Agentskap gepos oor ‘net wittes’-advertensie

M-Net (Foto: Facebook)

M-Net het Maandag bevestig dat hy ʼn werwingsagentskap die trekpas gegee het nadat dié agentskap die afgelope naweek “sonder sy medewete” ʼn storm ontketen het toe hy ʼn pos by dié televisiereus vir slegs “Engelssprekende wit persone” geadverteer het.

Dit volg nadat ʼn advertensie vir ʼn opdraggewende redakteur by dié maatskappy onlangs deur die werwingsagentskap versprei is. Volgens die advertensie was M-Net “spesifiek op soek na ʼn wit, Engelssprekende opdraggewende redakteur” aangesien dié pos spesifiek is “vir iemand wat sepies en programme in dié demografie [wit en Engelssprekend] sal vervaardig”.

Talle sosialemediagebruikers het die maatskappy van blatante rassisme beskuldig.

Yolisa Phahle, M-Net se uitvoerende hoof, het gesê dié maatskappy is “hoogs ontsteld” deur die werwingsagentskap se advertensie.

“Die maatskappy het nie magtiging by M-Net ontvang om die advertensie te plaas nie. Ons assosieer ons nie met enige advertensies wat slegs wit aansoekers uitnooi nie, want dit is in teenstelling met ons werwingsbeleid, ons waardes, die Grondwet en ander wetgewing. Ons veroordeel die advertensie, want dit is rassisties, onwettig en skandelik,” sê Phahle.

Volgens Phahle het M-Net ook nie dié werwingsagentskap aangestel nie. “M-Net se werwingsagentskap het sonder ons wete ʼn ander agentskap uitgekontrakteer om M-Net se vakature te adverteer. M-Net se voorgestelde advertensie wat aan ons werwingsagentskap vir dié spesifieke pos gestuur is, het geen verwysing na die ras van ʼn aansoeker gemaak nie. Ons oorspronklike werwingsagentskap het ons intussen ook ingelig dat hulle nié aan die uitgekontrakteerde agentskap opdrag gegee het om daardie spesifieke bewoording te gebruik nie.”

Phahle sê M-Net het teen Maandagmiddag steeds nie daarin geslaag om die werwingsagentskap wat die advertensie uitgestuur het in die hande te kry nie. Die organisasie het ʼn ondersoek na die voorval begin.

“Ons sal streng optrede, insluitend optrede van ʼn dissiplinêre aard, teen enige van M-Net se personeel neem indien ons ondersoek toon dat ons personeel betrokke was by die vervaardiging van hierdie afskuwelike advertensie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

Heleen ·

Dan is ál die werks advertensies wat spesifiseer dat dit “affirmative action” of BEE posisie is, OOK RASISTIES!

Christa ·

Dt is nt rassisties as dt hulle pas maar doen wt hulle wil. Jy kn noit meer erge rassisme kry as wt tans in di regering aangn. Soms staan hul even op tn mekaar.. Maar dnki tog by Vader is almal dieselfte.

Marinus ·

Ek stem saam met jou. Dubbel standaarde in SA. Rassime werk net een kant toe

NiemandIemand ·

Die ironie is, as ek sien dat daar “subkontrakteurs” is wat ander “subkontrakteurs” aanstel, dan dink ek …BEE. Want as maatskapye nie hul BEE kwota kan bereik nie dan omseil hul dit deur n ander BEE subkontrakteur aan te stel…en op die ou end is dit n gemors…kyk na Denel

Apie ·

Nou wonder ek (en ek glo nie) of daar probleme sou wees as die “wit” , “swart” gelees het?? BELAGLIK.

Johann ·

Rassisties? So MNET bevestig vir die rekord voor en aan SA dat hulle TEN GUNSTE van die aanstelling van SLEGS nie blanke persone is, en dat hulle enige soektog na die mees bekwame persoon vir n spesifieke pos, onder gedaan maak aan hulle uitsluiting van enige blanke aansoeker?

Afskuwelike advertensie? So Mnet is op rekord dat enige advertensie wat n blanke persoon as teiken mark definieer, afskuwelik is? DIS BLATANTE HAATSPRAAK EN DISKRIMINASIE wat as sulks hanteer behoort te word.

LEKKER MELK MNET die blanke mark as deel van hulle gespesialiseerde kanale…maar as dit kom by best man/woman for the job, buig hulle oopmond agteroor om die huidige regering se drakoniese anti blanke arbeids wetgewing te steun?

ANC LEGACY!!!!! NOG n bewys van MEDIA BEHEERDE ANARGIE STATUS.

Israel ·

hulle melk my nie , ek het hulle lankal kanseleer , ek kyk tv op die internet , goedkoper en ek kyk wat ek wil waneer ek wil , ek betaal ook geen tv lisensie nie

Chris Ws ·

Israel , passop vir die tv lisensie een hoor!Volgens die wet wat in 1976 ivm tv uitsendings ingebring is moet jy ‘n tv lisensie he indien jy tv uitsendings ontvang ”op ENIGE toestel”.Die wet is baie mooi omskryf en daars nie skuiwer gate nie glo my.

Griet ·

Ag nonsens Chris! As ek op die Internet via ‘n ADSL lyn na films, reekse, dokumentêre films kyk, kyk ek nie TELEVISIE nie. Netflix, 123 Movies, F Movies en Showmax is TEGNIES digitale “streaming”, nie ‘n uitsending nie. Die UITSAAIWET omskryf die ontvangs van analoog en digitale UITSENDINGS. Daar is ‘n verskil.

Elizna ·

Rerig kyk wie kyk die duuste paket moet betaal net vir rugby???ons wit mense betaal deur ons ore DSTV so what as hul wit engels persoon soek…die wit Afrikaanse mense betaal hul gat af om paar kanale te he…ek oorweeg om my kontrak te kanseer

Zeller ·

Doen dit. Ons het, daar is alternatiewe en jy het nie nodig om ten duurste advertensies te kyk nie.
Koop ‘n Mygica by Makro of so. Daar is Youtube tutorials wat jou help om Kodi op te stel. As jy nie dit kan bekostig nie kan jy die Kodi app op jou rekenaar of laptop laai. As jy sukkel hoef jy maar net op jou gunsteling Fb groep te vra of daar iemand is wat jou kan help.
Andersins is daar Stremio en so aan.
Al wat ek mis is die rugby met die Afrikaanse kommentaar.

RB ·

Ek het my kontrak gekanselleer…al voor hierdie geval, so niks hiermee te doen nie.

Ek het elk geval goeie internet, so ek het besluit om Netflix en Showmax eerder te kry. My TV kostes is nou van amper R 900 af na R 240.

De Villiers ·

Kyk nou die herrie hieroor. Die ANC stel BBBEE in, wat sonder skroom ten doel het om posisies vir swartes te skep, ten koste van bekwame blankes.
Nou dat iemand dit waag om ‘n pos vir ‘n blanke te skep, ontketen dit dié bohaai. Belaglik!!

Deon Alberts ·

As die advertensie vir net swart mense gevra het sou geen haan daarna gekraai het nie dan is dit mos regstellende aksie en nie rassisties nie. Dit verklaar hoekom hulle 87 % swartes in diens het. (hulle advertensie) Lekker dubbelstandaarde wanneer dit by blankes kom.

carl ·

Nogal interessant dat n advertensie bv mag lui net vir vroue bedoel of net vir swart aansoekers maar dat dit n aardsonde is om vir n wit persoon te vra. Wat se dubbelstaandaarde word hier toegepas. Die ergste is dat daar mense is wat aan sulke politieke korrektheid glo en reken dis aanvaarbaar.

Stefaans ·

Ja hulle moet maar aangaan. Kyknet loop dieselfde pad. Gaan ook soos vele ander DSTV kanseleer in die nabye toekoms en aanlyn gaan. Dan kyk ek Engelse reekse en flieks wat nie rasspesifiek is of met n “rassekwota” saamgestel is nie. Mens is moeg vir die sekere rassegroep wat voorkeur geniet. Ek glo daar is baie wat net soos ek voel, ons is moeg vir swak produksies, irreterende sitkoms. Ek glo al hoekom baie sogenaamde wit persone DSTV het, is maar net vir sport, rugby. Soos dit in rugby gaan deesdae verloor baie belangstelling.

Kat ·

Klomp huigelaars en pure lib.Maar libs se dae raak kort.Kyk al hoe draai die gety oorsee.Dit gaan hier ook gebeur en dan gaan die libs nerens heen kan vlug nie. Amerika Duitsland en Austria is besig om te draai.Hou die nuus dop.

Boet Fasie ·

Stem saam met julle, solank ons DSTV ondersteun met wit geld is daar nie ‘n probleem nie, maar as aanstellings gedoen moet word is ‘n wit vel onaanvaarbaar. Ek gaan ook terug na ‘n goedkoop pakket, sport gaan in elk geval ook net oor kleur.

Hennie ·

Niks fout met daardie advertense nie, ons weet almal wie is die korruptes wat elke instansie in die grond bestuur. Dan stap daardie korruptes met miljoene rande se bonusse uit . . .

Wouter ·

Swak M Net. Uiters swak. My kind moes uit n atletiek span gelos word, want die outjie wat 2de gekom het, het toe span gekry om verder te gaan. Toe ons gaan uitvind hoekom nie ons kind wat eerste gekom het nie…..toe word vir ons gesê dis n BEE span en dit gaan nie om die beste atleet nie, maar dis n ontwikkelende span. Hoe vertel jy dit vir jou kind. Ons moes dit net aanvaar. Maar nou het ek te veel aanvaar. Koebaai M Net.

Oralsdraaidieduiwelrond ·

Wouter, ek het so empatie. Daar is niks daaroor te sê in die koerante nie…maar BEE het tot dis provinsiale en nasionale wetenskap-ekspo’s vir hoërskoolleerders bereik. Om Nasionaal toe gestuur word, en dan kort voor die tyd ingelig te word jou kind kan nie meer gaan nie…hy of sy is te wit. I kid you not.

Johan Viljoen ·

Het julle al gehoor van die CVO skole? By ons is daar nie sulke probleme nie en Bybel word as verpligte vak aangebied tot in graad elf. Kontak die BCVO vir verdere inligting.

Annie ·

Niemand sê ñ woord of word afbetaal omdat witvelle nie aandele kan koop by mnet nie. Net poste word geadverteer om opleiding te bied vir swart kleurling en Indiers, Geen witvel word toegelaat nie. Kom waar is Solidariteit waarom kan die ongelykheid nie reg gestel word nie……..

Kiewiet ·

En wat gaan gebeur as in blanke man wel aansoek doen vir die pos . Sekerlik die deur gewys word want sy velkleur is nie reg nie.

Vermeende ·

Maar in daai geval dan verdien Mnet n suiwer regstellinde kandudaat, aangesien hulle so wal gooi.

Pop ·

Sit die drek op facebook. Oor die rassisme teenoor ons blankes wanneer dit BEE werke adverteer. Lyk my daar tref mens die kol. Ek is ongelukkig nie op facebook nie. My mond is te groot. Sal in die tronk beland. ????

Ada ·

Carl ek stem saam.Hulle sal gou n ander deuntjie sing as hulle nie ons geld kry nie!!!

Johanna Botha ·

Wat van bee en affirmative action …? Wens die land kan wegkom van ras !

JdV ·

Ons kan Spur en Jakaranda FM boikot. Maar kan ons Multichoice boikot … ? Dit gaan ‘n bietjie teveel gevra van die volk wees, want dan raak dit sy godsdiens-beoefening op ‘n Saterdag-middag … (Supersport-rugby). Net tong in die kies! Ek geniet dit self om af en toe ‘n wedstryd te kyk.

anton ·

Ek stem 100% saam met jou, behalwe ek nie ”tong in die kies” sou sê nie. Dit is die volle waarheid.
Die blankes se godsdiens en kerk, vind Saterdae middae plaas i.p.v Sondag in n kerk!!!
Ons moet nog baie ver ondertoe val voordat die klokkie gaan begin lui.

Jan ·

Verwerplik. Ons is mos nou al amper ‘n kwarteeu in die nuwe bedeling. Hoekom is dit nog steeds nodig om wetgewing in plek te hê wat jou teen mededinging beskerm? Iemand wat nie self die mas kan opkom nie hoort dus nie daar nie.

André ·

So wat noem hulle dit as ek wil aansoek doen vir ‘n pos en hulle sê dis slegs vir nie-blankes(BEE & EE).
Is dit nie ook rassisme nie?
Ek sukkel al oor ‘n jaar om werk te kry.

Hens ·

Gaan kyk op dstv se website. Die shares wat hulle so adverteer kan net deur swart mense gekoop word. Wat is die verskil?

Peet ·

Moes net nie die woord “wit” gebruik het nie. Hulle gebruik ook nie die woord “swart” in enige advertensie nie, maar fênsie woorde soos “voorheen benadeeldes, regstellende aksie, bee” en wat nog. Gebruik eerder “huidig benadeeldes, terugstellende aksie, wee”!

RB ·

Mits jy elk geval ‘n goeie internet konneksie het kan jy Netflix+Showmax kry vir onder 250 ‘n maand. Ek spaar meer as R600/m.

kevin ·

Ek wens so mense wil DSTV ook boikot. Hulle is rasisties in alles wat hulle doen. Kan nie glo die mense ondersteun hulle nog so nie.

Willie ·

Beee hier en Beee daar, maar die reg! Mnet klink nes Spur… As MNet sport verloor, is al die wittes se subskripsie weg….. dis hulle enigste vashou

ken benoni ·

Nog ‘n geval by M net was die aandele wat slegs vir voorheen benadeeldes bestem was. Dit was net so rassisties maar min was daaroor gesê.

Kapoen ·

Lyk my ons sal ook nooit leer nie. Adverteer dood eenvoudig die pos en wanner die stof gaan lê het, stel die geskikte persoon aan om die pos te vul. Dan het jy mos almal tevrede gestel.

suzette ·

Maar ons mag advertensies plaas wat se “blacks only”……of die mooi woord……only EE or BEE candidates will be considered…..

Vra maar net?

Louqi ·

Wat ‘n verskriklike skande is dit nie! Wie sou kon gli dat ‘n matskapy die nurf sou hê om ‘n minderheids groep voorkeur te gee vir ‘n pos. Bhahahahahahah. Suid Afrika se siening oor regverdigheid is ‘n grap.

Atta ·

Die TV is my herder; geloof in God ontbreek my.

Dit laat my sit in my gemakstoel; na onrus, geweld en sedeloosheid lei dit my gedagtes heen.

Dit vergiftig my siel; dit lei my in die spore van ongeregtigheid.

Al word ek opgeroep tot geloof in God, ek sal geen voet versit nie; want die TV boei my: sy sepies, flieks en sport, dié vertroos my.

Dit berei vir my ‘n tafel van klanke, kleure en vermaak; tog raak ek depressief want die nuus wys my al die gruwels van die wêreld, my beker is leeg.

Net negatiwiteit en afguns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in my huis bly sit en TV kyk tot in lengte van dae.

(Nee, ek het lankal nie meer DSTV nie, ook nie SABC of Showmax nie…)

Verstom ·

Ek dink dis hoogtyd dat MNet, SABC die toetie uit ons huise geboender word. Atta ek dreig al so lank om dit te doen, maar sport is ontspanning vir my wederhelf, ek kyk lankal nie meer sport nie. Soos Atta sê dit besoedel al jou sintuie en satan klap hande.

Eish ·

Ek is oortuig dat Mnet glad nie so onskuldig is as wat hul voor gee nie. Enige advertensie wat namens n maatskappy geplaas word, hetsy self ontwerp of uitgekontrakteer, MOET eers goedgekeur word deur n verantwoordelike persoon in diens van die maatskappy, waarna dit afgeteken word vir verdere stappe. Maatskappye werk eenvoudig so en indien nie volgens die prosedures gedoen nie, sal hul ouditeure soos n ton bakstene op hul neerkom. Die aangeleentheid hoort onder MNet se personeeldepartement , en iemand daar soos die personeel bestuurder sou moes goedkeuring gee. Ek is van mening hul verkoop ons knolle vir sitroene.

Whatever ·

Ag asseblief die hele spul sogenaamde beskermers van die “wet” maak my siek. Rassisties is hulle ons ver voor.

Alien ·

Kyk al die laaste 5 jaar nie meer mnet,sabc of dstv nie….

SP ·

Elke maand is my geld goed genoeg, nee wat ek het sopas my bande gebreek. Graag doen ek ‘n beroep op mense; wees asb versigtig vir hierdie maatskappy se veltog om ‘n kontrak aan tegaan . Hulle adverter ongelooflik baie. Maar onthou dis ‘n kontrak vir 24 maande. as jy nie kan betaal nie gaan hulle jou dagvaar. Hou altyd die agterdeur oop om op enige tyd te mag om op te hou om te betaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.