Agri SA: Groot kommer heers oor grondonteiening ná staatsrede

Argieffoto

Agri SA het Saterdag in ʼn verklaring gesê pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede was ʼn eerlike bekentenis van die uitdagings wat Suid-Afrika in die gesig staar om voortuitgang vir die land te verseker.

Dan Kriek, hoof van die organisasie, het gesê die organisasie ondersteun daarom “die ekonomiese oplossings wat in die staatsrede uiteengesit is om die land om te keer om sodoende ʼn toekoms van hoop, sosiale samehorigheid en voorspoed vir almal te skep”.

Die organisasie het Ramaphosa geloof vir sy verwysing na werkskepping, armoede en om korrupsie ʼn nekslag toe te dien. “Ons verwelkom ook die praktiese stappe wat uiteengesit is om beleidsekerheid te verseker, om regeringsdepartemente te verminder, die plaaslike ekonomie te verhoog, beleggers te lok, die vervaardigingsektor te verhoog en die kleinsakeomgewing te verbeter.”

Kriek het gesê Agri SA sal sy gewig agter Ramaphosa gooi om te verseker dat hy die planne wat in die staatsrede uiteengesit is, kan bereik. Hy het gesê die organisasie doen ʼn beroep op die president om die welwillendheid van plaaslike en internasionale beleggers te benut.

“Hierdie visie kan nie een persoon of ʼn bepaalde gemeenskap uitsluit nie. Die planne wat deur die president aangekondig is, moet alle Suid-Afrikaners insluit – ongeag ras, kleur, geloofsbelydenis, nasionale oorsprong, voorgeslag, geslag, seksuele oriëntasie, ouderdom of fisieke beperkings,” het hy gesê.

“Suid-Afrika bly ʼn verdeelde land en dit is slegs deur die waardigheid van elke Suid-Afrikaner te respekteer, inklusiwiteit en wedersydse respek dat hierdie verdeeldheid oorkom kan word.”

Agri SA het gesê hy is egter baie bekommerd oor die ANC-beleid van grondonteiening en dat Ramaphosa bevestig het grondonteiening sal wel voortgaan. “Hierdie aankondiging ondermyn die Grondwet en dit vestig ook die persepsie dat die regerende party nie die beginsels van ons demokrasie in ag neem nie,” het Kriek gesê.

“Die vraag bly ook: Van wie sal die grond onteien word en aan wie sal dit gegee word? Sulke verklarings sal meer skade as goed doen en is in stryd met die onderliggende tema van die staatsrede.”

Kriek sê Agri SA raai aan die president weerhou hom van sulke verklarings en betrek liewer die kommersiële landboubedryf in ʼn poging om vriendskaplike oplossings vir die kwessie te vind.

Agri SA is glo tans besig met sy eie transformasieplan in ʼn poging om die nasionale landbouproduksie te verhoog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

zoom zoom ·

Ja nou moet CR uithaal en wys om die anc agter hom tr kry en ook om die eff te beindruk. Dan is daar nog ook die BLF wat warra warra en moet doen waarvoor die zuptas hulle betaal.

Cj ·

Dit is alles baie mooi die vraag is net waar gaan die boer (wit afrikaanse mense) opeindig?

Jerry ·

Agri SA se eie transformasie plan is presies wat in hierdie tyd vereis word, want dit sluit voorheen benadeeldes nie uit nie! Hoop Afri-Forum volg Agri SA se inisiatief. CR het dit onomwonde gestel dat werksgroepe saamgestel sal word wat oplossingvoorstelle moet maak vir onder andere grondonteiening . Agri SA sal beslis daar hulle voorstelle ter tafel kan le. So, ontspan maar, die regte president vir die regte tyd en uitdagings, is in beheer!

Boerseun ·

Hahaha, en nog steeds dink van julle onteining kom nie en om te pie gaan julle basse red.

Lente ·

Presies!!! Van wie gaan die grond onteien word. As ‘n boer ‘n lening by die bank aangegaan het en sy grond word onteien, gaan die boer nog verantwoordelik wees om die lening terug te betaal? Of gaan ons in ‘n 2de Zimbabwe verander? Ons is sterk op pad soontoe as ons nie die EFF en BLF in die “bek” ruk nie.

Gerrit ·

Almal verstaan verkeerd hy hou aan sê hy gaan grond onteien sonder om die ekonomie te verswak hy gaan begin om koning Goodwill Zwelatini se duisende hektare in Natal te vat en daarna die plase wat nie bewerk word nie nie een wit of swart produktiewe boer se grond sal gevat word nie.

Deon Roos ·

Gerrit, kan jy asseblief vir my dit aanhaal waar en wanneer Cyril R dit genoem het om jou gevolgtrekking te staaf? Onthou “ ” assumptions” is the mother of all ……. Groete. Deon Roos.

Pieter ·

Agri-SA het nog altyd voor die ANC gekruip om guns te probeer wen en net mooi boggerol reg gekry. Gaan steek liewer by TLU kers op en werk met hulle saam en maak nuwe en beter planne as die blanke boer vir julle van enige belang is.

Chris Ws ·

Cyril Ramaphosa het sy ware “kleur” gewys na al sy vroom en mooi praatjies in goeie engels tydens sy staatsrede.Hy is net so onderduims as sy voorganger en moet nie vir ‘n oomblik vertrou word nie.Hy het doelbewus daarop uitgegaan om blankes te mislei om te glo HY is die een wat dinge positief gaan verander in die land.Wakker word mense,eiendoms onteining sonder vergoeding is hier!Hy het efektief die eiendomsmark tot stilstand geruk.Watter bank gaan nadese enige iemand help om eiendom te koop?Hier kom groot sports!

Daan ·

Kalmeer my vriend, hy is nog net een dag in beheer. Vat hulle die grond, dan is al sy voornemens 0% werd. Ek dink nie hy is so onosel nie.

johan ·

CR ondersteun nie persoonlik die ding nie, maar hy het nie n keuse nie. Dit is beleid wat deur anc aanvaar is by die konferensie in Desember.

piper ·

wat kan onteien word, sluit dit alles in bv myne fabrieke komersiele geboue maatskapye ens. as dit die geval is sal geen buitelamdse beleggers hier geld bele nie.

Andrea ·

Ek dink dit was baie betekenisvol dat hy sy rede begin het met ‘Pasop’. Die psigolinguistiek daaragter spreek boekdele.

Dr Dwars ·

Hoe sal grondonteiening lyk?
Sal n gedeelte van jou plaas aan ander gegee word of die hele plaas?
Kom ons werp gou so bietjie lig hierop en die lesers moet mooi verstaan. Jy kan nie meer produseer aswat jou waterbron jou toelaat nie, as dit die geval was dan sou die Karo blokvas onder mielies gestaan het.
Tweedens, die eienaar van uitgesoekte plase sal verjaag word soos in Zimbabwe want jy mag nie meer landbougrond opdeel nie, ek het probeer en dit was onsuksesvol, jy kan wel afsny en aan die buurman verkoop. Die vraag is, as n gedeelte van jou plaas vir grondhervorming gekies is, in wie se naam word gaan daai stuk grond wees as dit nie opgesny kan word nie.

TLC ·

Laat mens wonder hkm sy 1st woord in afrikaans “PASOP” was. Was dit vir die afrikaanse persoon gewees

Frikkie ·

Almal het gedink Mugabe bluf net destyds voor die verkiesing om steun te hou. Moenie geflous word nie. CR weet dat hulle moet ‘face save’ by die ongeletterde massas anders vat die Eff oor. En plase/grond bly ongelukkig n lekker speelbal. Die eerste plaas wat gevat word sonder vergoeding kan jy maar die rand verbrand. Intussen neem plaasmoorde net toe. Dis dieverkeerde beleid punt. gerpad of oorlog is die uiteinde daarvan.

Beleggers wees versigtig ·

Beleggers moet uiters versigtig wees vir Ramaphosa. As hy wit boere se grond onteien, sal hy ook julle fabrieke en ander beleggings kan onteien. Julle beleggings is nie veilig nie, dit is al herhaaldelik deur die geskiedenis bewys. Mugabe het ook eers plase onteien en daarna fabrieke en ander ondernemings onteien.

Radikale Ekonomiese Bemagtiging ·

Ramaphosa klink soos:
Donald Trump + Radikale Ekonomiese Transformasie

Trump + Anti-Blanke Rassime = Ramaphosa.

Hannes ·

Geleen:
Ek sal ook graag antwoord hierop wil hê.

Mr Ramaphosa, there is something which I don’t understand. Please explain it to me.

On Thursday afternoon you took an oath of loyalty to uphold the constitution.

On Friday evening you promised to expropriate land without compensation, which is fundamentally unconstitutional.

Did you break your oath in just over 24 hours?

And if you plan to change the constitution to make allowance for your plan, then Mr Ramaphosa, you pledged loyalty to a constitution you didn’t believe in. How much can we rely on your honesty and ethics then?

I struggle to understand this contradiction.

Manie ·

Hierdie naam het dit duidelik gestel in die staatsrede dat grond onteien sal word sonder enige vergoeding. Die mense wat dink hy’s die verlosser gaan baie teleurgesteld wees. Hy’s nog die hoof van n uiterste siek party wat baie rassistiese uitsprake maak

Jerry ·

Andrea en TLC julle is opreg bekommerd oor CR se “Pasop”. Julle kan egter ontspan, want CR se dit nie vir Afrikaans of vir die Afrikaner nie, hy se dit vir Afri-Forum en Solidariteit net soos wat ek dit ook al n geruime tyd se. Afri-Forum en Solidariteit se inisiatiewe vir witbevoorregting wat swart Suid Afrikaners uitsluit en hulle gekrap waar dit nie jeuk nie met Grace, Zuma en ander prominente swartmense is n groot probleem in Suid Afrikaners se strewe na versoening. CR word elke oggend voorgelig oor Afri-Forum en Solidariteit se planne en hy hou beslis nie van wat hy hoor nie, want dit is teenstrydig met die hoop en aspirasies van die voorheen benadeelde Suid-Afrikaners en die meerderheid gematigde Afrikaners. Daarom is dit belangrik om te besef dat Afri-Forum en Solidariteit hul eie en hul lede se belange dien en nie die Afrikaner in sy geheel, se belange nie. Afri-Forum en Solidariteit tree misleidend op deur voor te gee dat hulle die Afrikaner se belange beskerm en CR is ten volle bewus daarvan net soos die hoofstroom Afrikaners. Die hartseer van die saak egter, is dat die radikale element in die ANC en die EFF, in Afri-Forum en Solidariteit se inisiatiewe rede soek en kry oor die wanpersepsie wat Solidariteit en Afri-Forum skep. Die wraaksugtiges sal hierdie wanpersepsie holrug ry ten einde alle Afrikaners en wit Suid-Afrikaners te teiken, omrede hulle konflik en anargie nastreef en Afri-Forum en Solidariteit, dit vir hulle op n skinkbord aanbied!

Pieter ·

Jerry,
As jy dink dat Afriforum en Solidariteit regs is en net vir die blanke werk dan is jy regtig baie nuut op die nuusfront. Verder is die meerderheid Afrikaners lankal baie meer gatvol vir ons situasie waar ons kastig alles verkeerd doen en feitelik geen regte oor het nie. Julle ouens aan die heel linkerkant weet nie wat regtig aangaan nie. Gelukkig kan julle nog wakker word en sien wat om julle gebeur.

Jongboer ·

Hulle moet n wet inbring dat elkeen wat wil boer op sy plaas moet woon.Dan sal daar baie grond beskikbaar wees. En die ware boere sal dan boer.

Mr ·

. ….. En vermoor word, soos duisende ander voor jou. Ons bly nie op die grond nie want dit is dood eenvoudig net te gevaarlik. Ons boer met suurlemoene, nie nodig om elke dag daar te wees nie

Pop ·

En so begin die water met die paddatjies daarin nou stadig warm gemaak ne mnr Ramaposa

Waar sal my hulp vandaan kom ·

Slaan Vader se woord oop en lees Jeremia5

Jerry ·

As dit is soos jy se Pieter, dan is ons op die regte pad. Ons moet nou net seker maak dat ons nie die radikales se leiers in die howe verneder nie, want soos jy weet verdra hulle geen onreg nie, veral nie wanneer n swart leier deur witmense verneder word, dan is wraak weer op die agenda. Ek stem saam om druk uit te oefen op die owerhede, maar dit moet daar stop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.