Afsonderingsregulasies: ‘Uitspraak bring ekonomiese onsekerheid mee’

Die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Nkosazana Dlamini-Zuma. (Foto: GCIS)

Hoewel die uitspraak wat die regering se afsonderingsregulasies vir risikovlak 3 en vlak 4 ongeldig en ongrondwetlik verklaar verwelkom word, bring dit egter verdere ekonomiese onsekerheid in die land mee.

Só het Raymond Parsons, ekonoom verbonde aan die Noordwes-Universiteit, Dinsdagaand in reaksie op die uitspraak gesê.

Maroela Media het vroeër berig die hooggeregshof het Dinsdag bevind die regering se afsonderingsregulasies vir risikovlak 3 en vlak 4 is ongeldig en ongrondwetlik, maar dit sal steeds vir minstens die volgende 14 dae van krag bly.

Volgens Parsons veroorsaak die uitspraak groter onvoorspelbaarheid in ʼn reeds onseker ekonomiese en openbare gesondheidsomgewing. “Die regering moet dringend aandui wat hy volgende gaan doen,” meen Parsons.

Die regering het Dinsdagaand in ’n verklaring gesê hy neem kennis van die uitspraak.

Volgens Phumla Williams, regeringswoordvoerder, het die hof die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, opdrag gegee om die huidige afsonderingsregulasies te hersien en te wysig in oorleg met die betrokke ministers.

“Hoe goed Suid-Afrika gaan vaar ná Covid-19 sal bepaal word deur hoe vinnig die ekonomie en samelewing herstel en hoe goed die land se uittree-strategie bestuur word,” het Parsons gesê.

Die burgerregteorganisasie AfriForum het intussen die uitspraak verwelkom.

Volgens Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, is die regulasies ’n onregverdigbare skending van mense se basiese vryhede en is die organisasie gereed om voort te gaan met sy regsaksies om die tabak-, skoonheid- en restaurantbedryf by te staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Willem ·

Anc stel glad nie belang in ekonomie nie. Gaan hul eie een begin

Jerry ·

Die ANC se planne het NIKS met ekonomie te doen nie. Magshonger en selfverrykers wat geen belangstelling het in die land of sy mense of sy toekoms!

Andre ·

Ik toetse behoort ‘n vereiste te wees vir alle ministers. En die slaagsyfer moet darrem ten minse op graad sewe vlak te wees.

Die Wolf ·

Nee beslis nie G7 nie. Ten minste n Universiteits kwalifikasie. Te veel palookas.

koos10 ·

Gaan nie werk nie, IK en gesonde verstand gebruik is twee verskillende dinge, en enige graad, diploma of kwalifikasie kan gekoop word.

MakersMark ·

Gemiddeld sal so tussen 60 en 70 wees. So helfte van wat die werk eintlik vereis.

koos10 ·

Schalk, dit verduidelik hoekom die kabinet so baie mense moet wees, dat die totale som van IK’s 150 kan bereik!

Mieke ·

‘n slaagsyfer van minstens Gr 7???? Nee wat… dis heeltemal nie genoeg nie!!! ‘n Ordentlik graad met nagraadse studie sou die minimum vereiste wees!!!

Delon ·

as dit onwettig was dan moet die regering mos almal vergoed vir die verlore inkomste

Anel ·

Delon, dit is wat ek ook sê. Dank die hele lot af en stel bevoegde mense aan. Maar dit sal seker nooit weer gebeur nie, of altans nie in my leeftyd nie. Masr mens weet nooit.

Louwrens ·

Ek stem saam. Mens moet hulle nou dagvaar vir alle verlies van inkomste.

Dirk Mostert ·

Stem saam. Maar nie die regering nie, want dan moet ons belastingbetalers weer opdok. ‘n Klas-aksie teen Ramaphosa, ens. in hul persoonlike hoedanigheid sal meer regverdig wees.

koos10 ·

Die hof het blykbaar so beslis. Ek stem saam met Dirk, slaan die spul in hulle persoonlike hoedanigheid. Hulle het mos nou genoeg gemaak uit die smokkel handel.

Mieke ·

Delon… nou is jy in droomland!! Jy is reg, maar dit sal gebeur wanneer perde horings kry!!

ronel ·

Ek sit die spul so en betreur, want niemand, nie eens voorheen gehoorsame burgers het enige respek oor vir iemand in uniform, die regering het nou seker gemaak dat die oorgrote meerderheid van SA polisie, weermag en enige vorm van autoriteit met argwaan en minagting behandel. Die hof, die instansies soos Afriforum moet die arrogante kaders van selfbehep wat in ons regering sit ry tot in oom daantjie se kaller hok vir elke mens wat in die tyd verlies gelei het!!

PH ·

Enige wese wat sê dat die middelklas moet ekonomiese selfmoord plaag terwille van komunistiese beginsels, is nie “goed”in my boek nie.

Louwrens ·

Ons moes lankal al wakker geskrik het. Mens kan nie met kommunistiese Kadette van die ouetehuis sit wat in beheer is van ons land se ekonomie nie.

Maritha ·

Ja nee regtig. Ons is nie almal deel van die kopdoek brigade nie. Ons het hare wat in lengte groei, nie in volume nie. Asb help dat ons weer kan werk.

4ntj13 ·

Ek dink Maandag se gebeure in Lafayettepark in Washington en hierdie uitspraak bring juis sekerheid met paralelle in outokratiese hardhandigheid. Ek probeer God se hand herken in ons afsonderings en kan uiteindelik duidelik die Waarheid erken in politieke motiverings.

Grassie ·

Nou stel hulle so waar as wragtie vir NDZ aan om die bestaande reëls te hersien en te wysig.

Ek slaan my oë op na die berge – waar sal my hulp vandaan kom?

Daar is geen einde aan die ANC se stiksienigheid en onbevoegdheid nie. Of is dit bloot moedswilligheid?

Alleen Wolf ·

As ek reg gelees het was dit die regter se besluit dat sy haar regulasies moet hersien in samewerking met die ander ministers, nou wonder ek maar net of die spul saam genoeg verstand het om met iets beter vorendag te kom

MakersMark ·

Kombinasie van onnoselheid en moedswilligheid = domastrant. Beste woord ooit.

Dirk Mostert ·

Ek het van die begin af gedink die taakspan het ons met ‘n slap riem gevang. Die 3-weke afsondering gevolg deur ‘n 2-weke verlenging was afgekondig as noodtoestand. Uitfasering moes binne die afgekondigde tyd wees, nie daarna nie. Uitfasering, nou reeds in sy tweede maand, kom neer op ‘n onafgekondigde noodtoestand vir ‘n onbepaalde tyd. Die opskorting van ons grondwetlike regte (o.a. vryheid van beweging, reg om te werk of ‘n besigheid te bedryf) sedert 1 Mei was dus onwettig. Ek word graag reg gehelp deur ‘n regskenner.

MakersMark ·

ANC verstaan, of se eerder wil glad nie die ekonomie verstaan of versterk nie. Dis ‘n organisasie onder wie se regering geen rykdom geskep is nie, inteendeel die land se intellektuele, finansieele en operasionele bates is vermink, en verarming en siekte heers. Dis ‘n organisasie wat net kan teer op welvaart wat deur ander intellektuele kapasiteit geskep is as wat daar in die party is. Margaret Thatcher was 100% reg, dink die krokodil ook.

Jurg ·

Daar gaan weer appèl aansoek alla Zuma kom dit gaan ons belastingbetalers weereens derduisende rande kos.

Pappa Beer ·

Kyk ek sien myself nie as n politieke kenner of n super intelligente mens nie, maar regtig waar, enige leek met n bietjie insig kan sien dat die Anti Nicotene Council laaaaaankal nie meer belangstel in demokrasie nie, hierdie wat in ons ou landjie (of wat nog daarvan oor is) gebeur is n volharde poging deur n korrupte regering om kommunisme af te dwing op landsburgers deur hulle geloof, regte en menslikheid weg te vat en vryheid “in te perk” met die dekmantel van “covid”. Toe ek laaste gekyk het is hierdie nie n monargie met n koning (of n kopdoek) wat besluite maak en dis wet nie. Dalk verstaan ek demokrasie verkeerd, maar is dit nie n sisteem wat deur die mense vir die mense ingestel moet wees nie?

marius ·

Verduidelik asseblief aan die lesers of hierdie voorlopige bevele is in terme van Ex Parte
aansoeke , waarop die staat steeds kans gegee word om te antwoord . Welke hof het dit uitgereik en of hierdie hof ‘n Provinsiale hof is en of dit ondergeskik is aan die Appel hof en of die Kons Hof . Die indruk word geskep dat hierdie bevele in graniet gekap is , en die lesers moet dit reg verstaan . Asseblief

Alexander ·

Die korrupte regering gaan beslis appelleer teen die uitspraak. En dan boonop seker maak dat kader in Appelhof die saak in hul guns beslis.

Michiel ·

Ons sit in ‘n staat van beleg. Ons wordt oorheers deur die NAC en wat kan ons doen: niks!!

Alleen Wolf ·

Ons kan baie doen, moet net ‘n slag saamstaan, maar ons ou volkie is maar traag om dit te doen.

Jax ·

Vier van my kinders is werkloos agv van hierdie gemors. Twee van hulle moes alles opgee wat hul gehad het en weer by ons intrek. Die Ander twee het by my seun se skoon-ouers gaan intrek. Ons dra nou die 4 finansieel. Ek Sal wat Wil gee om die regering, zol en almal, hof te sleep en die wit-warm-wax uit hulle dagvaar. Hier vier kinders het net met hulle loopbane begin en was besig om hul toekoms goed opdreef te kry en in eensklaps is hulle mat onder hulle uitgepluk.
Hierdie vier wonderlike, hardwerkende Jong mense is nie die enigste in die land nie! Daar is Baie van my vriende, familie en bure wat 3 maande laas salaris gekry het.
Ek wil nie eens begin om te vertel van die emosionele uitwerking dit alles op my en my geliefdes sit nie. Net Mooi niks maak meer sin nie! Alles tot niks!!

Alleen Wolf ·

En nou wil sy glo uitstel he om voor te berei vir die hofsake aangaande die sigaret verbod, sy het reeds 4000 bladsye ge-gorrel, kwansuis onder enorme druk weens die hantering van die regulasies, sy wil nie verantwoording doen vir haar dade nie, ek het nuus vir haar, BATSA gaan haar nie los nie.

marius ·

Die skade is klaar gedoen . Daar was en sal nie een wees wat daadwerklik verantwoordbaar gehou word
nie .

Elméne ·

Stem saam met Andre – IK toetse MOET VERPLIGTEND wees vir ALL MINISTERS, MAAR ook vir hulle handlangers wat eintlik die WERK moet doen soos toesprake moet skryf – afsprake met media reël en sorg dat “geagte ministers” / president en kopdoek brigade by skedules hou!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.