Agoa: ‘ANC-regering se hantering soos ʼn ongeluk in stadige aksie’

Pres. Barack Obama en pres. Jacob Zuma  by die Uniegebou in Pretoria tydens die Amerikaanse president se besoek aan Suid-Afrika in Junie 2013 (Foto: GCIS)

Pres. Barack Obama en pres. Jacob Zuma by die Uniegebou in Pretoria tydens die Amerikaanse president se besoek aan Suid-Afrika in Junie 2013 (Foto: GCIS)

Die huidige Agoa-debakel is ʼn duidelike simptoom van die ANC-regering se minagtende houding teenoor Westerse handelsvennote en sy obsessie met die Brics-lande, het Anton Alberts, woordvoerder van die VF Plus, gesê.

Hy sê probleme rondom die Amerikaanse Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (Agoa)- handelsooreenkoms strek oor maande en onderstreep die regering se ongeërgde houding.

“Ons boere word erg benadeel deur Amerika se reëling om handel in drie vleissoorte te blokkeer, en dit kan veel erger raak indien die res van die ooreenkoms ook in die gedrang gaan kom. Indien sake voortduur soos nou, is dit selfs nie onmoontlik dat Suid-Afrika uit Agoa geskop kan word nie,” het Alberts verduidelik. “Toe die VF Plus minister Rob Davies sowat twee maande gelede hieroor gekonfronteer het, het hy bloot skouerophalend gesê Amerika is ‘n ‘soewereine land en kan maak wat soos hy goeddunk’.”

Volgens Alberts is dit ironies dat Suid-Afrika onder die vorige bestel aan die ontvangkant van sanksies was weens sy beleid, en dat die ANC-regering met sy beleid nou daarin slaag om sanksies teen homself toe te pas.

“Wat Agoa betref, het die geveg nie net oor hoenders gegaan nie. Amerika is bekommerd oor die seine wat gestuur word met onsinnige beleid soos die buitelandse beleggersverbod op aandeelhouding in sekuriteitsfirmas en grond, asook die beperkinge wat Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) op beleggers plaas.”

Lees alle vorige berigte oor Agoa op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Henrietta Klaasing ·

Ek is glad nie verbaas nie!! Zuma vry na die BRIC lande en veral die Chinese asof sy hele lewe daarvan afhang. Die “kick backs” en ander “onder-die-tafel”- gunsies van Maai Chaaina is seker meer as wat Uncle Sam aanbied. Dit is tog AL waarom dit vir hom en sy ANC maatjies gaan.

Frik Lotz ·

Goed saamgevat deur Anton Alberts van die VF Plus. Die ANC is hopeloos en het geen idee wat hul doen nie. Hul strompel voort van een mislukking na die ander soos n afkop hoender.

Rudi ·

Die vraag is waarom die ANC dit NET LOS. Makilke antwoord: Hul gee nie ‘n hel om oor boere.

Rynhardt ·

Gistraand op SABC3 wou Davies die indruk wek dat alles is nog op koers met VSA,maar sy lyftaal praat anders.Die ding wat mense nie verstaan nie,is dat die Anc glo dat sy Bricks -ooreenkoms met sy maatjies,Rusland en China gaan SA nog lelik benadeel.Daarom die anti-houding teenoor VSA terwyl Chinese produkte die SA mark oorstroom!Daar is geen dringende bekragtiging van handelsooreenkoms met VSA nie,want Anc se bogenoemde vriende kan ontstel word.Om te dink dat die NP in die verlede hulle laat ore aansit het,met so klomp onbeholpe spul bly n raaisel.Ekskuus,die NP het kinders gehad wat namens jou geonderhandel het,sodat jy geen toekoms moet he nie.Gebeur juis nie nou dieselfde met ons boere wat in nood verkeer nie?

Bruno Stef ·

Wys my jou vriende en ek sal jou se wie jy is.Dit is n ou spreekwoord wat baie waarheid bevat met betrekking tot SA se betrokkenheid by ongure lande met kommunistiese regerings.Daar is veel meer as net die handel in vleisprodukte hier ter sprake en Amerika probeer om op n diplomatiese wyse n waarskuwing oor te dra aan SA se regering.

Winston ·

Stem saam Bruno. Hierdie ding gaan nie oor hoenders nie. Amerika onderhandel egter nou met hoenders. Afkop hoenders

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.