Agri SA kap ‘sinnelose’ moorde op boere, polisie

(Argieffoto: Anja van der Merwe)

Die landbouorganisasie Agri SA sê die jongste misdaadsyfers dui op ʼn toename in plaasmoorde in die derde kwartaal van die 2020-’21-boekjaar: ʼn Styging van altesame 13 moorde van die ses moorde in 2019-’20 tot 19 in 2020-’21. Terselfdertyd is vyf polisiebeamptes vermoor in dié tyd vermoor.

Kort nadat die minister van polisie, Bheki Cele, die syfers bekend gemaak het, is nóg polisiebeamptes boonop vermoor, moorde wat Agri SA as “sinneloos” bestempel het.

“Agri SA veroordeel alle moorde op mede-Suid-Afrikaners ten sterkste, maar veral dié op boere en polisielede wat moet verseker dat landsburgers genoeg kos het om te eet en in veiligheid te leef,” sê Uys van der Westhuijzen, voorsitter van die organisasie se sentrum van uitnemendheid vir landelike veiligheid.

Uys sê boere en polisielede is van strategiese belang vir die land. “Boere is verantwoordelik vir voedselsekerheid en die polisie vir die handhawing van wet en orde.

“Daarom is moorde op boere en polisielede onaanvaarbaar en maak dit ’n inbreuk op die lewenskwaliteit van lede van die sektore.”

Die organisasie sê hy besef watter traumatiese uitwerking ʼn moord op gesinne en gemeenskappe het en betuig sy medelye met hul naasbestaandes.

Maroela Media het vroeër berig twee polisiebeamptes is die afgelope naweek vermoor toe hulle in Kraaifontein oënskynlik in ʼn hinderlaag gelei en van hul dienspistole beroof is. Die twee was besig met ʼn patrollie in die gebied.

Verlede week is vier beamptes ook in KwaZulu-Natal in verskillende voorvalle vermoor en Cele het beamptes daaraan herinner dat dit binne hul mag is om dodelike geweld te gebruik om hulself te verdedig.

Agri SA sê die land kan nie bekostig dat sy boere en polisielede op so ʼn wreedaardige manier vermoor word nie.

“Boere en polisielede is van strategiese belang vir die land en die handhawing van nasionale stabiliteit. Ons wil graag ’n beroep doen op gemeenskappe om misdaadverwante inligting met die polisie te deel om sodoende die polisie in staat te stel om voorkomend te kan optree.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Hennie

As boere vermoor word, dan kan die ool nie minder voel nie, maar as die pote geteken word dan wil hy “force” gebruik… DUBBEL STANDAARDE!

Persheks Adri

#Alle lewens maak saak!!!

Werner

Kan nie verstaan nie AGRI ? Julle hou dan altyd sulke deurslaggewende gatkruip vergaderings met die ministers.Nou werk dit dan nie?

Nette

Wie skree van elke platform af dat boere en polisiemanne vermoor word???

Cherokee

Die boere is nog nie daaraan herinner dat hulle dodelike geweld kan gebruik om hulself te verdedig, nie.