Agri SA kap na AfriForum oor ‘onteieningslys’

grondoudit-2017-11-01

Dan Kriek, president van Agri SA. Foto: Esté Meyer Jansen/Maroela Media.

Agri SA het Maandag uitgevaar teen AfriForum se bekendmaking van ʼn lys plase wat na bewering geoormerk is om sonder vergoeding onteien te word en aangevoer dié bekendmaking het tot paniek onder grondeienaars gelei.

Maroela Media het vroeër berig AfriForum het Sondag ʼn lys bekendgemaak van plase wat glo deur die ANC-regering geoormerk is om as deel van ʼn “toetssaak” in die volgende paar weke sonder vergoeding onteien te word. Die lys bevat die name van 195 eiendomme wat grootliks plase is, maar ook enkele kleinhoewes en erwe insluit.

AfriForum het gesê dié lys is ʼn interne dokument van die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming wat die organisasie by ʼn betroubare bron gekry het. Die organisasie het beklemtoon dit is nie vir AfriForum moontlik om met 100% sekerheid vas te stel of dié lys wel die finale lys van eiendomme is wat deur die staat geoormerk is vir onteiening sonder vergoeding nie.

Dan Kriek, president van Agri SA, het in ʼn verklaring gesê ʼn “blitsopname” het getoon dat die lys onder meer onjuiste inligting bevat “wat maklik voor die bekendmaking daarvan geverifieer kon word”. Volgens die landbou-organisasie word sommige plase op die lys deur gesamentlike ondernemings met swart boere besit en bevat die lys onvolledige inligting oor titelaktebeskrywings en plaasname wat verskyn sonder om die onderverdelings van daardie plase te meld.

Kriek het gesê AfriForum is “onverantwoordelik” om onbevestigde inligting te plaas, aangesien dit opruiend is.

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, het in reaksie hierop aan Maroela Media gesê dit is jammer dat Agri SA kies om sy kritiek op AfriForum te fokus eerder as op die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming wat nog deurentyd ʼn sluier van geheimhouding oor die saak hou.

“Deur nié hierdie lys bekend te maak nie, sal beteken dat ons die regering versterk in sy poging om sy grondonteieningsplanne geheim te hou. Dit sal roekeloos en onverantwoordelik wees om mense nié van hierdie lys in kennis te stel nie,” het Roets gesê. “Dit is jammer dat Agri SA se kritiek so misplaas is – hulle moet eerder hul visier op die departement fokus wat weier om oop kaarte met die publiek te speel.”

Roets noem verder hoewel die egtheid van die lys nie amptelik bevestig is nie, is dit naïef om te dink dat dit nié rede tot kommer is nie. “Kom ons vergelyk dit met ʼn moordlys met name van mense wat vermoor gaan word. Indien dit dan aan die lig kom dat die lys verkeerd is en jy vind uit dit is nie jý wat vermoor gaan word nie, maar iemand anders, beteken dit dan ons hoef nie verder daaroor bekommerd te wees nie?

“Die feit bly, daar is so ʼn lys wat binne die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming versprei word. Om nou te sê ons moenie paniek saai deur ʼn lys bekend te maak wat nie bevestig is nie, is kunsmatig. Daar word ʼn lys versprei waarop die name van eiendomme verskyn wat aan ons lede behoort en ons wil ʼn regstrategie voorberei.”

Roets wys verder daarop dat die organisasie juis hierdie dokument aan die publiek bekendgemaak het sodat inligting op die lys geverifieer kan word. Hy sê sedert AfriForum die dokument geplaas het, is die organisasie oorval met navrae en het daar honderde e-posse oor die lys ingestroom.

Ernst Roets, adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum. Foto: Reint Dykema

“Ek het self reeds met eienaars gepraat wie se eiendomme op die lys verskyn. Die algemene gevoel is skok dat hulle plase op hierdie lys is en dankbaarheid teenoor AfriForum dat hulle nou ten minste kennis dra hiervan. Dit is oorkoepelend mense se behoefte – hulle wil sekerheid hê oor wat aangaan en wat in die toekoms gaan gebeur.”

Agri SA het intussen benadruk dat onteiening slegs in ooreenstemming met landswette kan plaasvind en dat daar boonop ʼn lang proses in hierdie verband is wat aan die vereistes van regverdige administratiewe optrede moet voldoen.

“Onteiening kan nie oornag gebeur nie en kan net plaasvind om redes wat in ʼn algemeen geldende wet bepaal word,” sê Annelize Crosby, Agri SA se hoof van die sentrum van uitnemendheid: grond. “Daar is verskeie voorgeskrewe stappe wat in onteiening gevolg moet word. Dit sluit in ʼn kennisgewing van voorneme om te onteien, waardasie van die eiendom en onderhandelinge met die eienaars.”

Crosby het gesê aangesien die Grondwet nog nie gewysig is nie, is “billike vergoeding” ʼn vereiste vir onteiening. “Agri SA sal die boere se belange in die howe beskerm.”

Linda Page, woordvoerder van die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming, het vroeër aan Maroela Media gesê daar bestaan hoegenaamd nie ʼn lys eiendomme wat die departement beplan om sonder vergoeding te onteien nie. Page sê sy weet nie waar AfriForum aan die lys kom wat hulle bekendgemaak het nie en ontken dat die departement hom vir so ʼn “toetssaak” voorberei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

100 Kommentare

tamboti ·

Boertjie jy regtig ‘n boer? Lekkerkry? Jy weet wat se die gesegde: twee honde baklei oor been – die derde een loop met hom weg!

Francois ·

Die Zim CFU (Commercial Farmers Union) het dieselfde strategie van minste weerstand gevolg as AgriSA. Almal weet wat daardie strategie se eindresultaat was in Zim. Enige iets anders as AgriSA/CFU se strategie is beter. Gaan lees maar Eddie Cross se artikel op politicsweb.co.za

Paul ·

Maroela het mos nou in die dae ook berig oor die aantal Suid – Afrikaners wat verlede jaar na Australië verhuis het as gevolg van die toestand in ons land.

Om hierby aan te sluit, Dawie Roodt vertel die afgelope Saterdag oggend op TV dat Jan Harm Schutte, mede-aanbieder op KykNet se Ontbytsake, maak einde hierdie maand klaar by hulle. Jan Harm het dit bevestig en beduie hy het ‘n goeie werk in Australië losgeslaan en verhuis dan soontoe.

Wat ek dus sê is dat dit nie net meer onbekendes is wat oorsee verhuis nie, maar dit is nou sommer mense wie se name al huishoudelik by ons geraak het. Dawie het juis in die program vertel hy was met vakansie in Rusland en het toe uitgelig wat se uitstekende boerdery vooruitsigte daar is.

Dr Leon v Rooyen ·

Moenie jul steur aan Agri SA se kritiek.Dr Leon v Rooyen Vorige president Mpumalanga Landbou.

Kriek de Klerk ·

Dankie, ek raai Dan Kriek het ‘n ooreenkoms met die ANC: sy plaas sal nie sonder vergoeding gaan nie in ruil vir samewerking om so min moontlik weerstand te laat gebeur.

Thinus Erasmus ·

Dankie dr. Leon, dit is duidelik dat baie Afrikaners en hul organisasies steeds kies om hul blind, doof en oningelig te hou oor wat werklik besig is om te gebeur. Hulle verkies om ‘n onbetroubare en bewese korrupte regering sonder enige werklike rede te glo dat alles sal goed gaan in landsbelang.
Dan Kriek: as die lys eg was – sou daar nie paniek wees nie?
Annelize Crosby: julle dink onteiening gaan die lang “regverdige” pad van die howe en grodwet loop – die huidige verwikkelinge bewys julle alreeds verkeerd: DIT GEBEUR OORNAG deur die onwettige grondbesetters! Sover is hulle nog gekeer, maar net soos plaasaanvalle sal dit nie stop nie!
Agri SA julle is besig om nie net Afrikaner boere in die steek te laat nie, maar die besitters van privaat eiendom in geheel!

HODB ·

Ek volg Agri-SA se mannewales al ‘n rukkie en die vraag het al ‘n paar keer by my opgekom oor wie se belange hulle *werklik* dien? (Of is hule maar net naief verblind?)

Kriek de Klerk ·

Jy is reg. Ek het die vermoede Dan kry iets soos persoonlike beskerming teen onteiening sonder vergoeding, of ‘n indirekte vorm van vergoeding waarvan ons nooit sal weet nie.

Nic Roets ·

Vertrou Agri SA tot julle verdriet. Hulle is besig met hulle eie duistere agenda.

Eish ·

Wel, ek het diè klas van kritiek teen Afriforum van mnr. Kriek verwag.
Willemien Burger van die Volksblad van 4 Augustus, het juis met die uwe n onderhoud gevoer, en ek haal enkele dele aan.
” Hy ontwyk die vraag oor Afriforum en sy veldtog teen plaasmoorde en sogenaamde ‘ rassistiese diefstal’
” Die toekoms sal bepaal word deur gematigde Suid Afrikaners, nie randfigure, randorganisasies en mense wat links en regs van die tafel afval nie.”
” Ek verteenwoordig nie Afrikaners as n groep nie. Ek verteenwoordig ook nie n kultuur of n taal nie. Ek verteenwoordig mense van alle rasse binne die landbou.”
” Ek is nou meer van n deeltydse boer en n basterpolitikus.”
” … want al wat ek doen deesdae is maar politiek.”

Synde Agri SA meer as 80% van boere verteenwoordig, begin dit haastig tyd raak dat boere hul mind opmaak aan watter kant van die draad hul sit.

Francois Kroukamp ·

Lees die boek Mugabe en die Afrikaan. Hulle landbou unie wou ook net onderhandel en na hulle gewaarsku is het hulle nog steeds net hulle koppe in die sand gesteek

Snowball ·

Agri – SA, hoekom vaar julle nie so uit teen die ‘prins van los drade’ en los tonge wanneer hy voortydig, voordat die parlementêre proses nog voltooi is, laatnag aankondig dat die grondwet verander SAL word twv grondonteiening nie?

Gerhard ·

Lyk my Agri SA is van die lot wat dink die probleem kan jy weg verbeel. Ek stel voor hul lede kry beter verteenwoordigers.

Santie ·

Ek sou reken dat mense wie se plase betrokke is, beslis moet kennis dra hiervan. Hoekom moet hulle in die duister gehou word?

Spietnik ·

As jy nie iets goed van ‘n ander kan sê nie bly liewers stil.
So dra iemand ver ander opstaan moet hy verkleinneer word

Henry ·

Dat Agri SA aan’t teem gaan oor Afriforum se bekendmaking van die gewraakte lys, is vir seker geen verrassing nie.

Agri SA en hul amptenare het met Politiek Korrekte (PK) uitsprake en handelinge, reeds vir etlike jare die vertroue van talle boere en ons gewone piete verloor. Trouens, dit sal interessant wees om te weet of Agri SA inderdaad aanspraak as verteenwoordigers van die meerderheid boere in hierdie droewe land, kan maak.

Lana ·

Dan Kriek, met respek gesê – julle ouens sal moet wakker word. Moenie mense in die duister hou nie. Sit die feite op die tafel sodat mense kan voorbereid vir wat volg.
Jy het gehoor die ANC sê hulle gaan die grondwet verander EN onteien. Waarvoor wag jy nou?
Soos wat Roets van AfriForum sê – maak nie saak wie se name op die lys is nie. Teen dié tyd besef almal daar IS WEL ‘n lys.
Daardie lys kom reguit van die regering af – dit verklaar al die foute wat wel daarop is.
Onthou Afriforum het NIE gaan verander aan die lys om inligting daarop reg te maak nie.
Hou asb. op om in onkunde te wil leef. Werk met alle feite.

tamboti ·

Lana ek stem saam: korrektheid is juis nie ‘n eienskap van huidige regering nie.

Ben Niemand ·

Ek voel ook dit was dalk onverantwoordelik vir AfriForum om so lys, wat se waardigheid nie beproef is nie, bekend te maak. MAAR ek reken ook dit was nodig om dit te doen sodat ons almal bietjie kan wakker skrik.

Antionette ·

Dis beter as om in die donker rond te tas! Die eienaar van die een plaas op die lys het gese dat sy plaas mimerale het en dit die rede is hoekom die ANC sy plaas wil he! Wonder hoeveel van die ander plase op die lys het minerale?? Sal nogal interesant wees om dit uit te vind!!

Aandster ·

Ek dink weer nié so nie. Waar het die storie van die lys plase oorspronklik begin? Wie was so onverantwoordelik om te sê 139 plase sal onteien word? Ons weet almal. Elke Jan Rap se mond is deesdae groot om Afriforum te kritiseer, maar WIE anders is bereid om hulle tyd, name, reputasies, lewens en eie veiligheid in hierdie droewe dae te waag vir die Afrikaner en sy welsyn? Net mooi niemand. Laat ons liewer vir hulle en saam met hulle omgee, bid, ondersteun, saamstaan.

Patriot ·

Die rede hoekom die name van gemerkte plase geheim moes bly, is omdat hulle dit met `n ambush taktiek wil afvat. Met ander woorde, op die plaas opdaag met hof bevel wat boer belet om enige skade aan lande en geboue te maak, te verhoed dat boere hul implemente en vee verwyder. Dit is mos logies dat sodra die boer weet sy plaas is gemerk, gaan hy probeer om sy los bates te verskuif. Ek persoonlik sal gif en petrol in die boorgate en damme ingooi en alles sabbotteer.

Regte boer ·

Ek is ‘n regte landbouer en besit ‘n plaas. Nie soos die ander skreeuende gillende klomp nie. Ek is lid van Agri SA want ek weet dit is die plek wat my belange beskerm. Skree gil en raas help niks.

Pieter ·

Julle is dan seker ook in dieselfde losie. Ek sal eerder aanraai dat jy aandag gee aan die oproepe van Afriforum alhoewel selfs Afriforum redelik polities korrek optree. Ons gewone ouens is baie meer bekommerd omdat ons lankal nie meer leuens glo nie en ook nie in wigte en teenwigte nie.

Piet ·

Regte boer jy laat my so dink aan die manne wat NP gestem het. Tot op die einde het hulle bankvas agter kortbroek gestaan en toe hy die ANC join toe weet hulle nie wat om te doen nie. In Zim het die manne met zanu lidmaatskap ook gedink hulle gaan die aanslag vryspring, groot was die verassing.

Gert ·

Agri SA lyk my is ook gekaap deur agente (nes ‘n sekere politieke party in die Wes-Kaap), wat juis ten doel het om landbou te vernietig.

Die Stem ·

Daar is lank reeds paniek.
Boere is dankbaar vir enige inligting. Agri SA is welkom on die feite reg te stel.
Die staat moet die hele kwessie lies laat vaar.

Maar tog is dit erken ·

Tog het die regering erken daar is n lys, hulle het dan nog gese hoeveel plase geidentifiseer is. Identifikasie = gelys.

Jerry ·

Deur onbevestigende inligting te versprei maak die forum homself skuldig aan fopnuus wat in die geval neerkom op valse propaganda. In plaas daarvan om maatreels in plek te gestel het soos onderhandelde skikkings wat duidellikheid sou gee oor OSV en wat die minderheidsgroep se vrese in n mate sou kon besweer, het die forum egter nog niks verder gevorder as om ondermynende konflik soekende inisiatiewe te loods wat blyk deel te wees van n agenda van die forum om op witmense se vrese en naiwiteit te bly teer.

tamboti ·

So by my kool Jerry! Ons ken almal die ANC regering dat hulle baie positief onderhandel en alle partye se belange beskerm, en daarby hou kom wat wil! As dit net nie vir Jan van Riebeeck was nie dan het alles voor die wind gegaan hier in die donker puntjie van Afrika!

Pieter ·

Jerry,
Slaap rustig Jerry maar weet as jy die dag wakker skrik gaan jy jou gat afskrik want dan het manne soos jy niks. Alles onder julle basse uit onderhandel deur een of ander nuwe fw wat sy land en volk sonder sonder of te dink wegonderhandel het.

Casper Labuschagne ·

Kom ek kyk of ek Agri SA se logika volg, die publisering van ‘n lys plase wat moontlik vir onteiening bestem word is “opruiend” maar die beginsel van onteiening sonder vergoeding asook die politici se populistiese aankondigings is hoegenaamd nie of opruiend nie, en is seker ook nie rede vir paniek of selfs bekommernis nie…

Sosialisme is diefstal en dit lê in ons toekoms.

FM ·

Agri Sa julle moet bykom. Is julle vir of teen ons boere? Afriforum is julle een tree voor. Hulle het nie die lys uitgedink nie. Lyk my julle sit en slaap. Intussen het die departement ook erken dat daar so n lys is. Afriforum slaap in die nag, nie in die dag nie. Hulle is wakker, want hulle dra “our people” se belange op die hart. Agri SA is net jaloers omdat AFRIFORUM meer weet as hulle. Kom Agri SA wys met jul dade julle gee om vir ons boere.

HV ·

So het agri sa ook gese met die debakel oor miniraal regte. Staan op vir jou regte AFRIKANER, agri sa gaan dit nie vir jou doen nie.

Callie ·

Agri probeer altyd polities korrek wees. Hulle stuur hulle nie aan die wittes nie. Dankie Afriforum

Penellope Jones ·

Bestaan die lys of nie en as dit bestaan, is die name en plase op die lys die van die wat onteien gaan word?

Lana ·

Die ANC praat dan reguit van 139 plase wat hulle in gedagte het om te onteien. Dink jy nie dat dit beteken daar “is ‘n lys” nie. Ons kan mos somme maak.

TLC ·

As die lys dan so werklik is hkm het afriforum nie self die plaase besoek en die boere ingelig nie hkm dit oor die hele S.A. uitbasuim En doen so daadwerklik iets om hul te beskerm maar nee hul het gedink hul gaan n paar stemme werf Al vat hul wie ookal hof toe dit vat hulle 3 tot 4 jaar voor saak in hof verskyn Nee wat afriforum jul het n plaps gemaak en klaar

Antionette ·

Hoè lànk ďink jy gaan dit vat om elke boer te besoek en te waarsku?? Dis baie vinniger op die manier!!

Lana ·

Dit is besig om te gebeur. Almal wat EIENDOM het moet kennis neem. Daar is nie meer tyd vir saggies fluister nie. Die ANC fluister glad nie!

Mot ·

AfriForum is nie n politieke party nie, waar kom jy daaraan dat hulle wil stemme werf?

Anneli ·

Ek verstaan glad nie waarom Afriforum boere op hulle plase moet gaan inlig insake OSV nie.
Moet die lys geheim gehou word sodat mense soos jy nie die werklikheid in die oë hoef te kyk nie? Jy is in vir ‘n GROOT skrik as jy die dag wakker word……..
Agri SA se uitsprake teen Afriforum is baie verdag, dit is soos om die boodskapper te skiet. Mens moet jou vra of ‘n man soos Dan Kriek instaat is om boere se belange te beskskerm

Whahah ·

PLAPS? Lyk my jy het ‘n plaps gemaak. Ten minste kan die boere nou voorberei vir die verwagte oorname van hulle plase, hetsy deur regsgedinge, internasionale hof, of verskuiwing van bates .. die ANC wou dit nie so gehad het nie .. STEMME VIR WAT?? Julle is so oningelig maar wil Afriforum aanvat . hulle is ‘n BURGERREGTE organisasie GLAD NIE ‘n politieke organisasie wat STEMME hoef te werf nie … Jy het nou ‘n groot PLAPS gemaak.

Dienkie ·

Mnr Kriek ,jy blameer die verkeerde organisasie vir die bekenmaking van hierdie lys. Was die ANC/EFF van plan om so ‘n lys te publiseer sodat die boere hulle kon voorberei, nee ek dink nie so nie. Hulle wil die plase op ‘n slinkse manier bekom. Dit was nie Afriforum wie begin het om te se dat plase onteien gaan word nie. Dit was Cyril Ramaphosa en Julius Malema wie daarmee begin het om te se dat hulle beplan om plase te onteien. Dit is goed dat Afriforum hierdie lys beken gestel het. Meneer Kriek, blameer die ANC / EFF vir die hele grondchaos in Suid-Afrika en nie Afriforum nie.

pieter ·

MNR KRIEK LYK MY JY WEET BAIE VAN DIE LYS AF VOLGENS JOU KRITIEK.HELP DIE MANNE DAN REG.

Hannes ·

Ek sal graag wil weet hoeveel van die gene wat hierbo reageer is komersiele boere. Agri SA is die spreekbuis vir 80 persent van ons komersiele boer en weet presies wat op die grond aangaan.

Lana ·

Hannes, twee dinge –
1. Onteiening het nie net te doen met boere nie. Grondwet praat van EIENDOM.
2. Dit wat jy sê oor Dan Kriek was miskien twee jaar gelede nog waar.

Willie ·

Hannes ek verseker jou 80%’is boere ,maak dit elkgeval saak,dit raak ons almal.

Jan ·

Hannes, kan jy vir ons Agri-SA se ledetal gee? Jy’s mos seker van jou saak dat 80% kommersiele boere, ook Agri-SA lede is.

Piet ·

Nee Hannes hulle was die spreekbuis vir 80% van die boere. Ek dink baie gaan nou aansluit by die TLU. Kry jy nie ook n gevoel van “de ja vu” nie? Die arme mense wat agter kortbroek aangeloop het gaan dit sowaar weer doen!

Leon ·

Wat ‘opruiend en onverantwoordelik’ is, Mnr Kriek, is die feit dat die regering grondonteiening wil deurvoer. Ek stel voor dat, soos Koning Zwelithini, geen doekies omgedra word nie- sou die regering grondonteieng deurvoer, mag die boere dit as antagonisties aanneem, en, soos die Zulu-koning onomwonde verklaar dat hulle sal oorlog maak.
Die tyd vir versigtig trap en mooi-praatjies maak, is verby.

Willie ·

Dan Kriek ek stem glad nie saam met jou siening oor Afriforum, met die bekendmaking van die plaas name. Ek ondersteun Afriforum 100% dat die lys bekend gemaak is,Jou aanval op afriforum is on van pad.

Paniek ·

Paniek is lankal gesaai weens EFF en ANC uitsprake. Nie afriforum nie. Ons kan as gewone burgers sien wat aangaan en julle wat ons nog rond lei aan ons neuse gaan julle dag kry. Niks is so blind soos iemamd wat nie wil sien nie.

marous ·

As die lys in die parlement gesirkuleer het en dit is vals , is dit deel van die beplanning om wittes se hart pille rekening op te jaag . Plaas dat hulle dit saam ondersoek word klippe gegooi . Die feit is die land se leier het dit openlik verkondig en sy gesant het geskreeu dat dit gevat sal word voor wetgewing verander is. Tik maar nog lyste by die duisende dat mense kan wakker skrik en uit die pot spring.

Lerato ·

My eenvoudige vraag is…..

Wat help dit n boer as hy weet sy plaas se naam is op die lys?

Konserwatief ·

Dan, goeie vriend, kan hy solank doen wat hy moet doen. Dis dié dat sekere ander nie wil hê ‘n boer moet weet nie…

Her ·

Dan kan boere solank hulle implemente verkoop en aan buiteland

Lerato ·

Wat sal n boer kan doen as sy plaas se naam op die lys is?

Sal hy n hofbevel kan kry om sy plaas se naam te verwyder?

Lana ·

Vir ‘n ingeligte antwoord – stuur jou vraag aan AfriForum.

Lyste ·

Daar is verseker ‘n lys en die lys gaan tien teen een lyk soos die een van Afriforum. As hy nie doen noe sal die lys dieselfde effek he as Afriforum se lys. Hy wil ons net weer vinnig laat zzzzzzzz.

Ramshoring ·

Saggies praat is duiwelsraad! Skree hierdie nuus uit sodat die Boere kan hoor!!!

Vermeendes ·

Agri SA ondersteun grond hervorming!
As Agri SA so seker is dat hiersie lys fals is dan moes hulle dit tog seker teen die werklike lys getoets het, in daai geval nooi ek Agri SA uit om die werklike lys bekend te maak in hulle besit.

My ope uitnodiging aan Agri SA.

Johanna Botha ·

Nou hoekom sal iemand se daar us n lys ….dalk maak dit mense wakker !

Theunis Kruger ·

Agri SA is daarvoor bekend om ‘n sagte standpunt in te neem, tebang hy maakdie regering kwaad. Mnr Kriek, as enige landbouer, of enige persoon met verstand, polities korrek wil wees in die tye waarin ons leef, moet weet dat hy of sy, sy integriteit verloor het.

Boer vrou ·

Die fokus is nou op is dit die regte lys of nie en hoe kon Afriforum dit doen? Regtig mense! Skrik asb wakker. Die ANC gaan plase vat met of sonder n lys. Dink julle regtig hofsake gaan hulle afskrik!

Die lys is n proeflopie om te kyk of die boere gaan saam staan en veg en of hulle gaan trug sit en wag vir beter dae.

Wel baie mooi Agri Sa baklei met Afriforum baie boere dink niks gaan kom hiervan nie. Die ANC is baie slim met die lys. Want die boere baklei onder mekaar en more vat hulle al die plase.

Skrif is klaar aan die muur. In Zim is daar ook eers hof toe gehardloop en dit het geensins gehelp nie.

Die vraag is wie gaan trug veg of gaan jy trugsit en wakker skrik wanneer dit te laat is

Liana ·

Ek wil net vra of Agri SA weet wat in Zimbabwe gebeur het. Die stelling dat dit nooit mag gebeur nie ,laat my wonder wat aangaan.

Wesley ·

En daar kom dit nou ook dat sommige van die boere wie se plase op die lys is, kwaad is hul so uitgele word vir die vyand. Dit gee die wat opsoek is vir enige rede om plase of land in te val net dit, dat hul glo dit is hul reg indien die ANC klaar oog het daarop. Ja le maar asb jul planne mooi uit vir die vyand. Nou weet hul presies wat om te doen om dit teen te staan. Die vyand is nie so dom soos wat jul dink nie.

Wesley ·

Ja Joe se maar sleg, wys baie af van die tipe mens jy dan is. Ek staan vir die boere. Hoef nie blindelings altyd te volg wat Afriforum vir ons voorse nie. Hul weet ook nie altyd wat bes is vir ons nie, al mag hul met goeie intensies begin dinge doen. Het Afriforum hierdie boere of land eienaars gebel vooraf en aangevra of hul hul plase of land op hierdie publieke lys wil bekend maak? Dit is ook nog ongeverifeerde informasie, self Ernst Roets het gebieg daaroor. En sodoende dalk die mense se land of lewens in gevaar wil stel deur die politiek gedrewe massas na hul voordeur nooi? Hul val klaar land in met die EFF en ANC se opgeweep, of soms sonder enige rede of opsweep, en nou gee Afriforum hul spesifieke besonderhede om te teiken ook nog???

@ WESLEY ·

HET DIE ANC die boere gevra of hulle die LYS mag opstel of bekendmaak? Ten minste gee dit die boere ‘n voorsprong. OPSWEEP?? Nee ou Wesley jy is erg van die spoor af .. en hou op om ander mense persoonlik aan te val as ‘wat se mens jy is’ omdat hulle met jou opinie verskil, maar jy noem self ander mense DOM????? DIE LYS IS OPGESTEL< daar mag dalk 'n paar veranderinge wees MAAR hy bestaan en het uitgelek en nou is die ANC verward omdat hulle die LYS wou WEGSTEEK, ek weet eerder wat vir my wag as wat ek in die donker sit tot 1000 besetters my plaas kom afbrand.

Boeremeisie ·

Sjoe, Dan jy vat AfriForum en ons Boervolk darem maar vlak nê?! Wel ek het nuus van jou…..Franklin Roosevelt het gesê: “In politics nothing happens by accident. If it happens, you can bet it was planned that way!” Wakker word ou…..

Wesley ·

Nuus VAN my boeremeisie? Nee glo nie. Afriforum het nie die mooi uitgedink om boere so te ontbloot vir hul eie gewin nie. Indien maroela ook my ander kommentaar sal plaas, sal dit ook my volle gevoel op die saak wys. Staal jouself al is jou naam nie op die lys nie, soos baie boere wat ek van weet klaar gedoen het. Hoekom nie stilweg en met mening hierdie boere opspoor op die lys en hulp offer in die saak wat gaan kom nie. O nee laat ons liewer almal paniekerig maak en ook ons hand mooi wys vir die vyand…

Lerato ·

As Afriforum se lys vals is, lê n hele klomp boere vannag wakker oor hulle plaas terwyl dit iemand se verbeeldings vlug is.

As Afriforum se lys waar is, wat moet die betrokke boere dan doen? Kry jy dan n hofbevel teen n vermeende lys?

Thinus Erasmus ·

Ou Wesley man, jy sien die saak staan so:
Om eienaars van grond wat net volgens plaasnaam en distrik/registrasie nommer, op te spoor is nie so eenvoudig nie. Die lys gee nie spesifiek plaas- of grond gedeelte nommers nie, en dus kan een plaasnaam verskeie eiendomme verteenwoordig.
Die amptelike manier is om ‘n akte ondersoek aan te vra by die Registrateur en dit kan lank neem en dit moet deur prokureer gedoen word. Die vraag is dan watter gedeeltes is ter sprake en diaardie inligting moet deur die regering self verskaf word – hul ontken blootweg die lys en dus geen inligting nie. (sad face)
Die ander manier is om alternatief te werk gaan – gee die lys vir die mense en vind uit waar en wie se grond moontlik geteiken word deur die STAAT, dit is baie belangrik om te besef hierdie is in lyn wat die regering amptelik verklaar het hul gaan doen.
Dit is presies wat Afriforum nou gedoen het. Onthou net AfriF is nie die vyand nie.
Die onwettige grondbesetters stel nie in “amptelik” belang nie -hul doen hul eie ding waar en wanneer hul wil.
Moenie JY die grondeienaars JINX om te se dat hulle nou juis a.g.v. AfriF se optrede hul grond gaan verloor nie!

Anton ·

Hoe het die Boere voor die ABO georganiseerd begin funksioneer? Ek dink dit was om gemeenskapsleiers te identifiseer. Tyd is nou ryp dat daar weer struktuur gebou word in ons Volk. Voor dit als moet besef word dat die strukture in die valeie gebou moet word en nie op die sigbare bergtoppe nie…

Lerato ·

As ek boer X is en my plaas Y is op Afriforum se lys, wat stel Afriforum moet ek doen?

Die lys het Afriforum tog nie om dowe neute versprei nie.

JA LERATO ·

Die mense gaan regshulp inwin as dit jou vraag beantwoord … JA!. Diegene wat nie meer kans sien nie, op wie se plase al vir jare eise was gaan OPPAK en vlug, ten minste nog die goed red wat hulle kan. Beantwoord dit jou vraag?

Francois de Villiers ·

Die eeu oue proleem, verdeeldheid dan stap die derde een weg met die buit.

DelaRey ·

Dis belangrik dat bevoegde en ervare mense wat strategies kan dink met die regering onderhandel namens boere. Dit sal natuurlik behels dat jy ‘n magsposisie moet bou deur bv. die media te gebruik (soos met die publikasie van die lys van plase). Die publikasie van die lys plaas beslis die regering op die agtervoet.

Die Solidariteit beweging het dié ervaring net soos wat Cyril Ramaphosa wat uit die vakbondbeweging gekom het ook gehad het. Liggewigte soos en Roelf Meyer (en skynbaar Dan Kriek) sal klaaglik misluk.

Ek daag boere wat lid is van Agr SA uit om julle misnoeé met Kriek se uitlating op skrif deur te gee aan Agri SA. Verder stel ek voor jy gebruik jou tak en streekstruktuur om ‘n mosie van wantroue in Kriek te dryf.

Dis tyd vir die regte leiers om op te staan en voor te vat en die liggewigte om weg te staan. Die volgende stap is strategiese samewerking met Afriforum en Solidariteit.

Komaan boere bring julle stem uit!

#Plasie ·

So lees ek nou al die kommentaar. Saamstaan was nog nooit groot onder die Afrikaner nie. Paniek of nie die waarheid lê voor ons neuse. Grond, eiendom en lewe gaan hulle vat. My grootste wens is dat ons ophou om teen mekaar te baklei en saamstaan/stem vir eens. Beide die organisasies is vir die Afrikaner (Nie net boere nie). Die bestuur van die organisasies moet besef dat mense lewens sowel as eiendom op die spel is insluitend hulle eie.

Danie ·

Agri Forum – Die dae is verby dat Afrikaners blindelings agter sogenaamde polities regte kant groepe volg. Ons was verskeie kere al bedrieg en om die bos gelei. Julle het lankal reeds julle integriteit op die spel geplaas , gaan so aan, julle ondersteunings basis is buitendien besig om afwaarts te gaan. Julle het alreeds regerings “puppets”geword.
Afriforum- Welgedaan!! moenie terugdeins nie. Dit is reg wat julle doen, vlek oop wat agter toe deure aan die gang is, publiseer dit, hou die publiek ingelig, dit is die kern van ‘n gesonde demokrasie. Julle het nie paniek gesaai nie, julle het met die publiek gedeel wat ons nodig het om te weet.
Hoe op aarde kan die regering op verskeie forums aankondig dat hulle grond gaan onteien sonder vergoeding, dit sonder enige voorsiene lyste en beplanning, waar is Agri Forum se logika ?? In ‘n “surprise” aankondiging laataand kondig die president aan onteiening sonder vergoeding as die pad vorentoe. Ministers het hulle reeds uitgespreek dat sulke planne in plek is voor die president se aankondiging. Nee menere en dames by Agri Forum, julle het reeds julle ware kleure gewys.
Daar is nie meer plek en ook nie ‘n aptyt by ons om te kyk na pragtige dans passies rondom die waarheid en realiteite .
Afriforum – dankie vir jul onbaatsugtige en dapper standpunte wat julle inneem, so verseker en anker mens ware demokrasie!!

Kobus ·

Tipies ons nasie. Ons kan net nie saamstaan nie. Soveel boere-soveel opinies.

RN ·

Nou is dit weer wit teen wit. Plaas en staan julle eerder saam. Dis ons ou volkie se ondergang. Ongelukkig. Die Afrikaners kan nie saamstaan nie. Die een moet altyd die ander een probeer aftrek.

Ore ·

Maak nie saak wat Afriforum se intensie was nie,wat hulle wel reggekry het is om die blankes te verdeel,presies wat die ANC en EFF beoog met grondhervorming.My opinie is steeds dat Afriforum groot verwarring,emosie en verwarring veroorsaak.As jou feite korrek is,waarom nie jou bronne bekend maak nie?

Frik ·

Ore dis snert. Deur die lys bekend te maak word die regering onkant betrap en is almal nou bewus dat daar wel so n lys is wat uitgelek het. Boere moet nou ondersteunende strukture skep sodat waar besetting plaasvind hulp binne minute daar kan wees en dat daar met mag vertoon moet word dat geweld met geweld teen gestaan sal word. Afrika het bewys die sterke heers en lamsakkige niksdoen word as n swakheid beskou. As jy nie teen n boelie opstaan nie sal hy jou altyd boelie maar slaan hom eerste en dan stop hy en is sy bravade iets van die verlede.

Lerato ·

Help my asb reg as ek berkeerd is. Ek is bewus daarvan dat Agri SA , met die regering onderhandel oor grond kwesies.

Doen Afriforum dit ook?

Lerato ·

Help my asb reg as ek verkeerd is. Ek is bewus daarvan dat Agri SA , met die regering onderhandel oor grond kwesies.

Doen Afriforum dit ook?

HPV ·

Dan Kriek het voorheen gesê die boere het ‘n blink toekoms en sal self hul toekoms uitwerk, hulle het ‘n plan! Mense los die boere dat hulle doen soos Kriek en ander landbou unies beplan. Kom ons doen ons eie ding in die stede en dorpe, ons het net so baie indien nie meer om te verloor. As die waarde per hektaar van besighede en wooneenhede in ag geneem word het ons meer om te verloor met onteiening sonder vergoeding.

Kosie ·

Afriforum het ‘n breér mandaat as Agri SA. Laasgenoemde verteenwoordig ge-organiseerde landbou. Afriforum het nie Agri SA se toestemming nodig om enige aksie te dryf wat in hulle mandaat val nie.

Kriek het te ver gegaan om Afriforum te kritiseer. As hy nie saamgestem het nie kon hy sy mond gehou het in plaas daarvan om verdeelheid te skep. Met hierdie oordeelsfout wys hy hy is nie opgewasse vir die taak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.