Aftreewet vir eers van die baan

Jeff Radebe. Foto: GCIS

Jeff Radebe. Foto: GCIS

Die regering het aangekondig die belastingwetsontwerpe, wat met pensioen- en voorsorgfondse verband hou, nie nou geïmplementeer sal word nie.

Dit nadat organisasies soos Cosatu hul ongelukkigheid uitgespreek het oor die Wysigingswet op Belasting en die Wysigingswet op Belastingadministrasie.

Jeff Radebe, minister in die presidensie, het Donderdag gesê die regering sal met kritici van die wysigingswetsontwerpe vergader. “Dit is duidelik dat, ten spyte van die uitgebreide konsultasieprosesse wat gehou is voor die wet goedgekeur is, daar steeds kommer is en dit moet dringend hanteer word om te verseker dat, wanneer die wet in werking tree, die veranderinge aan voorsorgfondsvoordele sonder haakplekke geïmplementeer word,” het Radebe gesê.

“Die kabinet het daarom besluit om dringend ‘n wetswysiging aan die Wysigingswet op Belasting ter tafel te lê om die aanvangsdatum van Maart 2016 uit te stel tot Maart 2018 om voorsiening te maak vir verdere konsultasie met alle belanghebbendes.” Radebe het ontken Cosatu het druk op die kabinet geplaas. “Cosatu hoef nie ʼn die besluite van die kabinet goed te keur nie. Die rede vir hierdie nuwe wysigings is weens kommer oor die konsultasieproses,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Michael ·

Want cosatu het gedreig om nie vir die ANC te stem nie,hoop hulle dreig die spul oor die e tol stelsel ook.

Elize ·

Dis absoluut onwaar dat die wysiging werkers sou verhoed om hulle bedankingsvoordele in kontant te neem. Dit sou slegs sommige werkers by aftrede beinvloed het. Maar nietemin, so word ‘n baie positiewe verandering weer uitgestel om ‘n paar politieke punte te werf…

Chris H ·

Radebe lieg! Dit nuwe wet was klaar goedgekeur. Dit is net omdat Cosatu dwars getrek het en gedreig het om hul stemme vir die ANC weg te vat. Nou het hul die datums verander tot na die verkiesings. Radebe dink seker almal in SA is idiote om dit nie raak te sien nie!

Johann ·

Nou ja, wie en wat glo mens deesdae? Wanneer is daar motiewe en wanneer nie? Ons moet nou wag tot 2018 en dan sien wie jok en wie nie. Teen daardie tyd weet ons nie of ons land nog ‘n ekonomie gaan hê nie… llaat mens dink…

Paul ·

Maroela, moenie alles wat African News Agency publiseer, vir soetkoek opeet en publiseer nie!

Ouman ·

Die spul is seker dankbaar dat Pinochio net ‘n sprokie is. Dink net hoe hulle sou lyk met neuse wat by die minuut met meters groei.Wat my die meeste grief is dat hulle dink ons is so onnosel dat ons die twak sal glo. Dit gaan alles oor die “koop” van stemme

PJ ·

Onthou daar is n Munisipale en n Nasionale verkiesing in hierdie 2 jaar as ek reg kan onthou

scalla ·

Radebe, jy lieg soos n tipiese p……….oliti………ku………………….s

Pieter.v ·

Dis tipies die anc, word regeer deur die vakbonde,kan nie glo dat so baie anc ministers en LP`s onder die indruk is dat ons gewone mense nie weet hulle lieg vir ons,almal van hulle het n graad in ontkenning behaal

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.