Afsonderingsperiode: Maatskappy waarsku oor toename in misdaad

Argieffoto (Foto: akiragiulia/Pixabay)

Die nasionale Covid-19-afsonderingsperiode het ʼn positiewe impak gehad op misdaadvlakke in Suid-Afrika, aldus polisieminister Bheki Cele wat vroeg in April aangekondig het dat daar ʼn beduidende afname was in ernstige en gewelddadige misdaad sedert die afsonderingsperiode op 27 Maart begin het.

Charnel Hattingh, bemarkingsbestuurder by Fidelity ADT, waarsku nou egter inwoners en ondernemings om nie oorgerus te wees nie, veral nie wanneer sekere afsonderingsmaatreëls opgehef word nie.

Sy benadruk dat wanneer meer mense terugkeer werk toe en meer ondernemings heropen, bied dit ʼn geleentheid vir misdadigers om makliker in te pas en meer geleenthede te hê om misdaad te pleeg.

“Die ekonomiese impak van die afsonderingsperiode is ook ʼn motivering vir misdaad,” het sy bygevoeg. “Almal word deur die ekonomiese impak van Covid-19 geraak. Talle kan hulself egter na misdaad wend om te oorleef, en dit beteken meer misdadigers op straat. Aan die ander kant is ons besorg dat talle huis- en besigheidseienaars daaraan dink om hul sekuriteitstelsels af te gradeer of kontrakte met diensverskaffers op te skort in ʼn poging om finansieel te oorleef.

“Dit is nie nou die tyd om jou gesin kwesbaar te laat met ʼn onvoldoende sekuriteitstelsel of sekuriteitsdiensverskaffer nie. Daar is geen twyfel nie dat misdaad weer sal toeneem soos wat ons deur die verskeie vlakke van die opheffing van afsondering beweeg. Ons moet bedag en beskerm bly,” het sy bygevoeg.

Sy het daarop gewys dat roetine en mense se alledaagse lewens ontwrig is weens die afsonderingsperiode, maar dit kan jou duur te staan kom as jy jou normale sekuriteitsroetine versuim.

“Afsondering is ʼn ander manier van lewe, maar sommige dinge moet nooit verander nie, soos om jou gesin en eiendom 24 uur per dag te beskerm met die ondersteuning van ʼn behoorlike sekuriteitstelsel wat met ʼn betroubare diensverskaffer verbind is,” het Hattingh gesê.

“Buiten verhoogde waaksaamheid en om seker te maak jou alarm is geaktiveer wanneer jy gaan slaap, moet jy ook seker maak jou sekuriteitstelsel werk behoorlik en dat almal in die gesin verbind is tot persoonlike sekuriteit terwyl ons die afsonderingsperiode uitfaseer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sarel ·

Dit bring kommer dat die Regering meer konsentreer ofc emand ‘n sigaret rook of in die straat loop as op die werklike misdadigers. Last mens dink!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.