Agri SA kap regering oor nuwe grondbesitplanne

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

Agri SA het gesê die regering se planne om grondbesit verder te beperk sal “rampspoedige gevolge vir die instandhouding van ʼn lewensvatbare en mededingende kommersiële landboubedryf inhou”.

“Die grondhervormingvoorstelle wat min. Gugile Nkwinti in die parlement aangekondig het, en meer bepaald om plaasgroottes te omskryf en te beperk, is ʼn terugwaartse stap na ʼn uitgediende sosialistiese en sentrale beplanningsbenadering wat vir die land onbekostigbaar is. Dit is verder teleurstellend dat die minister ook weereens teikens wat voorheen in dié verband gestel is, binne ʼn kort tydsbestek wysig,” het Johannes Möller, president van Agri SA, gesê.

Volgens Möller kom hierdie aankondiging terwyl ʼn ministeriële raadplegingsproses nog oor aangeleenthede soos beperkings op grondbesit en alternatiewe modelle vir bemagtiging onderweg is.

“Tydens die debattering van voorstelle in die Groenskrif oor Grondhervorming oor beperkings op grondbesit, is op grond van internasionale ervaring bevind dat dit onhaalbaar is. Talle praktiese toepassingsprobleme, insluitend dié van landbou-ekonomiese aard, administratiewe toepassing, korrupsie en regsonsekerheid is redes waarom hierdie benadering tot grondhervorming vermy moet word.”

Agri SA het gesê hy vertrou dat daar met verdere debattering van hierdie voorstelle ʼn bereidwilligheid sal wees om met objektiwiteit na besware teen hierdie benadering te luister en eerder aandag te gee aan alternatiewe benaderings vanuit die bedryf wat met die nodige staatsondersteuning veel beter resultate kan oplewer teen ʼn veel laer koste.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
ig van rooyen

Hierdie slim mense soos Agri en VF en ander al gevra wie gaan die skuld aan die bank betaal as hul my plaas vat want ek gaan nie n moer dit betaal nie wat van die akte ens

scalla

Hul het geen benul wat aangaan nie, nie grondhonger nie maar wel geldhonger, weinig sukses is behaal deur die wat reeds grond gekry het, voedselsekerheid word op die spel geplaas.

Manie

Waarmme is Die ANC nou weer besig om te konkel. Elke keer word die uitsprake verander as iets nie na hulle sin is nie .
sodra hulle die een of ander verkiesing verloor hoe paniekerig raak hulle en sal dan enige aankondigings doen om kieser gewild te raak.

George van Centurion

Ek kry die gevoel dat hierdie stryd net nooit gaan ophou nie. Daar is ‘n voordurende aanslag op die Afrikaner en sy besittings. As ek die situasie reg lees dui dit vir my net op een ding …… ‘n fisiese konfrontasie. Dit gaan baie jammer wees want die bloed gaan vloei. As dit so moet wees, hoe gouer hoe beter. Hierdie lae intensie oorlog wat teen die Afrikaner gevoer word is besig om sy tol te eis. Ek weet stryd maak ‘n mens sterker maar dit knak ook uiteindelik ‘n volk se gees. Die vraag wat onwillekerig by my opkom… Lees meer »

Johannes

Ek het lanklaas so lekker gelag.