Agri SA: ‘Ons het meer swart boere nodig’

Paul Mashatile, ANC-tesourier, Omri van Zyl, uitvoerende hoof van Agri SA, Maite Nkoana-Mashabane, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, David Mabuza, adjunkpresident, en Dan Kriek, president van Agri SA. Foto: Twitter via @AgriSAOfficial

Dan Kriek, president van Agri SA, het Donderdag gesê Suid-Afrika het meer swart boere op meer swart plase nodig “op ʼn volhoubare en ordelike manier”.

Kriek het dié uitsprake gemaak tydens Agri SA en Landbouweekblad se twee dag lange grondberaad wat buite Bela-Bela in Limpopo gehou word. Die beraad kom vandag tot ʼn einde.

Volgens Agri SA word die beraad aangebied om oplossings vir landbou-transformasie te vind. Verskeie sprekers het oor die twee dae beraadgangers toegespreek, onder wie suksesvolle swart boere wat hul ervarings kom deel het.

Kriek het Donderdag by die beraad gesê Suid-Afrika ervaar ʼn politieke dilemma weens apartheidsonderdrukking en die diskriminerende praktyke van die verlede. Volgens Kriek lê die oplossing daarin “om ʼn hand van vriendskap en samewerking na die regering en ons medeboere uit te reik”.

Kriek het gesê daar moet ʼn plan bedink word om grond vir behuising in stedelike gebiede, asook grond vir industrialisasie en boerdery te verskaf. “Ons het meer swart boere op meer swart plase nodig op ʼn volhoubare en ordelike manier. Ons kan nie onsself uit die moeilikheid onteien nie, ons moet onsself daaruit ontwikkel.”

Oor David Mabuza, adjunkpresident, se stelling vroeër die dag dat die regering nie ten gunste is van onwettige grondgryping nie, het Kriek gesê dié verbintenis is bemoedigend. “Agri SA verwelkom die uitnodiging van die adjunkpresident om deel van ʼn interministeriële komitee oor grondhervorming te wees. Dit beteken dat georganiseerde landbou ʼn oorsig van die beraadslagings in die komitee sal kry.”

Maroela Media het vroeër berig Mabuza het gesê die regering se grondhervormingsproses hou geen direkte bedreiging vir die landboubedryf of die ekonomie in sy geheel in nie. “Ons boere moet aanhou om hard te werk, in hul plase te belê en produksie te vermeerder, terwyl hulle terselfdertyd ʼn hand van samewerking na die regering reik om te verseker dat al hoe meer Suid-Afrikaners deur georganiseerde en sistematiese toegang tot grond deel van die bedryf kan word,” het hy gesê.

Kriek sê Agri SA sien daarna uit om werkbare oplossings vir volhoubare landboutransformasie te vind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Shaun ·

Om i boer te wees beteken jy moet hard werk……………..die land bewerk nie homself nie……

hendrik ·

Agri SA , verduidelik vir my baie stadig waar kry julle daai antwoord. Se sommer vir my waarom lyk die plase wat hulle reeds by die regering gekry het soos dit lyk.

Groenie ·

Wonder waarom daar niks gesê word oor die meer as 2000 plase wat in die mark is nie.
Hulle stel nie belang nie, wil alles verniet hê of gryp!

Sieg ·

Asseblief Agri SA julle planne moet net werk, dan kan sukses kom. n Plaas is n besigheid dit kos bloed sweet om te laat werk!

Liberaal ·

Sies, hulle is getroue dienaars van die NWO en jy moet aanvaar dat die globale elite die land se hulpbronne soek, aanvaar dit net. Lees die linkse massamedia hoe om hieroor te dink.

Santjie ·

Dit is seker so dat daar meer swart boere kan wees en ek het nie ‘n probleem daarmee nie, MAAR dan moet dit “fair and square” wees. Die manier wat dit nou gedoen word is nie regverdig nie – koop die plaas dan wat die boer sy lewe lank aan opgebou het. Nie net die pragplaas vat sodat jare se harde werk en trots ten gronde gaan nie.

waco ·

dit is ongelooflik dat n landbou unie na alles wat die afgelope klomp jare se lieg en bedrieg deur die anc nog steeds luister en glo wat daar gese word. Dit is hartseer om te dink agri sa is net n gewillige mondstuk van die anc om die blanke boere te paai. as dit nie was vir Afri Forum en TLU is ek bevrees was ons dalk al ons grond kwyt. Ek bedank uit agri sa as lid want ek wil nie deel van so n papbroekige organisasie wees nie. en ek sluit aan by TLU SA.

Cherokee ·

Netjiese besluit, Jaco. Soos Kriek gesê het, jy kan jouself nie uit (Agri SA) onteien maar moet jouself daaruit ontwikkel. Ons hou van die ontwikkeling wat jy doen deur hulle onder die agterstewe te skop.

Onverteenwoordig ·

Wie dink AgriSA is hulle om namens ons gewone boere te praat? Hulle moet nie maak asof hulle my verteenwoordig nie.

Geert ·

Mnr Kriek
Gee ons een enkele rede waarom ons die ANC behoort te vertrou. Of gaan ons ook later vir AGRI SA moet vra “nou wat het julle gedink”

Tiaan ·

Agri SA weergalm die woorde van die ANC. Dit is jammer want ons het meer Boere nodig punt. Dit sluit wit boere in. Die daling in getalle is juis die problem wat AgriSA moet aanspreek, veiligheid en sekerheid is noodsaaklik.

Loon ·

Nou begin dan by jou plaas op Tweeling in die Vrystaat Dan, gee jou grond vir hulle om mee te begin…..
Wonder of jy dan so gelukkig sal lyk as op die foto?

Gerhard ·

Die manne onderhandel altyd ander mense se regte en eiendom weg. Kyk maar hoe gaan dit met die wat dit voorheen gedoen het. Dit is die man op straat wat daarvoor betaal.

Dankbaar ·

Mens waardeer net dit waarvoor jy gewerk het. Dit wat net in jou skoot val word nie na omgesien nie.
Na 1994 het my man ook sy werk verloor. Ons het besluit om op die grond wat hy geerf het te begin boer.
Geen infrastruktuur, geen implimente en met slegs R70 000 duisend( dit is korrek.) pakket geld en baie geloof het ons begin.
Daar was 4 kinders om te onderhou. 1 Op universiteit, 1 op landboukollege , en 2 laatlamme in gr 1 en 3.
Ons was met die rug teen die muur.
Harde werk en baie gebede het ons deur droogte en haelskade gedra.
Vandag kan ons terug kyk met GROOOOT dankbaarheid oor al die seeninge.
4 Gegradueerde kinders wat werk en grond waarop ons nogsteeds inkomste vir onsself kan verdien.
Dit maak my so hartseer as die mense goed opgeboude produktiewe plase kry en na ‘n paar jaar is daar net chaos.
Al die boerderye is nie soos” Mega Boere” nie
Kan nie daarna kyk nie want ons het nie DSTV nie.
Ongelukkig dink baie mense hulle moet soveel soos die groot boere hê om ‘n begin te maak. Dis ‘n vals beeld. Daar is min in daardie klas.
Alles moet gegee word. Grond, nuwe implimente, insette en markte.
Ek raak ook ongelukkig oor al die gegee en gekruip deur instansies maar bly diep dankbaar vir wat ons het.
Maar vir hoelank nog?

Anoniem ·

Welgedaan, julle dien as voorbeeld vir baie ander. Lekker boer.

Al ·

Grond gaan hul nie ryk maak nie, kyk hoe onsimpatiek was die regering tydens droogte met ons boere. Die meeste hulp het van buite gekom.
Wie weet dalk swaai hul hul grondjie vir ñ ou geldjie

bgj van der westhuizen ·

agri sa raak wakker en kom by hulle soek nie grond om op te boer nie hulle wil plak ja ons benodig boere maak nie saak van watter kleur nie dit is harde werk en jammer die suid afrika se swart bevolking is nie lief vir harde werk nie nen waar is al die 4000 plase wat die egering al klaar het word op dit geboer kom wys vir ons hoeveel van daar die plase het n oes gehat in die laaste jaar

Loeis ·

Dan Kriek se stellings is bitter vreemd, om die minste te sê.

Meer swart boere is nodig – beteken dus dat meer boere nodig is, maar net as hulle swart is? Ons is mos nou ‘n nie-rassige demokrasie?

Hy sê ook dat dit bemoedigend is dat onwettige grondgrype nie geduld sal word nie. Beteken dit dat dit in orde is solank grond wettig sonder vergoeding onteien word, soos wat met die wysiging aan die grondwet beoog word?

Dan verwys Kriek ook – heel polities korrek – na die onregte van die verlede. Kan hy dalk vir ons sê wie die afgelope meer as 20 jaar swart boere gefaal het met grondhervorming?

zoom zoom ·

Ek dag dan ‘n mens mag nie meet verwys na ‘n swart persoon nie omdat dit rassisties is. Is ek verkeerd of???????

Judge Dredd ·

Natuurlik kort Agri SA meer swart boere – want julle is besig om steun by die wittes te verloor.

Charles ·

Agri SA – “appeasers of the VERY WORST sort- they will get their comeuppance very soon.”

Verraaiers, lafhaarts, “appeasers”, Empatielose geldwolwe, slawe aan Mammom, die uitverkoop aan Mammon van ons geliefde mede Boere is BELANGRIKER as die Boere se lewens en oorlewing. O ja, ek het vergeet van VERFOEILIKE PASIFISTE.

Dank die Here tog vir Afriforum, die TLU en VF Plus!

JC ·

Oraait- kom ek verstaan dit mooi reg: Die ANC en die onregmatige “regering”- wat dink een man een stem gee hulle die reg om oor minderheids-en taalregte (onder andere) te trap- het reeds verniel: Die howe, die gehele funksionering van SA as administratiewe staat, die owerheidsisteem- d.i. munisipaliteite- , wet en orde, die oppergesag van die reg- dink maar aan die kovsie uitspraak, die voorheen uitstekende staats-tersiere onderrig stelsel, volgende op die lys vir “transformasie” – lees vernietiging – is die onderrig van ons kinders in ons skole in ons taal, die uitstekende private gesondheidsdiens-sektor en die landboubedryf.

Die vermetelheid!

Raait, ek het dit !!!

ZAR ·

Ek sien my kommentaar oor Dan Kriek as buikspreker pop is verwyder. Ek sal dit dan nou nie weer herhaal nie. Kom ek sê net so, hoeveel moet ons nog gee?

Oningelig ·

In die Bybel staan daar :”my volk gaan ten gronde weens ñ gebrek aan kennis:. Arme AgriSA wil julle nie asb net gaan leer by Zim nie.. grondgrype was ook glad nie wat hulle be-oog het nie, en kyk wat het gebeur. Glo julle regtig die massas sal in toom gehou kan word, sonder bloedvergieting. Staan tog net vir een keer in jul lewe op soos ñ man en erken julle faal die boere. Julle is nie aan die boere se kant wat jaar in jaar uit swoeg en sweet nie…..Pasop julle weet blykbaar nie wat kan seerkry as jy op ñ draad sit nie.

Om die bos gelei. ·

So wat AgriSA eintlik vir ons sê is ” daar sal wigte en teenwigte wees”.

Johan Stander ·

Mnr. Kriek, leer asb uit jou geskiedenis. Wat het met Piet Retief gebeur?

Gerhard ·

Hierdie Retiefs is slimmer, hulle oorleef maar die volk word vermoor.

Lerato ·

OSV is nie n nuwe verskeinsel in SA nie.

Die Landswet van 1913 het sekere gebiede as blanke gebied verklaar en die res as trust gebiede. Die blankes het sowat 90 % van die grond gekry en swartes sowat 10%. ( Verwoerd het dit later verhoog tot 13%)

Die swart gevestigde boere wat toe op die blank verklaarde grond geboer het moes toe hulle vee teen weggee pryse verkoop.

Sou hierdie swart boere nie omderhewig was aan OSV nie, sou daar vandag n sterk swart middelklas boere gewees het

JG ·

@ Lerato…jy is op die verkeerde Forum…vergewis jouself tog net wat in die res van Afrika aangaan…

Lerato ·

Gerhard

Het ek iets gesê wat nie feitlik korrek is nie?

As jy jou feite nagaan sal jy agterkom .dat daar wel welvaarende swart boere was.

Die res van Afrika se grondstowwe is koloniaal geplunder.

Gerhard ·

Is daar iets wat ek gesê het wat nie feitlik korrek is nie? Jou stelling is nie feitlik korrek nie omdat aanvaar dat daar sterk middelklas sou wees van swart boere vandag. Daar was ‘n minderheid swart boere wat suksesvol was in die verlede, net soos daar vandag is. Die feit dat daar wel suksesvolle swart boere was in die verlede impliseer nie ‘n sterk middelklas van swart boere vandag, as dit nie vir onteiening van daardie tyd was nie.

Jack Loggenbeeg ·

As oud TLU SA BESTUURDER: EIENDOMSREG wil ek wyle Willem Lewies se standpunt herhaal:
As jy omderhandel oor iets wat jy reeds het SAL jy verloor!!
Pasop vir die volgende fase wanneer erfreg rakende grond aangespreek / verbied word
Agr SA het daardie woorde afgelag en slimplanne aangebied. Self na die Eiendomsreg Konferensie van 1998. Lank voordat enige van die bestaande LB leiers woordvoerders geword het. Nog voor dr Chris Jordaan, Bennie van Zyl! Wees eerlik met jul boere. Hul verdien dit.
Dit was ook die motiveerder vir 3 besoeke aan VSA waarby ek self betrokke was.
VF-PLUS EN AFRIFORUM se benadering is die enigste oplossing. Dankie dr Pieter G & Ernst en Kallie.
Sterkte!
Die wet van die oerwoud, broers!

Jack Loggenbeeg ·

Ek haal wyle Willem Lewies aan:
As jy omderhandel oor iets wat jy reeds het SAL jy verloor!!
Pasop dat erfreg verbied word
Agr SA het dit afgelag. Eiendomsreg Konferensie 1998! Voor Chris Jordaan! Wees eerlik met boere. Hul verdien dit.
3 VSA besoeke tot 2004
VF & A/FORUM is oplossing. Dankie dr Pieter G, Ernst en Kallie. Sterkte!
Die wet van die oerwoud, broers!

Natasha ·

In 1913 was daar 4,5 miljoen swartes daarom 13 % grond…doen hou navorsing asb.

Daan Dup. ·

Hoe kan mense nog met n bankrot kommunistiese staat onderhandel.Dit gaan my verstand te bowe!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.