Afsondering word ‘ideologiese instrument’ vir ANC – DA

John Steenhuisen. (Foto: Facebook)

Die leier van die amptelike opposisie, DA-leier John Steenhuisen, sê die regering se besluit om dele van die ekonomie en normale lewe weens Covid-19 te beperk, dien net die belange van die regerende ANC, terwyl dit gewone burgers verraai.

Steenhuisen sê die verslapping van die afsonderingsregulasies na vlak 3 is onbillik en hy het pres. Cyril Ramaphosa gevra om die algehele afsondering dadelik heeltemal op te hef.

“Dit is onbillik dat die ANC-regering gekies het om Suid-Afrika na vlak 3 te skuif, selfs terwyl wetenskaplikes ʼn skuif na vlak 1 aangeraai en die afsondering ʼn stomp instrument genoem het, soos wat pres. Ramaphosa nou onthul het,” het Steenhuisen gesê.

“Óf diepe naïwiteit óf onomwonde oneerlikheid is agter Ramaphosa se bewering dat vlak 3 die middeweg tussen die raad van Suid-Afrikaanse wetenskaplikes en dié van die Wêreldgesondheidsorganisasie is.”

Steenhuisen sê dit lyk of Ramaphosa tussen twee vure in die ANC sit. Die WGO stel voor dat afsonderingsregulasies opgehef word wanneer infeksies daal, maar as dié resep gevolg word, behoort Suid-Afrika tot ná die winter nog in afsondering te wees.

“Die afsondering het niks te doen met die red van lewens of met WGO-menings nie en het alles te doen met die ANC se interne politiek en verouderde ideologie.

“Vlak 3 is die gevolg van ʼn politieke skikking tussen die strydende faksies in die ANC-alliansie. Eerder as om die regte ding vir die land te doen, het pres. Ramaphosa weereens eenheid in die ANC bo nasionale belang gestel.”

Hy sê die ANC het steun by staatsdiensvakbonde gekry vir die besluit om nie die regulasies verder te verslap nie, omdat die salarisse van diegene wat hulle verteenwoodig, nie geraak word deur die afsondering wat al in Maart ingestel is nie.

Steenhuisen sê kommentaar van sommiges in die ANC klink soos ʼn gesaniteerde weergawe van die EFF se oproep om die land se sogenaamde wit ekonomie in duie te laat stort, ʼn verwysing na hoe die wit minderheid in Suid-Afrika glo steeds die ekonomie oorheers weens die nalatenskap van apartheid.

Die afgelope naweek het Mzwandile Masina, burgemeester van Ekurhuleni, op Twitter gesê hy steun die EFF-leier Julius Malema se oproep dat sekere gedeeltes van die ekonomie genasionaliseer moet word.

“Dit dui op gebrekkige begrip van hoe ʼn ekonomie funksioneer en minagting vir die desperate situasie van honger en hopeloosheid waarin miljoene huishoudings hulle bevind,” het Steenhuisen gesê.

“Daar is net een ekonomie. Dit is ons samelewing se kosbare lewensbloed. Ek doen ʼn beroep op pres. Ramaphosa om op te hou om dit met die stomp instrument van afsondering dood te slaan en die land voor sy party te begin stel.”

Die DA sê hy glo in dié stadium is die regte reaksie op die pandemie die beskerming van ouer burgers wat meer kwesbaar vir Covid-19 is, terwyl die res van die land toegelaat word om terug te keer werk toe met die toepassing van al die nodige veiligheidsmaatreëls, sodat die staat ʼn inkomste kan invorder om gesondheid, onderwys en maatskaplike toelae te finansier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Willem ·

Dis al van die begin af hul plan. Die vlakke is net vir die au en wgo.

Fedup ·

26 years ago, we warned, begged, threatened and had temper tantrums, to no avail.
Now we reap what others have sowed.
Either we stand up and stand together as a nation or we suffer the consequences.
No one will do it for us.
Time that this circus and the politicians learn that we are human beings with rights.
Something they conveniently forgot when they started using covid as an excuse to suppress us and our constitutional rights.

Jacobus ·

So gelieg en bedrieg dat hulle gehoop het dat hulle hulle eie bollieup kon wegsteek. Die ingeligtes in die land is NIE geflous nie. Die opportuniste is egter steeds aan die werk en miljoene verdwyn steeds.

daniel ·

Die twee ANC en EFF het een deologiese stroom geword met n resep vir ekonomiese ondergang.

Nico ·

Net soos die covid 19 ‘n ediologiese instrument is, rassisme ‘n ideologiese aanvals wapen van die Kommunis.

Jack ·

Hoelank kom ons nie al aan met die stomp instrument nie. Die voorkeur wapen om te vernietig

Stoffel ·

Ek dink die DA moet ‘n slag positief raak – die aanhoudende kritiek en swart smeerdery raak nou vervelig. Toe John Steenhuisen as tussentydse leier verkies is was ek optimisties. Nou weet ek regtig nie vir wie ek in volgende verkiesing gaan stem nie. DA waarheen is julle oppad ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.