Mamphela Ramphele, leier van Agang, het Vrydag gesê Suid-Afrikaners moet die uitslag van die verkiesing respekteer en steeds demokrasie koester.
“Ons is uiteraard teleurgesteld dat ons nie so goed gedoen het soos wat ons wou nie, maar ons is trots dat ons binne ʼn paar maande ʼn politieke party op die been kon bring en respek in die parlement verdien het,” het Ramphele in ʼn verkiesing gesê.
Agang SA het volgens die voorlopige resultate 52 350 stemme (0.28%) gewerf. Die party sal na verwagting minstens een setel in die parlement ontvang.
Sy het alle kandidate en politieke partye geluk gewens met hul prestasie. -SAPA