‘Afvallige’ ANC-LP Khoza herontplooi in parlement

Dr. Makhosi Khoza, ANC-LP (Foto: Facebook)

Die uitgesproke ANC-LP Makhosi Khoza is herontplooi na die portefeuljekomitee van ekonomiese ontwikkeling nadat sy verlede maand as die voorsitter van ʼn ander komitee verwyder is.

Khoza, wat openlik die regerende party gekritiseer het en ʼn beroep gedoen het op pres. Jacob Zuma om te bedank, is as die voorsitter van die portefeuljekomitee oor staatsdiens en administrasie verwyder nadat verskeie ANC-LP’s ʼn komiteevergadering geboikot het waar sy die voorsitter sou wees.

Faith Muthambi, minister van staatsdiens en administrasie, het ook nie opgedaag om rekenskap te gee oor bewerings dat sy familielede en vriende laat vlieg het om haar begrotingstoespraak in Mei in die parlement by te woon of dat sy te veel personeel vir haar privaat kantoor aangestel het nie.

Khoza vervang Daphne Rantho op die komitee vir ekonomiese ontwikkeling.

Mervyn Dirks, ʼn openlike ondersteuner van Zuma, is ook vervang op die staatsdiens- en administrasiekomitee deur Dalton Khosa. Dirks sal nou op die portefeuljekomitee vir die ontwikkeling van klein ondernemings dien.

Jackson Mthembu, hoofsweep van die ANC, het in Augustus aangekondig dat Khoza van die komitee verwyder word en gesê daar is ʼn “onherstelbare breuk in betrekkinge tussen haar en ANC-lede van die komitee”.

Mthembu skryf die gebrek aan vertroue toe aan “haar openbare uitsprake voor die mosie van wantroue in pres. Jacob Zuma en haar voortgesette openbare aanvalle op ANC-leierskap en lede van die ANC-koukus wat teen die mosie op 8 Augustus 2017 gestem het”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

andrea van vuren ·

Die gesegde: “You can’t keep a good man down” klink so waar!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.