Agoa: Eerste besending VSA-pluimveeinvoere op pad

Argieffoto (Foto: Gordon Dean)

Argieffoto (Foto: Gordon Dean)

Die minister van telekommunikasie en poswese het Dinsdag aangekondig dat Suid-Afrika en die Verenigde State van Amerika alle uitstaande kwessies wat met landbouinvoere van die VSA verband hou, opgelos het.

Minister Siyabonga Cwele het Dinsdag in ʼn verklaring bevestig dat die voordele van Suid-Afrikaanse landbou-uitvoere onder die Amerikaanse Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (Agoa) hervat.

“Suid-Afrika werk met die betrokke belanghebbendes om die eerste besending van Amerikaanse pluimvee-invoere onder die ooreengekome kwota te fasiliteer,” het Cwele by ʼn vergadering van die eenheid vir internasionale samewerking, handel en veiligheid, gesê.

Onder Agoa geniet Sub-Sahara-Afrika belastingvrye toegang tot die Amerikaanse mark vir meer as 4 600 produkte.

Barack Obama, die Amerikaanse president, het verlede maand aangekondig dat Suid-Afrika se landbouvoordele vanaf 15 Maart onder Agoa opgeskort gaan word indien die land nie aan sekere voorwaardes van die ooreenkoms voldoen wat betref invoere van Amerikaanse vleisprodukte nie.

Cwele het gesê die twee lande het hulself verbind daartoe om alle uitstaande kwessies op te los. Die betrokke landbou-uitvoere wat hierdeur geraak word, is onder andere sitrus, avokado’s, lietsjies, beesvleis en skaapvleis.

Lees alle vorige berigte oor Agoa op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Trolle ·

Ja ons beste gaan oorsee en gemorskos gaan nou inkom,seker maar ons lot.Ek sien ons voer advocado pere in tewyl ons ook advocado pere uitvoer maak geen sin vir my nie.Kyk nou hoe maak ons pluimfee boere toe een agter die die ander,seker maar so beplan dat dit moet gebeur ons eet een van die dae net GMO kos.

Paplepel ·

Ek is nie baie slim nie, so verduidelik vir my wat het die minister van telekommunikasie en poswese te doen landbousake en in-en-uitvoere? Kom die pluimvee per pos?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.