Afsterwe van 36 psigiatriese pasiënte ondersoek

Argieffoto

Argieffoto

Die minister van gesondheid het Woensdag gesê bewerings dat 36 psigiatriese pasiënte in Gauteng gesterf het nadat hulle in die sorg geplaas is van nie-regeringsorganisasies (NRO’s), word ondersoek.

“Hierdie gevalle moet deeglik deur die kantoor van die gesondheidsombudsman [prof. Malegapuru Makgoba] ondersoek word,” het minister Aaron Motsoaledi gesê.

Die pasiënte is dood nadat hulle vroeër vanjaar van Lifehealth Care Esidimeni na NRO’s oorgeplaas is. Hulle was deel van ’n groep pasiënte wat oorgeplaas moes word omdat die departement nie meer hul versorging by Lifehealth Care kon bekostig nie. Die departement het gevolglik sy kontrak met Life Esidimeni gekanselleer en die persone is na die NRO’s oorgeplaas.

Familielede van die pasiënte het in Junie vanjaar betoog teen die departement se besluit om die persone te skuif en hul kommer uitgespreek oor die geskiktheid van die NRO’s om vir die pasiënte te sorg.

Jack Bloom, woordvoerder van die Demokratiese Alliansie, het gesê Qedani Mahlangu, LUR van gesondheid in Gauteng, het Dinsdag die inligting oor die sterftes in die Wetgewer bekend gemaak tydens ʼn mondelinge vraag-en-antwoordsessie.

“Die psigiatriese pasiënte is na 122 NRO’s verskuif nadat die departement sy kontrak met Life Healthcare gekanselleer het wat na ongeveer 2 000 pasiënte omgesien het,” het Bloom verduidelik. “Ek is met afgryse vervul dat soveel pasiënte gesterf het, sonder dat die oorsaak bekend gemaak is, nadat hulle na die NRO’s geskuif is. Talle familielede het aangedui die NRO’s is nie geskik nie.”

Bloom het bygevoeg Mahlangu het gesê die pasiënte is sonder hul lêers oorgeplaas, wat die persoon se mediese geskiedenis bevat, en dokters is na die NRO’s gestuur om die mediese behoeftes van die pasiënte te bepaal. “Mahlangu het gesê die ondersoek duur voort om die oorsaak van die persone se sterftes te bepaal.”

Hy het Mahlangu gedaag om om verskoning te vra en gesê daar moet aanspreeklikheid wees vir die afsterwe van soveel pasiënte.

Motsoaledi en Mahlangu het Woensdagmiddag vergader en die besluit is geneem dat die gesondheidsombudsman ondersoek moet instel. Mahlangu het ʼn bygewerkte verslag oor die oorplasing van psigiatriese pasiënte aan Motsoaledi oorhandig en versoek dat die nasionale departement moet ingryp om die saak doeltreffend te hanteer.

“Die ombudsman moet ʼn verslag saamstel en aanbevelings maak watter stappe ons moet doen,” het Motsoaledi gesê. “Die kantoor van die gesondheidsombudsman is oopgemaak om hierdie tipe sake te ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Hester Janse van Rensburg ·

Ek hoop daaar kom iets van hierdie saak, maar dit is net ‘n druppel in die emmer. Baie pasiente het al gesterf wat van hierdie privaat kliniek oorgeplaas was na provinsiale hospitale terwyl hul toestand te sleg was vir oorplasing. Dit is tragies maar ongelukkig is geld belangriker daar as lewens.

Maria van Dieweeck ·

ANC leierskap is van die wreedste skepsels wat bestaan. En nooit geld vir belangrikke goed, soos hierdie mense, wat hulp benodig, Partytjies, inkopies, reis..vergeet die mense, ONS is die mense.

John ·

Sadisme gedy waar mense magteloos is. (Kyk hoe het die Nazi’s opgetree.) Hierdie wreedhede teen die mees kwesbaarste mense en die staat se ongenaakbare selfgerigtheid is verrot verby. Daar is ‘n Hemelvader en Hy sien alles.

Plaasmeisie ·

So tragies geen verantwoordbaarheid, empatie ziltz maar as jy ervaar hoe ons mense by staatshospitale behandel word kan jy verstaan ( nie regtig) daar word jy aan magsbehepte , rassistiese kruip voor my voor ek jou help personeel blootgestel , was daar deur paar keer self en met werkers , so hoe sal hul omgee vir kwesbare groep, probleem is almal kom weg daarmee geen toesig beheer nie.

Boeta Botes ·

Genade. Hoe ontaard ‘n berig oor privaat hospitale se geldgierigheid en NRO’s se nalatigheid in nog ‘n aanval op die regering? Asof die apartheidregering so wonderlik na arm en hulpbehoewende mense omgesien het, asof die blanke verpleegpersoneel so wonderlik was. Dit was hel vir arm mense, ongeag jou velkleur. Mag dit nooit weer herleef nie!

Columbiana ·

Ja boeta ons almal weet apartheid was haglik maar moet jouself tog net nie bluf om te dink die huidige regering is enigsins beter nie. Verwag jy mense moet maar net terug sit en niks sê oor die vergrype vd regering nie want hey die ou regering was net so sleg. Nee nonsens.

Anoniem ·

Dit maak absoluut geen sin om ‘n pasiënt oor te plaas en nie sy mediese geskiedenis saam met hom/haar te stuur nie. Wie se dom besluit was dit???

Anne ·

Ek dink nou net aan dieselfde ding, wat het apartheid nou alweer met die afsterwe van die mense te doen?

Karma ·

@Anne – daar is altyd mense soos Boeta, wat skeef foeter. Boeta, ek weet van gekleurde mense wat sê die sorg wat hulle van die apartheidsregering gekry het was baie BETER as wat hulle nou kry van die NSA-regering. Dit het beter gegaan met Jan Publiek, omdat ons ekonomie nie in so ‘n warboel was nie en daar nie soveel geld gesteel is en die misdaadvlakke baie laer was. Ek het self verpleeg in die ou apartheidsjare, en ek kan jou verseker: die hospitale was skoner, beter georganiseerd en die verpleegpersoneel was ordentlik teenoor pasiënte en beter opgelei, asook fluks.

Berhalet ·

As die personeel soos dié van Pretoria se “akademiese hospitaal” is en in pantoffels en vuil kouse aan diens is… Moedswillig en nalatig is… Pasiënte los in hulle eie urine… En die klagtes afdeling jou waarsku dat ‘n pasiënt “iets sal oorkom” as jy kla… Betwyfel ek nie vir een oomblik waarom dit gaan soos dit gaan nie.

Ons gee om ·

As verpleegkindige id privaatsektor wil ek dit net baie duidelik maak, dit was nie Life healthcare wat ophou omgee get nie, die regering wou dit nie verder befonds nie! Niks val uit die hemel uit nie daar is uitgawes aan versorging verbonde hoe kan enige persoon gesondheidsorg ontvang sonder dat daar kostes aan verbonde is? Selfs n snytjie brood kos geld…..wees realisties mense hierdie skuif van pasiente was die regering sebesluit en nou moet hulle eienaarskap daarvan neem.

Anti-snert ·

Ag ons gee om, gaan sing daai deuntjie vir mense wat nie van beter weet nie. Julle is ‘n winsgerigte besigheid en sodra ‘n siek mens nie meer julle buitensporige tariewe kan bekostig nie omdat julle die mediese fondse leeggetap het, word hulle uitgesmyt. Almal weet dit tog.

Zeus ·

Toemaar, anti-snert weet definitief nie wat daar gebeur het nie, en is ook onbewus van hoe n besigheid werk. So hospitaal groep skep werk vir 20 000 mense, natuurlik moet hulle wins maak, hoe anders betaal hy al die mediese personeel wat na jou moet omsien 24 uur n dag?

Anti-snert ·

Ek het jare se werksondervinding daar. Ek weet ongelukkig waarvan ek praat en daag elke persoon wat vrae het uit om dit self te ondersoek.

Columbiana ·

Life het ‘n diens gebied en is daarvoor betaal anti snert. Werk jy verniet en is jy bereid om jou dienste profesioneel of anders verniet aan te bied. As jy so anti privaat sorg is gebruik jy seker dan net staats hospitale. Indien wel sal jy sekerlik bereid wees om ‘n glowing verwysing te gee die staats instelling wat jy besoek.

m ·

Ai dis vreeslik hartseer. Hoop daar gaan antwoorde op hierdie vrae wees want duidelik is iets nie reg gedoen hier nie.. Sterkte aan die families.

Piet Pompies ·

Pasiente met hierdie soort siekte toestand word staats pasiente, maw die staat moet versorging verskaf.

Anoniem ·

As daar minder korrupsie is, sal daar meer fondse beskikbaar wees vir beter gesondheidsorg vir diegene wat van die staat afhanklik is daarvoor.

Sarie van Rooyen ·

Mense julle moet mooi lees. Hulle is sonder hulle le^ers na nie-regeringsorganisasies oorgeplaas deur Life healthcare. Dit was bekend dat die plekke waarheen Life hulle oorgeplaas het nie geskik was vir hul behandeling nie maar Life het vere gevoel!. Lees die berig noukeurig asseblief. Life dra die blaam van hul dood omdat hulle sonder hul mediese besonderhede na plekke oorgeplaas was wat nie geskik was nie. Om so gou as moontlik van hulle ontslae te raak??

Zeus ·

Ag bog Sarie, hulle was opdrag gegee deur die departement van gesondheid om die mense oor te plaas, moet asb nie feite rondgooi as jy self nie weet nie asb.

Sarie ·

Sonder hulle le^rs en na plekke wat nie geskik was nie? “Talle familielede het aangedui dat die NRO’s nie geskik was nie”, “Hulle is sonder hul le^rs oorgeplaas”. Wat ‘n skande Llfe healthcare! Daar is mense dood!

Columbiana ·

Ag genade Sarie…Hou more op om vir jou DSTV jou medise fonds jou telefoon jou oensioen jou versekering ens te betaal. Dink jy werklik jy gaan nog ‘n diena kry? Nee jy gaan nie. Die regering het eensydig besluit ordentlike sorg is te duur sit nadat hulle self nie na die mense kon omsien nie. Die regering het besluit om die NGO te kies. Die regering het besluit wie gaan waar. Die regering het besluit om die mense te onttrek. Wat stel jy voor moes Life doen? Moes hulle die mense gyselaar gehou het teen die instruksies van die regering?

Ex-pasient ·

Was self destyds staatspasient vir so 9maande . Gelukkig was vriende & familie daar, want dit gaan ‘rof’ in staats hospitale. God’s Genade & Liefde dra jou deur, vra my.

Columbiana ·

Dis jammer dat julle sommige geldige kommentare verwyder maar be that as it may.
Almal wat Life blameer vir hierdie debakel vra julle self af. Wie word gedagvaar oor hierdie situasie. Life of die regring. Slegs die regering wat die kontrak getermineer het.

Jean ·

Kyk sommer aan wie behoort die ander privaat hospitale ook. Wees ingelig.

Foxi ·

N verskoning gaan NIE die geliefdes terugbring NIE! In die ou bedeling was die staatshospitale, klinieke, versorgings eenhede vir oud en jonk ensv die beste ooit waarvan ek kon onthou. Nie eens in die oorsese lande se staatshospitale kon jy beter behandeling ontvang het as in Suid Afrika nie. Nou is ons land se versorgings eenhede hetsy privaat of staats eenhede die vuilste, verrot en dié wat jy jou lewe toevertrou so onbekwaam, jy kan maar net weet jou lewe beteken niks vir hulle nie. Sterf eerder by die huis as om in daardie verrotte plekke te gaan lê. Geen respek meer vir bejaardes, kinders en siele wat nie na hulself kan omsien nie. Die beste plekke versorgings plekke kan jy miskien op jou vingers tel….so min is daar waarop jy trots kan wees.
Mag die Hemelse Vader ons genadig wees hier in Suid Afrika! Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.