Agri SA se president bedank

Dan Kriek, uittredende president van Agri SA. (Foto: Agri SA)

Dan Kriek, president van die landbou‑organisasie Agri SA, het weens “gesondheid- en stresverwante redes” en na “lang en deeglike oorweging” bedank.

Sy bedanking tree op 31 Desember in werking.

Agri SA sê Kriek gaan voortaan op sy sakebelange en boerdery fokus.

“Agri SA gaan nou ʼn kritieke tydperk binne waar baie tyd en energie bestee sal moet word om die Grondwet te beskerm en om volhoubare grondhervormingsoplossings te vind,” het Kriek gesê.

“Die organisasie gaan dinamiese leierskap nodig hê om dié uitdagings te hanteer. Die aansien wat die organisasie tans het, is danksy baie harde werk en het nog altyd groot eise aan die leierskap gestel, insluitend myself.”

Agri SA het gesê Kriek was nou verbind met Agri SA en die organisasie se werk.

“Agri SA wil sy opregte dank aan Dan uitspreek vir sy leierskap die afgelope twee jaar en die rol wat hy gespeel het om Agri SA as ʼn invloedryke organisasie te posisioneer. Dit speel ʼn belangrike rol in die toekoms van Suid-Afrika en veral die landbousektor,” het Pierre Vercueil, adjunkpresident van Agri SA, gesê.

Vercueil sal as president waarneem tot Agri SA se kongres aanstaande jaar gehou word en ʼn president daar gekies kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Gerhard ·

Hoop die leierskap val in die regte hand tot onlangs was die goed bestuur

Koos ·

Dan Kriek is baie onlangs nog herverkies as president met sy toestemming. Vanwaar die bedanking? Lyk my die publikasie van onteiening sonder vergoeding in die staatskoerant het hom gevang.

Gaitsigubib ·

Ja ek sal nou nie weet wat word spesifiek bedoel met “goed bestuur nie”. Ek glo dat n paar mega boere sou wel baat vind by hul bestuur, al is dit dan van korte duur. Hulle “samewerking” met die ANC regering het die tafel gedek vir onteiening sonder vergoeding. Hulle lede moet eerder bedank en by die TLU aansluit. As die ANC dan wel eendag alles vat, het mens hulle ten minste nie gehelp om dit te doen nie!

Stephan ·

Good riddance. Laat my so baie aan de klerk dink. Hoop nie hy hardloop terug Vrystaat Landbou Unie toe nie.

Ellisras ·

Dit is net ‘n verkeerde woordkeuse. Hy kon nie aftree nie want hy is nie ‘n werknemer nie. Dan het bloot uitgetree. Na baie jare se goeie, getroue diens.

PJC ·

Ek dink die arme man is wreed ontnugter deur wat besig is om te gebeur in die land t.o.v. grondbesit.

Skepties ·

Dit is net hy wat dink Agri SA het aansien. As die ANC jou kan gebruik laat hulle jou so voel.

Jongboer ·

Dan Kriek is n man met n hart van goud. Hy wou ook maar net probeer oplossings kry, hy het darem nie soos meeste Suid Afrikaners op sy gat gesit en moan nie

Gert R@Midstream ·

Niks is maklik nie. Die oorvol nonsens op alle vlakke van bestuur in die samelewing het so vermenigvuldig dat bo menslike krag en betrokkenheid nie aan objektiewe benaderings kan voldoen nie. Helse “deurmekaar spul”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.