en is geregtig op hulp
3. Net staatskole kry maskers. Hoekom? Privaatskole-ouers en personeel is ook belastingbetalers. EN hulle brand nie skole af nie.
4. Gegoede mense word verkwalik oor verskil tussen ryk/arm. Waar is die regerende party van 20+ jaar se verantwoordelikheid? Nou skielik word watertenks voorsien. Gegoede mense/besighede se belastinggeld word gebruik om huidige regering se wanorde en “our people” se afgebrande skole te herstel, SAL en Eskom se korrupsie te dra.
5. Ek is bevrees, punte 2-4 veroorsaak meer rassehaat as wat daar was, danksy mnr Cyril en regering se uitlatings en besluite

Johan ·

Die oefen van 6 tot 9 die oggend is belaglik! Om te oefen help vir jou gesondheid en kan mens help ontspan en minder stres nou hoe moet ‘n bejaarde dit so vroeg rekry met winter om die draai? En wat van die mense wat 6 uur moet ry vir werk? Ek stem dat dit nogsteeds beperk moet word tot 1 persoon en nie in groepe nie. Om uit jou huis te kan kom vir ‘n uur en net te gaan stap/fiets ry/draf sal almal baie help maar duidelik dink ons regering nie mooi hieraan nie.

PH ·

So jy stem saam dat ek in dieselfde bed mag slaap as my vrou, maar ons mag nie saam stap nie?

Kattebol ·

So vra hulle in ‘n dischem ry of ek en my man “together” is… maar ons mag nie langs mekaar staan (met ‘n meter spasie tussen ons) nie.

Alleen Wolf ·

Al agter gekom? Mynbou nogal vinnig gaan terugkeer na normaal toe, ek wonder hoeveel van die besluit het te doen met CR se aandele/wins in die mynbou bedryf

Kattebol ·

… en “take-away” – bestellings vir huisaflewering… Wonder of McD aflewer? Persoonlik hou ek nie daarvan nie maar my kinders is mal daaroor.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.