Agri SA, grondpaneel slaags oor verslag

grondoudit-2017-11-01

Dan Kriek, president van Agri SA. Foto: Esté Meyer Jansen/Maroela Media.

Die presidensiële adviespaneel oor grondhervorming het Agri SA gekap nadat laasgenoemde ʼn minderheidsverslag oor grondhervorming en onteiening sonder vergoeding aan pres. Cyril Ramaphosa gestuur het.

Dan Kriek, president van Agri SA, is een van die lede van die paneel wat Ramaphosa in September verlede jaar aangestel het om die interministeriële komitee (IMC) oor grondhervorming by te staan.

Die paneel is tans besig om sy finale verslag te finaliseer wat teen 24 April ingedien moet word vir oorweging deur die IMC en die presidensie.

Volgens Kriek geniet die verslag egter nie die steun van die volle paneel nie. Kriek en minstens nog een lid van die paneel weier om ’n amptelike verslag in dié verband te onderteken weens verskeie kwessies, waarvan onteiening sonder vergoeding die neteligste is. “Ons het ’n alternatiewe verslag vrygestel waarin ons perspektiewe oor grondhervorming uiteensit gegrond op bewese landboupraktyke en volhoubare ekonomiese groei,” sê Kriek in verklaring.

Die alternatiewe verslag stel dit duidelik watter voorstelle en aanbevelings in die paneel se verslag gesteun word en wat verwerp word, het Kriek gesê. Daar is ook gepoog om belangrike gapings in die paneel se verslag uit te lig en ook die voorstelle, wat nie ingesluit is nie maar wel oorweging vereis, te opper.

Kriek het Ramaphosa se kantoor op 15 April ingelig van die voorneme om ʼn minderheidsverslag in te dien en die redes daarvoor. Die verslag is aan dr. Vuyo Mahlati, voorsitter van die paneel, gestuur.

Mahlati het intussen ʼn mediaverklaring uitgereik na aanleiding van die minderheidsverslag. Volgens Mahlati is Agri SA nie ʼn lid van die paneel nie maar is Kriek lid in sy persoonlike hoedanigheid en nie as verteenwoordiger van die organisasie nie.

Volgens Mahlati is dit kommerwekkend dat Agri SA tot die paneel se vertroulike dokumente toegang het.

“Dit is ook verder van kommer dat Agri SA se ‘minderheidsverslag’ inhoud bevat en aanspraak maak op die inhoud wat uit die paneel se prosesse voortgespruit het.”

Mahlati het gesê Kriek se bewerings dat hy en nog ʼn paneellid nie die verslag wou onderteken nie, is onakkuraat. “Daar was geen dokument om te onderteken nie, en dus geen rede om te weier nie.”

Die paneel het versoek dat hy die geleentheid kry om sy verslag te finaliseer en in te dien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Johan ·

Gits. Maar sekere mense kan omtrent eierdanse doen. En dit lyk asof hulle absoluut gee alternatiewe sienings sal duld nie!

Johan ·

Weer ‘n bewys, die wat aan tafel sit is op die spyskaart, voor- en hoofgereg. Ek wonder of die agbare lede van die advieskomitee besef hulle gaan verantwoordelik gehou word vir elke negatiewe besluit wat daar geneem word? Hulle besef nog nie dat Ramaphosa hulle daar insit om legemiditeit aan die proses te gee nie. Hy voel ‘n veer vir hulle standpunt. Siestog.

James ·

Lekker geheul met die vyand, AgriSA. Noudat die hoenders begin huis toe kom word daar verbouereerd geraak.

Wolfie ·

En so wil Dr Bigshot en sy trawante weer inligting weerhou.. Ek het gedink die proses is deursigtig. So what indien AgriSA toegang het tot “sensitiewe inligting”. Die spul is korrup.

Dries du Toit ·

Ja hier kom nou weer n kodesa ooreenkoms wat niks goed vir die boere en blankes inhou nie

tom ·

Benoude katte spring rond ,nou wat wil die voorsitter nou vir ons se, hy gaan geen teen kanting aan vaar nie.

marous ·

Waarom hang die mondjie so oop ? Pertaan hy nou nie lekka nie ?

John ·

Dit kom van kruip… Jy word op jou knieè gehou en al wat dan oorbly is ‘n ge-kriek… Om darem so op jou eis namens al die boere in die land te wil praat… soos destyds in 1992… in die hoop op uitgespaar en roem en rykdom… foei!

Adam ·

Die kritiek teen Kriek is onregverdig. Hy is weke gelede verguis deur sekere kommentators op hierdie forum en dit wil voorkom of hy hier ten minste probeer opstaan het vir wat reg is. Van namens die Afrikaner praat: Hofmeyr doen dit al vir jare en word geloof daarvoor en as ‘n nasionale held gesien. Altyd goed om konsekwent te bly.

HPV ·

FW en Roelf het die hele land, alle grond inkluis onvoorwaardelik weggegee, dit is waarskynlik waarom die anc regime dit sonder vergoeding opeis.

Hans Richardt ·

% raskwotas vir eienaarskap van eiendom is problematies, want dit gaan wanbalanse teen wittes vererger.
Wat van openbare maatskappye bv Ou Mutual wat eiendomme besit as inkomste?
Spoornet se ou ongebruikte stasies? SAW se grondbesit, Tradisionele leiers grondbesit, Parkeraad/natuurbewaring grondbesit en staat grondbesit? Al hierdie beteken geen %raskwotas nie. Maw, eiendom is nou ‘n las vir wit, nie meer ‘n bate nie?
Buitelandse beleggers gaan nie belê nie, net soos in Zimbabwe.

Ellisras ·

Maar dit was dan ‘n demokratiese komitee. Presies net soos die Ghoemads komitee. Of moet ek nie verder uitbrei nie.

Hannes Rautenbach ·

Benoude Kriek se verwarde bokspringe. Hy is stadig besig om uit die padda pot te klim, terwyl ander soos AfriForum hom ligjare vooruit is.

Jack Sadie ·

Absoluut lagwekkend hoe gereeld die korrupte ANC ander van onetiese gedrag beskuldig. Diefstal en korrupsie is aanvaarbaar. Dis mos eties……….

humor ·

Nou waarom dan nou n onklaar aanbeveling voortydig voorle. Lyk my hulle is terdee daarvan bewus dat daar hoegenaamd nie eenstemmigheid sal wees nie en dat dit per implikasie op niks sal uitloop nie

Wildeboer ·

Ons word weer lekker geKodesa. Maar ons wil mos nie leer nie.

IK ·

Dis soos ‘n demokrasie in SA werk, dis wanneer die minderheid ‘n kans gegun word om deel te neem aan hulle eie ondergang. Vooraf is reeds besluit wat gaan en sal gebeur.

fred ·

dis die “african chief syndrom”…julle kan almal mee gesels en redetwis maar ek die (ANC)chief sal besluit…..hoe langer gaan die blankes nog in hierdie val loop…het ons nog niks van CODESA geleer nie?

Andreas ·

Les gerus weer wat Mahlati hierbo volgens die berig van Dan Kriek gesê het. Dan wil ek beweer dat as Dan Kriek nie president van Agri SA was nie, sou Cyril hom nie aangestel het nie. Kom meneer Mahlati probeer nou jou weg uit dié een praat.

Andreas ·

Party mens word in poste aangestel oor hul kennis, kundigheid en omdat hulle skerp is, ander weer word deur die getalle van die politici van die dag verkies.

Blaarman ·

Agri SA

Julle was te arrogant om te luister toe ons julle gewaarsku het.

Ramaphosa gaan julle van die bodem van sy skoen afskraap en dan gaan hy doen wat hy nog die heeltyd wou doen.

As julle in solidariteit met ons die proses geboikot het was ons hand sterker gewees om hulle te dwing om nie behoorlike regsproses te omseil nie.

Karin ·

Nee, jong, die ding is lankal beplan! Dis jammer dat die boere weer as “probleme” gesien gaan word!
Mag daar vinnig n verandering kom!

Hans ·

Kan die CV van die voorsitter beskikbaar gestel word-het hy n landbou en ekonomie opleiding gehad?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.