Afsondering: Wes-Kaap gaan dalk sigarette verkoop  

Winnie Madikizela-Mandela se begrafnis op 14 April 2018. (Foto: Oupa Mokoena/ANA)

Die Wes-Kaapse regering sal hom neerlê by wat die nasionale regering besluit oor die verkoop van sigarette tydens die konoravirus-grendelstaat, sê die provinsie se LUR vir finansies en ekonomiese ontwikkeling, David Maynier.

Die Wes-Kaapse regering het luidens ʼn verklaring deur Maynier se kantoor Woensdag gesê dis in die haak om sigarette te verkoop solank dit saam met die noodsaaklikhede wat in die nasionale regulasies gestipuleer word, verkoop word.

Daar is egter geen sodanige verwysing in die nasionale regulasies soos uitgereik deur die minister van samewerkende regering, Nkosazana Dlamini-Zuma, nie.

Maynier het by navraag gesê hy gee toe dat die regulasies verskillend geïnterpreteer kan word en dis nie die Wes-Kaap se bedoeling om aan die regulasies ongehoorsaam te wees nie.

“Ons is tans in gesprek met die departement van samewerkende regering en ons sal ons neerlê by hulle besluit,” het Maynier gesê.

Wat wel beslis vandag verander het, is ʼn paar ander regulasies, waarvan die ingrypendste betrekking het op minibustaxi’s en begrafnisse.

‘n Taxi-staanplek in Durban word afgespuit. (Foto: Bongani Mbatha, AP)

Wat begrafnisse betref mag daar steeds net 50 mense by ʼn begrafnis wees, maar mense mag provinsiale grense oorsteek om ʼn begrafnis by te woon mits hulle die voorgeskrewe skriftelike beëdigde verklaring afgelê het, en die nodige permit van die polisiehoof of hooflanddros in hul jurisdiksie verkry het. Sowel die beëdigde verklaring as die permit is vandag in die Staatskoerant gepubliseer.

Die enigste mense wat vir so ʼn permit mag aansoek doen is die oorledene se eggenoot, kinders, skoonkinders, ouer, grootouer, of iemand wat ʼn hegte verbintenis met die oorledene gehad het. Dié persone moet binne 48 uur nadat die begrafnis afgehandel is, terug by die huis wees.

Wat taxi’s betref is die regulasies al ʼn paar keer verander. Taxi’s mag nie meer tot volle kapasiteit gelaai word nie, selfs al dra passasiers gesigsmaskers. Taxi’s mag net tot 70% van hul kapasiteit gelaai wees. Dit beteken:

* Taxi’s wat gelisensieer is om 10 mense te vervoer, mag 7 mense vervoer.

* Taxi’s wat gelisensieer is om 15 mense te vervoer, mag 10 mense vervoer.

* Taxi’s wat gelisensieer is om 22 mense te vervoer, mag 15 mense vervoer.

Taxi’s mag slegs passasiers vervoer tussen 05:00 en 10:00 en tussen 16:00 en 20:00.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Michael 1 ·

Wat is die doel van reëls vir n tydperk van 21 dae as jy dit wil verander elke 2 de dag?

Sakkie ·

Dis net weer n bewys Micheal dat die regering nie bevoeg is om te regeer nie. Hulle kan nie eers so n baie belangrike besluit neem en daarby hou nie. Dit is tog nie n moeilike besluit nie.

Moedeloos ·

Dan moet regulasies op klere ook tydelik verander want dit raak winter

Cherokee ·

Waar’s verlede winter se klere? Jy kan tog nie elke seisoen nuwe uitrusting koop nie.

myvyfsent ·

Ek rook al vir jare, ek het ‘n paar pakkies sigarette oor. Kom laat ek julle vertel, ek is besig om myself in so ‘n toestand in te werk want ek glo nie ek gaan kan cope nie. Die hele storie opsig self is reeds erg en nou wil hulle ons maak ophou rook?! Ek het ook ‘n senuwee probleem. Mense ek praat nie nonsens nie, maar ek gaan dit verloor! Was vandag vir die eerste keer uit, Pick n Pay verkoop vars blomme, wat is so uniek dat jy dit mag koop? Lekkergoed en, gas koeldrank (wat nie gesond is nie) kan jy koop! Gee my sigarette asb want anders sal ek dit nodig ag om te ry en soek tot ek kry. Ek is ongelukkig verslaaf en rook al oor die 40 jaar! Ek het angsaanvalle en dit gaan nie goed nie.

JC Venter ·

Kry vir jou daggaplantjies, span ‘n jiffie-sakkies oor 4 dun houtsparre, van daai wat mens by kwekerye kry, maak die sparretjies korter dan kap jy dit in die grond in ‘n vierkant om die plantjie, en siedaar jy het jou eie kweekhuisie vir elke plantjie, die plantjie sal binne ‘n oogwink groei en jou probleem is opgelos.

katerinadiekat ·

Daar is geen dierbare aardse rede waarom die verkoop van sigarette verbied is nie. Dit maak GEEN sin nie. Pure spitefulgeid.

NamaquaPiet ·

Dis ‘n taai toffie dié☝???? Mynsinsiens is rook ‘n verslawing soos enige ander, MAAR die vraag is of ‘n 21dae onthouding ‘n noemenswaardige verskil aan oorlewing gaan maak as jy die ICU haal met Korona? Ons kan tog gaskoeldrank koop, soos bv die “borrelende swart suikerbom“, diegene wat baie daarvan drink is verseker ook afhanklik daarvan???? #suikerafhanklikheid.
Ek bid dat GEEN roker in ‘n posisie beland waar sy rokery hom sy lewe kan kos nie.

Michael ·

Wat n patetiese land Suid afrika. Maak reëls,net om dit te verander na n paar dae. Eers taxi’s wat weer mag volgeprop word in die tyd,en nou weer sigarette. Plaas besluit die regering nou maar om die sogenaamde lockdown te lig want die oefening help blybaar nie veral omdat die regering almal se sin gaan gee.

SomeOne ·

@myvyfsent
ek weet nie waar jy bly nie maar aangesien reis na begrafnisse oor grense toegelaat word en sigaret verkope in die weskaap toegelaat word, jy sien my bedoelings ?

MrMagic ·

Sigarette en drank is verwerkte landbou-produkte. Miskien moet ons dierbare regering vinnig heroorweeg of gaan hulle die verkoop van alle verwerkte kos ook verbied. Meeste van die kruidenierswinkels wat tans mag handel dryf het drank en tabak ook in voorraad, moet dit nou daar staan en hul vervaldatum bereik?

Baie mense was nie in staat om genoeg voorraad aan te skaf nie en wat gee ‘n amptenaar die reg om te besluit oor of ‘n mens mag rook of drink? Dink hulle regtig dat dit die verspreiding van ‘n virus gaan aanhelp, so belaglik.

Nie almal wat iets drink is alkoholiste nie. En anders as wat die regering en sommige nie-rokers dink is rokers ook nie almal dof en ongeskik nie.

Wag die regering dalk eers weer dat ‘n paar winkels geplunder word deur hul makkers voordat hulle besluit?

Piet ·

Vir enige person wat rook, is die die geleentheid om op te hou. Dit is alles net in die kop. Ek het 40 jr gerook en deur die genade van ons Hemelse Vader het ek onmiddelik besluit om op te hou en het so gemaak.
Ek het dus geen simpatie vir ‘n roker nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.