Aggett se dood vier dekades later weer ondersoek

(Foto: Johnnic Library/Google Arts and Culture)

Die ondersoek na die dood van die anti-apartheidsaktivis, dr. Neil Aggett, is Maandag sowat 38 jaar ná sy dood heropen.

Dit volg ná sy familie en regsverteenwoordigers versoek het dat die omstandighede rakende sy dood wéér onder die loep geneem moet word.

Aggett se liggaam is op 5 Februarie 1982 in sy sel in die John Vorster-gevangenis in Johannesburg aangetref. Daar is destyds beslis dat Aggett selfmoord gepleeg het. Sy familie glo egter dat daar vuilspel betrokke was.

Aggett was ʼn mediese dokter en vakbondaktivis.

Dié nuwe ondersoek na Aggett se dood kom midde die vervolging van Joao “Jan” Rodrigues (80). Dié voormalige veiligheidspolisielid word vervolg in verband met die dood van die apartheidsaktivis Ahmed Timol.

Rodrigues het hom in Oktober verlede jaar tot die appèlhof gewend in ʼn hernieude poging om sy vervolging permanent te laat staak.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het gesê die uitspraak bevestig dat mense wat tydens die apartheidsera misdade gepleeg het, nie vervolging kan ontduik op grond van hoe lank terug die misdade plaasgevind het nie.

Die Suid-Afrikaanse minister van justisie het kort daarna aangekondig hulle sal onopgeloste moorde op anti-apartheidsaktiviste onder die loep neem sodat geregtigheid kan geskied.

Minstens 73 politieke gevangenes is glo tussen 1963 en 1990 in polisie-aanhouding dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Magda ·

Hoop na 50+ jare gaan die Plaas moorde ook as Politieke moorde heropen word, want hoeveel is regtig Plaas moorde en hoeveel is Politieke moorde – So kom alles altyd uit ne almal wat of hierby of nie hierby betrokke is / was.

Valerie ·

Ongelukkig kan die twee nie vergelyk word nie; nie in dieselfde verwysingsraamwerk en omstandighede nie. Albei was/is wreedaardig en onmenslik en sekerlik moord. Soos om te sê die mens kan maan toe gaan maar nie ‘n mediese antwoord op verkoue kry nie. Nie in dieselfde raamwerk nie.
Die politieke moorde was lafhartig en het nis bereik nie, behalwe die gemors waarmee ons vandag sukkel (Webster, Lebowski, ens.).
Jip, moord is moord, moet my nie verkeerd verstaan nie.

Johan Venter ·

Valerie, ek verstaan jou nie verkeerd nie, maar jy sê politieke moorde was lafhartig en het niks bereik nie. Nou wat van plaasmoorde, is dit nie meer lafhartig nie, en om wat te bereik, of is dit besig om iets te bereik? En die gemors waarmee ons vandag sukkel …. ek sou dink dis die manier van bestuur en spoed waarop ons in vryval deur die rommelstatus gaan.

johan ·

Valerie,hoe weet jy dit was moord,die feite hier tot ons beskikking is selfmoord

Michael P ·

Wat is volgende mense hierdie land is een groot NAR PARADES.

Arnold Green ·

Weet nie wat óóit hier bereik kan word anders as om mense se sakke vol geld te maak wat niks wyser gaan wees as in 1982 of vandag nie. Daar is ernstiger misdade wat nóu plaasvind wat SAPS se forensies nie eers behoorlik kan ontleed in hulle Labs nie! Wat is prioriteit om Staats Hulpbronne op aan te wend? “Vars” sake wat dit nodig het of oer oue sake wat reeds ondersoek was? Ons weet die ou is oorlede. Daar is hoeveel vermiste persone wat niemand op níks wys is tot nóu toe nog nie! Prioriteite sonder politieke “limelight” is van kardinale belang

PJC ·

As jy die landswette oortree gaan dinge een of ander tyd teen jou draai en dan moet jy nie agterna huil as jy seerkry nie.

Smirre ·

Daar is n groot verskil tussen aktivis en terroris,die perd en timol was terroriste wat by kriminele dade betrokke was.rot in peace.

Iemand ·

Dankie vir jou komentaar. Dit is goed om iets positiefs te lees. Ek dink dit is die regte ding om sy dood, en die van ander politieke gevangenis te ondersoek.

Heksie ·

hersien sommer al die moorde op blankes ook. Te veel moordenaars loop skotvry rond!

DuiwelsAdvokaat ·

Ek kan verstaan dat die familie meer wil weet oor wat regtig daar gebeur het, maar dan moet hulle in dieselfde asem Kamp Quatro en die ander ANC strafkampe ook ondersoek – daardie mense se familie is eweveel geregtig op antwoorde.

Lindie ·

@ duiwelsadvokaat, ek het presies dieselfde ding gedink! Open al die apartheid smoorde, dit sluit die onopgeloste moord van die Smit egpaar in, maar kom ons kyk na Quarto kampe ook. Tot vandag toe weet ons steeds nie hoeveel mense in die kampe gesterf het nie.

Wonnermaarnet ·

Snaaks dat die anc nog nie die Britse regering aangevat het oor lord Milner en lord Methuen se oorlogsmisdade teen nie-blankes gedurende die vryheids oorloë van destyds nie….

Diana ·

As ouer voel ek, mens WİL weet, wát regtig egtig, met jou kind gebeur het, as hy/sy onnatuurlik gesterf het. Maak nie saak, wie of wat jou kind is of was nie MENS WIL NET DIE WAARHEID WEET OM TE KAN BERUS! Ek verstaan heeltemal dat dr. Aggett se familie RUS vir hul siel soek, eerlikwaar

Bertus ·

Stem saam met Demokrasie, ons mag almal ons opinies ook deel sonder om aangeval te word

Jack ·

Nee, ek was nog nooit ‘n ANC ondersteuner nie. Hulle is bloot inkompetente ploeteraars. Interessant? Inteendeel, ek stem VFplus. Verbaas? Ek het bloot ‘n ervaring gedeel. Om bin Laden met Neil in dieselfde verband te noem is absurd. Dankie aan die wat soos beskaafde, redelike mense op my brokkie nuus gereageer het. Met sommer net haat in andere se respons, laat dit my wonder aan sommige van my ou volkie se waardestelsel.

Gaitsigubib ·

Jy is geregrig op jou opinie oor Niel Faggette. Onthou net dat hy nie soveel omgegee het dat hy die moord van onskuldige kinders en vroue probeer verhoed het tydens die ANC se bomplantery nie.

Gaitsigubib ·

Bertus ja dis n goeie ding dat almal n opinie mag he, so as mens dink dat Sadie val uit die bus uit dat die nerwe trek dan mag mens dit mos sekerlik dink? Wat my pla is dat mense geen fout kan vind met die moord en marteling van die mees weerlose mense tussen ons nie. Google gerus “ANC claim responcibility for landmine explosion which kill six”. Plaasmoorde is maar net n voortsetteng van die ANC agenda wat hulle volg van hul onstaan af. Die wat hul blind hou daar teen is deel van die probleem.

Gaitsigubib ·

…..en n doodse stilte heers van Jack Sadie en Valerie se kant af omdat die ANC terroriste se lafhartige gedrag onverdedigbaar is. Soos Carl Niehaus wat wat met werk en aansien beloon is vir sy rol in die dood van klein Isobella van Wyk en baie ander, net so verdien mens vandag nog aansien om verdraaide idees te he. Lyk my julle twee is op die regte pad!

A Mac ·

Ek kan partykeer nie eers duidelik onthou wat het laas maand gebeur nie, wat nog te sê van ‘n jaar terug. Sal graag die “onthou” wil sien wat hier gaan uitkom. Met goed wat so oud is en skielik weer ondersoek word is dit dalk heel moontlik dat die “waarheid” dalk geplooi kan word soos dit die ondersoekers pas.

Nico Lemmer ·

Ek verfoei die lafhartige gespuis wat plaasaanvalle en -moorde pleeg. Ek verag die onbevoegde en korrupte ANC-regering. MAAR ek moet erken dat ek ook toegelaat word om dit onbevrees vir enige vervolging hier te skryf. Ek onthou hierdie tragiese stuk geskiedenis van dr. Neill Aggett. Met sy denkrigting het ek nie saamgestem nie, maar hy was ‘n aktivis, nie ‘n terroris nie, en hy het dit nie verdiem om of vermoor, of so geterroriseer te word deur die veiligheidspolisie dat hy sy eie lewe moes neem nie. Ek hoop die waarheid sal nou uitkom of bevestig word sodat die mense wat hom liefgehad het nou berusting kan vind.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.