Agri NK veroordeel Kuruman-boer se moord

Foto: Reint Dykema

Foto: Reint Dykema

Agri Noord-Kaap het Vrydag sy skok uitgespreek nadat ʼn boer van die Kuruman-distrik, Christo Kruger (64), koelbloedig op sy plaas doodgeskiet is.

Kruger is Donderdagaand omstreeks 20:00 op sy plaas, Byron, deur aanvallers in die bors geskiet nadat hy gaan ondersoek instel het na ʼn geluid buite sy huis. Hy is op die toneel dood. Sy vrou, Vera, wat ten tyde van die aanval in die huis was, is ongedeerd.

Joe Scholtz, Agri Noord-Kaap se voorsitter van landelike veiligheid, het gesê die misdaad word teen sterkste veroordeel. “Sulke voorvalle benadeel die beeld van landbou en bedreig voedselsekuriteit vir ons land,” het hy gesê.

“Ons hoop dat die polisieondersoek gou resultate sal oplewer sodat die nodige regsprosesse afgehandel kan word en die skuldiges tot verantwoording geroep kan word. Agri Noord-Kaap is saam met Suid-Afrikaners uit alle sektore van ons samelewing uiters bekommerd oor die groeiende invloed van misdaad in ons land en die lyding wat dit meebring.”

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het Vrydagmiddag aan Maroela Media gesê een verdagte is reeds vir Kruger se moord vasgetrek. Lt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, het dit egter ontken en gesê die polisie is steeds besig met sy ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

CHRISTA ·

Hier is dit weer – dink daaraan: Die boer sou homself kon verdedig as hy ‘n vuurwapen by hom gehad het (soos die juwelier)!

Rynhardt ·

Boere moet ten alle tye vuurwapens op hul dra,anders is jy dood!Die moorde op ons boere word agter die skerms aangemoedig!Vir die afgelope 21jaar het nie eens 1000 moorde op wit boere die voorblaaie gehaal nie.Die SA media probeer nog steeds n fantastiese beekd skep van die kommunistiese Anc!Boere moet hul wonings op plase beveilig en hul vrouens moet ook wapens by hul dra.As n boer kan jy nie vir een oomblik laat slap le nie.Jy moet op en wakker wees en nogmaals op en wakker wees!Wittes se lewens is goedkoop in die nuwe SA,danksy De Klerk en sy Anc vriende!

KT ·

Dit is waar, Rynhardt. En dit is hoekom die volk ontwapen word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.