Agri SA verwelkom ANC se verbintenisse oor landbou

Foto: AgriSA, Twitter

Agri SA het in ʼn verklaring gesê die organisasie is bemoedig deur Dinsdag se produktiewe vergadering met senior ANC-beamptes rakende landbougrondhervorming en landbou-eiendom.

Die organisasie het bygevoeg hy waardeer spesifieke beleidsverbintenisse wat deur die ANC gemaak is. Dit sluit in onder meer:
• Geen grondgrype gaan geduld word nie.
• Die beskerming van produktiewe landbougrond sal prioriteit geniet.
• Die optimalisering in die gebruik van onderbenutte grond in afgeleë landelike gebiede.
• Eiendomsregte sal ʼn prioriteit in landbougrondontwikkeling wees.
• Die regering finaliseer ʼn oudit van regeringsgrond vir die oordrag aan swart boere.
• Die afskop van produksie op 4 000 plase wat tans in regeringsbesit is om kommersiële waarde te ontsluit en boerderygeleenthede te skep.

Agri SA en Agbiz het met ANC-adjunkpresident David Mabuza en ANC-tesourier-generaal Paul Mashatile vergader. Hierdie vergadering is bykomend tot die vergadering tussen president Cyril Ramaphosa en Agri SA-president Dan Kriek wat Dinsdag in Kaapstad gehou is.

“Die landbousektor vra vir ʼn samewerkende raamwerk vir groei, soortgelyk aan dit wat die motorbedryf reggekry het,” sê Francois Strydom, voorsitter van Agbiz. “Al die rolspelers binne die sektor is gretig om die proses vorentoe te neem.”

Die interministeriële taakspan op grondhervorming is ook by die vergadering bespreek; ʼn uitnodiging is aan georganiseerde landbou gerig om drie verteenwoordigers te delegeer. “Die geskiedkundige vergadering skep ʼn fondasie vir ʼn volhoudende vennootskap met die oogmerk om landbou volhoubaar te transformeer en te laat groei,” het Omri van Zyl, uitvoerende direkteur van Agri SA, bygevoeg. “Ons sal egter gefokus bly om tasbare voordele vir produsente te onderhandel.”

Almal het saamgestem dat dié faksies wat moedswillig die gemeenskap oor die grondkwessie polariseer, teengestaan moet word. “Die ondernemings van die ANC is belangrik, maar Agri SA is ook verbind tot die inwerkingstelling van ʼn pragmatiese plan om die sektor te groei en om swart boere by te staan,” het Christo van der Rheede, adjunk- uitvoerende direkteur van Agri SA, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

ChrisE ·

Ek verstaan nie hoekom almal so opgejaag word oor die kwessie nie. Hoeveel van die mense op die forum is werklik boere. ‘n Boer wat sy sout werd is het nie tyd vir die strooi nie. Hy weet waar hy staan en gaan sy man staan. Dit is die gekef van die oningeligtes en ongelowiges wat hulle skuldg maak aan snert.

Willem ·

Soos die artikels van die verslaggewers wat daaroor berig??

Snowball ·

Onteiening sonder vergoeding misken uiteindelik alle eiendomsreg, hierdie hele proses kan enige en alle eiendom raak, nie net boere en plase nie, so, tensy jy geen eiendom het nie, niks vir jou kinders wil nalaat nie en nie ‘n voorstander is van ‘n kapitalistiese stelsel nie, sal hierdie kommunistiese stoomroller taktiek talle gevaarligte by jou laat opkom, of jy boer of nie.

Paul ·

Kom ek sê vir julle, die 2 vergaderings wat AgriSA vandag met CR en David Mabuza oor grondhervorming gehou het, gaan niks oplewer nie. Al het AgriSA vooraf beduie hulle gaan nie terug hou nie, maar reguit praat. CR en Mabuza gaan dalk vir AgriSA nie eens paai nie, maar sê gebeure moet hul gang gaan. Werk saam en moenie teen die prikkels skop nie, ongeag die bostaande in die berig. Die feite en realiteite is op die tafel, soos per die berigte oor plaasbesetting vandag hier op Maroela. Glo mens hierdie berigte op Maroela of glo mens die onderneming hier bo in die berig wat CR en Mabuza gegee het?

ANTIONETTE ·

Agri SA moet bykom, hulle oe oop maak en rigting kry!!! Hulle is gek indien hulle die ANC se leuns glo!!!

Roñnie ·

Ek sê moet nooit vergeet van Piet Retief nie ons wapens lê buite die laer.

Andrea van Vuren ·

My vraag is: hoekom heul Agriforum met die vyand? Is hulle daarvan bewus hoe vyandig-aggressief David Mabuza teenoor ons is? Agriforum julle is nou besig met ‘n Piet Retief situasie.

Katerina ·

Geen grondgrype??? LMGA!! Gaan vra vir Pieter Boshoff daaroor!!!!

Agri Lid ·

Soos altyd is daar mense wat skree en raas. En dan is daar Agri SA wat iets doen. Almal saam raas en nie ‘n idee het waaroor dit gaan nie moet maar raas. Die grootmense sal rustig gesels en die werklike probleme oplos.

Willem ·

Wees julle maar rustig, realiste sal die berigte op Maroela volg.

lerato ·

Agri Lid

Ek stem 100% saam. Lawaai makers wat leef op sensasie. Pleks hulle met die regering praat. Praat hulle oor die regering.

Cyril het verskeie kere gesê dat produktiewe boerdery nie geraak gaan word nie

Willem ·

Lerato, ek het ‘n idee vandag se nuus oor die grondbesettings wat toe wel gebeur het, het jou koud gelaat.

Domvraag ·

Ja en so sal die grootmense die land van die kinders weggee.
Jammer dat die grootmense so aan die slaap gevang word soos n volstruis wat sy kop in die gat druk en blknd is vir wat gebeur. Skrik tog net wakker

Willem ·

Lerato, skuus, ek het niks teen jou persoonliks nie, maar iemand wat die realiteite ignoreer laat my koud. Erken die realiteite en redineer of debateer daarom, wees spesifiek in die debat en los vaaghede uit, dit laat net ruimte vir misverstand. Ons het mos nou vandag dieselfde berigte betreffende die grondkwesssie op Maroela gelees.

Willem ·

Lerato, ek het ‘n idee ek is die enigste een wat op jou kommentare reageer. Skuus, reageer het, my damaskus oomblik het aangebreek.

Ithutha ·

Die grootmense?

Die Roelf Meyers van die lewe, bedoel jy.

Die ANC het keer op keer gewys dit is ‘n kriminele instansie met geen integriteit nie. Zuma. Die Shaiks. Die Guptas.

Nelson Mandela self het belowe dat privaateiendomsreg nie geskend sal word nie.

Niemand hier is blind vir waaroor hierdie gaan nie. Die ANC het stemme gebloei in die munisipale verkiesinga (agv frustrasie met korrupsie) en voel bedreig deur die EFF… sien nou uitkomkans deur die stemgeregtigde populasie se visier op blankes te rig.

Dis cheap politics en die ANC se laaste troefkaart.

As Agri SA dink die ANC gaan hulle nie pasifiseer met soete leuens nie is hulle erg dig.

Boer-in-die-wind ·

En soos altyd is daar grootmense (in hul eie oe) wat rustig saamgesels en napraat en boonop dink hulle los probleme op. Werklik? Julle leer maar baie stadig.

ANTIONETTE ·

Wat Ramaposa se en wat hy doen is 2 verskillende dinge! Hy se ‘n ding om die blankes te sus en dan doen hy die teenoorgestelde en vang die boere vas aan die slaap!!

marous ·

afri sa publiseer asb die besonderhede van die boere wat julle verteenwoordig met die entiteitsbelange sodat die onderskeid duidelik getref kan word oor vir wie daar reeds vrystellende onderhandelinge is en die kollaterale skade waarvolgens ander ter gronde moet gaan.

Agri Lid ·

AGRI SA. Agri soos in landbou. Die Dunning – Kruger effek gaan ons nog doodmaak.

Boereboytjie ·

Agri SA, ‘n federasie van landbou organisasies, was gestig in 1904 as die Suid-Afrikaanse Landbou Unie en bestaan uit 9 provinsies en 26 bedryfsorganisasies asook 33 korporatiewe lede. Wesenlik verteenwoordig Agri SA ‘n diverse groep van individuee ongeag van geslag, ras of geloof.

Irma ·

Sien is glo. Hulle sê maklik dinge wat hulle weet ons ore wil hoor, maar dis presies waarby dit bly. Leë woorde

IK ·

Ek is NIE ‘n BOER nie maar vra die volgende enkele vrae oor die vergelyking met die motorbedryf:
1. Is die motorbedryf ook soms gekoppel aan reënval, droogte.
2. Onkruidbestryding, veldbrande, veediefstal, veesiektes.
3. ‘n BOER wat sy sout werd is is 8 dae per week en 25 uur per dag op diens.
4. Plaasaanvalle en die ontsaglike kostes daaraan verbonde.
5. Blootstelling aan natuurrampe soos hael, wind.
6. Die voorbereiding vd grond teen groot kostes nog voordat enige oes gemaak is.
7. Die instandhouding van implemente, lyn- en kampdrade.
8. GRONDGRYP EN EISE OP PLASE.
Kom ek stop liewer . . .

David ·

Jammer, maar ek vetrou nie hierdie ANC (of enige) kommuniste nie.

Hulle sal sê wat hulle dink die gehoor wil hoor en doen dan in elk geval net wat hulle wil.

Celtis Africana ·

Die naïwiteit gaan Agri SA duur te staan kom.
” … die faksies wat moedswillig die gemeenskap oor die grondkwessie polariseer, teengestaan word.”
Dit sal verseker Afriforum insluit synde Dan Kriek tydens n onderhoud met Volksblad op 4 Augustus baie duidelik sy negatiewe gevoel teenoor die burgerregte organisasie geopenbaar het. Ek wonder nou wat die 15000 boere wat lid is van Afriforum daarvan dink.
“… om landbou volhoubaar te transformeer en te laat groei.”
Waar is die syfers mnr. Van Zyl?
Jul begin met die staatsgrond maar waar gaan die volhoubare transformasie stop? Gaan kinders steeds hul ouers se grond kan erf?
Agri SA verteenwoordig georganiseerde landbou, inklusief, nie Afrikaans nie en ook nie die Afrikaner nie. Dit moet ons goed verstaan. Wees dus versigtig vir die woordgimnastiek. Dan Kriek het hoeka tydens die Volksblad onderhoud gesê hy is n basterboer en voltydse politikus. Ek het tog n spesmaas diè onderhandelings gaan ernstig in die woordkeuses uitspeel. Volhoubaar transformeer todat die huidige boere 8% van landbougrond besit.
In vandag se berriggewing het n boer van Limpopo gevlug van sy grond uit vrees vir sy lewe. In Stellenbosch weier grondbesetters desondanks hofbevele om besette grond te verlaat, maar jul sê geen grondgrype gaan geduld word nie.
Die manne in die pakke gaan jul uitverkoop. Finish en klaar!

Agri Lid ·

Ek is ‘n werklike boer. Ek besit ‘n produktiewe plaas wat voedsel produseer. Ek het geen slapelose nagte oor onteiening nie. Daar is baie produktiewe plase in my omgewing wat gekoop is. Wat nie meer voedsel produseer nie. Dit is die mense wat bekommerd moet raak.

Gerhard ·

Kom ons praat weer so oor ‘n paar jaar van nou. Die AA en BEE wat die res van die Afrikaner getref het mik nou vir julle. Groete.

Gerhard ·

Die ANC sit Boere wat dink hulle is slim gereeld ore aan.

Agrilid ·

AgriSA is so min boere soos die ANC self, en wil net he die gewone boere moetnou hulle eiendom weggee sodat die grootste boerehulle eiendom kan behou.

John ·

Ja, ek wonder hoeveel keer hierdie groep mense hulself nog gaan laat vang. Eers val hulle vir Dingaan, toe FW de Klerk, toe die ANC.

Steven ·

Dan moet ons seker maak dat Akkerland beskerm word. Is daar manne wat die plaas oppas?

Mickey ·

Grondgrype gaan nie geduld word nie…nou hoekom duld jul dan die grondgrype op Pieter Boshoff se plaas?
Aitoggie, grond is aan die massas belowe nie n boerdery nie. As almal begin grond gryp gaan daar geen beheer wees nie…julle kan dan nie eers ingryp by boer Pieter wat moes vlug vir sy lewe . Ek kan net my kop skud.

Heidie ·

CR het VANDAG gese dat “al manier hoe ons (wittes), die verlede kan regmaak, is deur aan hulle grond te GEE” !!!! Ons moet ons ore oopmaak en luister, hulle gaan nie NEE vir n antwoord vat nie. Onderhandelinge is tydmors, asof DIT hulle van plan gaan laat verander! Net GOEDGELOWIGES glo dat PRAAT sal help!!

Chris ·

Grootste pot snert wat ek nog gehoor het. Dingaan het dieselfde gesê. Die ANC behou hom self die reg voor om sy standpunt die heeltyd te verander. Ons moet ophou om hulle te vertrou omdat hulle sê wat ons wil hoor.

Callie ·

My kommentaar word nie geplaas nie. Hoeveel verstaan jy as witman as jou land se president dit keer op keer duidelik stel die wittes se grond moet vir sy mense gevat en verdeel word. Hy stel dit duidelik wittes is nie sy mense nie. Gisteraand het hy dit weer duidelik gestel. Nou vra ek vir Agri lid en sy mense, julle is nie deel van Ramaphosa se mense nie, hy stel dit duidelik, julle kraak die witman en Afriforum af. Help my met wat julle probeer verduidelik en wat is julle

Ruiklont ·

Dit blyk dat Agri bestuur word deur ‘n klomp ou broederbonders?

Hansie Hattingh ·

Dan,hoe kan julle onderhandel oor die regverdiging van diefstal,wie se grond reken julle mag gevat word en wie sin nie,ek hoop nie dit is in geheime vergaderings bespreek nie.Verder hoe praat mens met ń regering wat hom nie wil uitspeek teen moord en geweld nie?

Afrikaanse Knaap ·

Ek glo nie ‘n woord wat die regering sê nie. Hulle aand en more praatjies stem nie ooreen nie.

Marie ·

AgriSa val vir die oudste slenter in die boek nl.
Divide and Rule. Die ANC slaag daarin om die naïewe Afrikaners ore aan te sit.

De Villiers ·

Paul Kruger het gesê: “Neem uit die verlede en bou op dit wat gewerk het.” Nou ja, die verlede het ons geleer jy onderhandel nie met Afrika volkere nie, want dis nie in hul kultuur om sake op te los nie. Kyk na Piet Retief, na die KODESA samesprekings waar soveel ooreenkomste nie nagekom is nie ens. As die ANC nie eens die beloftes aan hul kiesers kan nakom nie, hoe verwag Agri-SA dat daar by hierdie ondernemings gehou gaan word? Nee wat, sien is glo, en ons sien genoeg daarvan daagliks om te weet dat hier niks van gaan kom nie.

Riaan ·

Die gerusstel taktiek van die kommuniste word al weer in gespan, en hoeveel val daarvoor.
Mense!! Dit gaan nie oor grond nie. Dit gaan daaroor om alles wat die blanke besit tevat,en as ons dit teen staan,dan gee dit die kommuniste die kans om met die ondersteuning en goedkeuring van al hulle kommunistiese maatjies op ons los te brand, met meestal wapentuig wat FW en die NP aan hulle geskenk het. Hulle het geen,maar geen belangstelling om n onbewerkte stuk aarde te vat en in n produktiewe plaas te omskep nie. Dit is al hoeveel keer bewys met reeds produktiewe plase wat hulle aan swart boere gegee het. Twee jaar later is daar niks. Om suksesvol te boer is n wetenskap. Kennis word van geslag tot geslag oor gedra. Jy stap nie in,doen gou n crash course en sieda! Nou boer ek. Grond wat hulle vat sal dood le,of in plakkerskampe omskep word,en net nog meer sal oor die grense stap. Dis soos n springkaan plaag. Die persoon wat n woord glo wat hulle belowe,moet wakker word. Hulle spel blanke volksmoord net anders.

Kantlyn ·

Jy kan hulle nie glo of vertrou nie. Oggend en aand praatjies stem nie. Wat hulle sê en wat hulle werklik doen is verskillend.
Hier is geen wet en orde wat gehandhaaf word nie. Bowendien is daar twee stelle wette. Een vir Blankes en ander vir nie-blankes. Swart mense kan sê en maak wat hul wil, Blankes nie. Polisie staan en toekyk maar doen niks .

Theresa B ·

AgriSA gaan nog op hulle gesig val………………………….

bittereinder ·

“Grondgrype gaan nie geduld word nie, terwyl grondgrype voortgaan, Boere moet vlug omdat hulle lewe in gevaar is,, en dut word geduld. Ons almal weet hoe lieg die ANC om te kry wat hy wil hê. Ek skaam my vir AGRI SA. Lyk my hulle het niks geleer uit 1994 se onderhandeling en vergarderings.. bleh!

Eish ·

Dit sou uiters naief wees om te aanvaar dat Agri SA werklik die huidige eienaars se belange op die hard dra. Daar kan net te veel ingelees word in die woordgimnastiek.
Die laaste paragraaf van die artikel byvoorbeeld, is onder andere n onbedekte waarskuwing aan Afriforum.
Taai tye wag op grondbesitters.

realis ·

David Mabuza ? Groot generaal van die ANC?
Kyk hoe lyk die onderwys stelsel nadat hy klaar is daarmee.
Glo hom as jy wil, op jou eie risiko.

Jerry ·

Waar was Afri-Forum en Solidariteit met die vergadering? (Seker weer by die koning van die Zulus gaan tee drink terwyl Agri SA nog red wat te redde is). Dit skakel onsekerheid uit en maak sin om samewerking te bewerkstellig met die regerende party wat die prosesse van OSV bestuur en om waarborge te verkry wat wit en swart boere en alle Suid Afrikaners se belange beskerm. In alle gevalle waar grond gegryp was tot dusver, was die grondgrypers verwyder deur wetstoepassers nadat die proses vir verwydering gevolg was. Dit is dus korrek om te se dat CR se administrasie doen gestand aan hulle uitspraak dat grondgrype nie toegelaat word nie. OSV is ook net n term wat gebruik word vir die proses, want boere ontvang wel vergoeding volgens staatswaardasie van grond, wat geregverdigbaar en aanvaarbaar vir meerderheid boere blyk te wees, uitgesluit Afri-Forum. Dit blyk dat daar hoop is vir die redelikes wanneer daar wanhoop heers by die onredelikes!

Roñnie ·

AgriSa is besig om die kalkoen voor te berei vir kersfees

Andre Kruger ·

My Pa het altyd na ‘n leuenaar verwys as iemand wat die waarheid op ‘n besondere manier vertel. Die anc lede glo nie aan reels nie en sal enigiets se om uit ‘n verknorsing te kom. Ek ken ons volk en het al jare gelede besef om alles met ‘n skopgraaf sout te neem.
Die anc se linkerhand weet nie wat die regterhand doen nie (dit is heelwaarskynlik in die geldlaai).

Pierre Roux ·

So Agri-SA julle glo wragtig weer die ANC. Wanneer gaan julle leer die manne se woord is niks werd nie.

susan ·

Aan watter organisasie behoort julle om ‘n bydrae te maak vir SA. Dan Kriek doen darem iets. Mense wat niks doen het gewoonlik die meeste kritiek.

Delarey ·

Dis nou van die uiterste belang dat ervare strategiese denkers namens boere onderhandel oor onteiening.

Solidariteit en Afriforum het die leiers en ondervinding net soos wat Cyril Ramaphosa gehad het. Die geskiedenis het geleer dat Roelf Meyer polities na-ief en eenvoudig nie opgewasse was tydens grondwetlike onderhandelinge nie.

Die feit dat Kriek bereid is om gegewe die situasie waarin Afrikaners hulle bevind openlik vir Afriforum te kritiseer wys duidelik dat hy nie opgewasse is vir sy rol nie.

Ek is self ‘n lid van Agri SA en ek nooi alle boere om hulle skriftelike misnoeé deur te gee aan Agri SA. Verder stel ek voor jy gebruik jou tak en streek struktuur om ‘n mosie van wantroue in Kriek te dryf. Die logiese volgende stap is ‘n formele strategiese samewerking tussen Afriforum en Agri SA.

Wat die algemene publiek aanbetref stel ek voor julle laat julle stemme ook hoor by Agri SA.

Komaan boere, laat julle stem hoor!

JANEE ·

Kriek = de klerk?

en ja my grond is op die lys…en ek is bekommerd want dit is my hele lewe

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.