Agri SA verseker toegang tot water vir boere

Argieffoto: Wikimedia

Agri SA het Vrydag sy toegewyde Watersentrum van stapel gestuur wat gaan fokus op die prioriteit om regverdige toegang tot water vir Suid Afrikaans boere te verseker.

Hierdie inisiatief is in reaksie op die verskeidenheid uitdagings wat landbou-watergebruikers in die gesig staar, wat uiterste droogte, klimaatsverandering en water-infrastruktuur wat nie behoorlik in stand gehou is nie, insluit, het die organisasie in ʼn verklaring gesê. Die situasie is soveel meer dringend gegewe verskeie beleidsvoorstelle wat gelyktydig die koste van water kan verhoog terwyl die beskikbaarheid verlaag word.

Agri SA het gesê die watersentrum sal onder meer op waterbeleid en wetgewende voorstelle soos die Nasionale Water- en Sanitasiemeesterplan en die Nasionale Waterhulpbronstrategie fokus. “Die huidige wysigings aan die Nasionale Waterwet sal byvoorbeeld die koste van water vir landbougebruikers bepaal, wat wys hoekom dit nodig is om met die regering en ander belanghebbendes van die begin af te skakel om na ʼn regverdige resultaat te werk. Die Agri SA Watersentrum sal ook insette tot die Water Navorsingskommissie (WRC) op navorsingprioriteite lewer en sal as forum optree vir top waterkundiges om hul insigte op ʼn betekenisvolle manier te deel.”

Die Agri SA Watersentrum sal gelei word deur Janse Rabie, ʼn omgewingsprokureur en hoof van Agri SA se natuurlikehulpbronnesentrum van uitnemendheid en Gregory Smith, ʼn waterwetenskaplike.

“Die Agri SA Watersentrum gaan ʼn eenstop-sentrum vir lede van Agri SA wees, waar hulle tydige informasie en advies op alles water-verwant kan kry,” het Rabie gesê. “Gegewe die kompleksiteit van waterregte en die snelveranderende beleidsomgewing, glo ons dat ʼn toegewyde watersentrum die beste manier is om landbou-watergebruikers op hoogte te hou van alle regsontwikkelinge wat ʼn impak kan hê op die manier hoe hulle boer en besigheid doen.”

Dan Kriek, president van Agri SA, het gesê Agri SA is op die voorpunt van wetgewende en beleidsontwikkeling rakende die water-sektor in Suid Afrika. “Agri SA poog om die regering en sleutelspelers in hierdie fundamentele area in samewerking en goeie navorsing-insigte te ondersteun.”

Agri SA nooi sy lede en ander belangstellende groepe om kontak met die Agri SA Watersentrum te maak om uit te vind hoe hulle betrokke kan raak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Drupbesproei ·

Ek hoop baie meer boere beplan om weg te doen met sprinkel en veral vloedbesproeiing en eerder meer waterbesparende drupbesproeiing aan te neem. Ons moet ook sterk bande met Israel op die gebied bou want hulle ken van waterspaar in landbou.

Vryheid ·

Ek moes weer aansoek doen vir ons water reg op die plaas. Dit was vir my direk gese dat indien ek 50% Swart aandeel in die grond het sal ek onmiddelik weer water regte kry anders sal ek maar net moet wag en dit is nou al drie jaar wat ek wag.

SjN ·

Private monsters toon aan dat Vaalrivier water nie meer geskik is vir groente verbouing nie. Sal sekerlik goed aard vir dagga , groot finansiële inspuiting

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.