Agoa sal ‘oukei’ wees, sê Davies

Rob Davies, minister van handel en nywerheid Foto: Departement van handel en nywerheid

Rob Davies, minister van handel en nywerheid Foto: Departement van handel en nywerheid

Rob Davies, minister van handel en nywerheid, het Vrydag gesê die Amerikaanse handelsverteenwoordiger het hom verseker dat die dreigende opskorting van Suid-Afrika uit Agoa-voordele opgehef sal word sodra ʼn ooreenkoms op uitstaande sake bereik word.

Michael Froman het Davies Donderdag gebel voor pres. Barack Obama se brief aan die speaker van die Nasionale Vergadering, Baleka Mbete, waarin hy ʼn waarskuwing uitreik oor die moontlike opskorting van Suid-Afrika uit die Amerikaanse Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (Agoa)- handelsooreenkoms.

Davies het Vrydag tydens ʼn dringende perskonferensie gesê onderhandelinge vind plaas tussen Suid-Afrika en Amerikaanse verteenwoordigers. “Ons glo ons is naby,” het hy gesê. Hy het toegegee dat onderhandelinge langer as wat aanvanklik verwag is, voortduur, en dat dit nie maklik is nie.

Hy het gesê die vraag oor invoere van vleis en pluimvee uit Amerika na Suid-Afrika wat nie geraak word deur siektes soos voëlgriep of malkoeisiekte nie, is gefinaliseer. Die enigste uitstaande kwessies is salmonella-besmetting van vleis en ʼn uitgangsklousule wat die vervaldatum van ooreenkomste betref.

Lees alle vorige berigte oor Agoa op Maroela Media.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

chrisp ·

Ja ons “glo” julle.

Onthou egter as dit by onderhandelings kom is nie almal van dieselfde”gehalte” as FW,Roelfie en ou Leon Wessels nie.Daar is mense met visie en integriteit ook.

Mike de Beer ·

Met die gevry na China, Rusland en BRICS het ons skynbaar vergeet van ons grootste in en uitvoer bondgenote? Pasop dat ons nie met ‘n klein stokkie aan ‘n groot leeu se watsenaam krap nie!

JoeV ·

Hierdie ou se geskiedenis maak dat mens kan glo hy en ander in sy groep gaan opsetlik die onderhandelinge verongeluk. Dit handel met blankes in Suid Afrika moet gestop word ten alle koste as die ANC totale afhangklikheid van die staat wil bewerkstellig.

Gerhardt ·

Dit is skrikwekkend dat ‘n volslae kommunis en totaal verkeerd gekwalifiseerde persoon soos Davis in die portfeulje moet werk. Ek kyk op na die berge…

Genis ·

Daar is geen hoop vir die A en C nie. Sjina en Rusland sal net so min tot Zuma se redding kom soos hulle tot Gadaffi en kie se redding gekom het. Sjina is reeds deel van die globale markstelsel wat besig is om te vorm, Rusland moet nog eers al 9 sy voormalige Sovjet deellande weer by hom voeg dan is hy ook klaar. Die Oekraïene is net die eerste een! Japan en Wes Europa is ook reeds klaar gevorm en reg. Suid Afrika sal saam met Australië en NZ onder een regering val in die globale ekonomiese stelsel. Ons is die vierde toon van Nebukadneser se goue standbeeld met die voete van klei. Daar is ongelukkig niks wat die A en C kan doen om dit te stop nie.

J.Z ·

Se die waarheid dat julle aan die slaap is, dan sal ons jou glo.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.