Agri SA kap regering oor nuwe grondbesitplanne

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

Agri SA het gesê die regering se planne om grondbesit verder te beperk sal “rampspoedige gevolge vir die instandhouding van ʼn lewensvatbare en mededingende kommersiële landboubedryf inhou”.

“Die grondhervormingvoorstelle wat min. Gugile Nkwinti in die parlement aangekondig het, en meer bepaald om plaasgroottes te omskryf en te beperk, is ʼn terugwaartse stap na ʼn uitgediende sosialistiese en sentrale beplanningsbenadering wat vir die land onbekostigbaar is. Dit is verder teleurstellend dat die minister ook weereens teikens wat voorheen in dié verband gestel is, binne ʼn kort tydsbestek wysig,” het Johannes Möller, president van Agri SA, gesê.

Volgens Möller kom hierdie aankondiging terwyl ʼn ministeriële raadplegingsproses nog oor aangeleenthede soos beperkings op grondbesit en alternatiewe modelle vir bemagtiging onderweg is.

“Tydens die debattering van voorstelle in die Groenskrif oor Grondhervorming oor beperkings op grondbesit, is op grond van internasionale ervaring bevind dat dit onhaalbaar is. Talle praktiese toepassingsprobleme, insluitend dié van landbou-ekonomiese aard, administratiewe toepassing, korrupsie en regsonsekerheid is redes waarom hierdie benadering tot grondhervorming vermy moet word.”

Agri SA het gesê hy vertrou dat daar met verdere debattering van hierdie voorstelle ʼn bereidwilligheid sal wees om met objektiwiteit na besware teen hierdie benadering te luister en eerder aandag te gee aan alternatiewe benaderings vanuit die bedryf wat met die nodige staatsondersteuning veel beter resultate kan oplewer teen ʼn veel laer koste.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

ig van rooyen ·

Hierdie slim mense soos Agri en VF en ander al gevra wie gaan die skuld aan die bank betaal as hul my plaas vat want ek gaan nie n moer dit betaal nie wat van die akte ens

scalla ·

Hul het geen benul wat aangaan nie, nie grondhonger nie maar wel geldhonger, weinig sukses is behaal deur die wat reeds grond gekry het, voedselsekerheid word op die spel geplaas.

HJ Bester ·

Afrika het alreeds die honger kontinent geword as gevolg van onkundigheid en swak bewerking van die landbougrond. Suid-Afrika se lot, indien die Zuma-regering voortgaan met sy planne, is net nog ‘n volgende honger Afrika-land – en wat ook op die ou einde deur die Weste gevoed moet word.

Manie ·

Waarmme is Die ANC nou weer besig om te konkel. Elke keer word die uitsprake verander as iets nie na hulle sin is nie .
sodra hulle die een of ander verkiesing verloor hoe paniekerig raak hulle en sal dan enige aankondigings doen om kieser gewild te raak.

CHRISTA ·

Die ministers kan nie eers hulle plase bestuur nie (varke vreet mekaar op, want hulle kry nie genoeg kos nie!!), hoe dink hulle gaan onkundige mense kan boer? Hulle wil net die grond hê om ‘n bietjie mielies te kan plant vir eie gebruik en vir weiding vir ‘n paar vee!! Die res lê bar en leeg!!!

George van Centurion ·

Ek kry die gevoel dat hierdie stryd net nooit gaan ophou nie. Daar is ‘n voordurende aanslag op die Afrikaner en sy besittings. As ek die situasie reg lees dui dit vir my net op een ding …… ‘n fisiese konfrontasie. Dit gaan baie jammer wees want die bloed gaan vloei. As dit so moet wees, hoe gouer hoe beter. Hierdie lae intensie oorlog wat teen die Afrikaner gevoer word is besig om sy tol te eis. Ek weet stryd maak ‘n mens sterker maar dit knak ook uiteindelik ‘n volk se gees. Die vraag wat onwillekerig by my opkom is naamlik: kan ‘n mens nog onderhandel met mense wat geen woord van eer het? Ek weet nie meer nie. Miskien is daar iemand wat my kwelvrae kan antwoord. Al wat my regop hou is my geloof. Ek weet dat hierdie wêreld nie ons tuiste is nie en dat ons slegs reisigers is. Maar mag ons nie in rus en vrede deur hierdie wêreld reis nie?

Gielie ·

Ek is seker die minister praat uit sy beurt uit, want hy is duidelik nie bewus van al die maatreëls wat FW de Klerk en sy kaders destyds in die grondwet ingebou het nie. Als is mos in plek sê hy, Roelfie en Pik tog so dikwels. Toe kom nou FW, kom vrrduidelik tog dat almal ophou om bekommerd te wees.

Andre ·

Die vraag is hoeveel blankes is daar nog regtig in die land oor en hoekom is die paar van ons steeds suksesvol wat wil werk en Boer. Hoekom is Zimbabwieers en Nigerieers meer suk ses vol om n besigheid op die been tebring en hoekom wil hulle Blankes se grond en besighede onder druk sit Ek dink hulle het so gewoont geraak aan al die Miljoene wat in die ou bedeling vir die Tiuslande gegee was uit die belasting betalers se sake uit dat hulle nou n ander manier moet soek om daai geld in die hande te kry want die ou regering is nie meer daar om dit uit te deel nie Kan FW dalk vir ons se hoeveel daai tius lande elke jaar gekry het. Ek het ook 4 familie lede in die politiek gehad en hoekom het ek nie n plaas en n Mersedez nie en moet my vrek werk om kop bo water te hou geld is Baas dis die antwoord

Annoniem ·

Wat het van die Tuislande geword. Wie het daardie grond gekry na 1995. Blanke of Swartes? kan iemand vir my asseblief se

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.