Agri SA wens OVK geluk met verkiesing

Omri van Zyl, uitvoerende direkteur van Agri SA. Foto: Facebook

Agri SA het die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) gelukgewens met die suksesvolle nasionale en provinsiale verkiesings wat die afgelope week gehou is.

“Dit is geensins ʼn klein taak om so ʼn fundamentele demokratiese plig op so ʼn groot skaal te bestuur nie. Agri SA wil elke Suid-Afrikaner wat hul reg om te stem uitgeoefen het, bedank,” het Omri van Zyl, Agri SA se uitvoerende hoof, Sondag gesê.

“Agri SA werk ten nouste saam met die parlement om ons nasionale verteenwoordigers in te lig oor die verskillende kwessies wat die landbou raak. ʼn Nuwe parlement bring nuwe geleenthede om gevestigde verhoudings met die verteenwoordigers van Suid-Afrika verder te versterk. Dit is ʼn nuwe parlement met ʼn paar nuwe gesigte, maar gelukkig het Agri SA vertroue opgebou en staan ons in ʼn gesagsposisie onder LP’s sodat ons kan aangaan daar waar ons opgehou het,” het hy gesê.

Van Zyl het bygevoeg Agri SA sal voortgaan om hom te beywer vir behoorlike ekonomiese beleid wat die landbou en werkskepping ondersteun. Die organisasie se fokus is op vyf beleidsterreine in landbou, naamlik arbeid en ontwikkeling, plaasveiligheid, handel en ekonomie, natuurlike hulpbronne en grond.

Volgens Van Zyl is daar oor elk van hierdie aspekte kenners wat gereeld met verskeie belanghebbendes, onder wie regeringsbeamptes en LP’s, in gesprek tree.

Pietman Roos, Agri SA se hoof van kommunikasie en korporatiewe sake, sê hoewel daar baie fokus op die verkiesing self was, begin die regte werk nou. “Grondwetlike demokrasie behels meer as net stem. Dit gaan daaroor om aktief te praat oor beleidskwessies wat die land raak. Sommige mag dalk dink dat die parlement dikwels net ʼn rubberstempel is; dit is beslis nie die geval indien voorspraak op die regte manier benader word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Helene ·

Dierbaar vir woorde!! Hoop hulle kry ‘n baie goeie huis!

Geldji ·

Hulle kry n geldjie om weg te hol wanneer die probleme begin.

Felix ·

Daar is nou drie partye in die kamp, die ANC, die OVK en …. Agri SA. Hoe meer terwille kan mens wees, maar dis seker om hul lede te beskerm … hoe sal ek nou weet, so ek raai maar.

Jerry ·

Agri SA se benadering is deel van die oplossing vir die uitdagings wat landbou in die gesig staar. Julle skakeling, deelname en gesprekvoering maak belangrike aanduidings sigbaar van wat vir boere voorle en wat boere kan verwag mbt die staat se NDR rigting van veranderinge. Dit word nie net polities uit die duim gesuig en op boere se gevoel gespeel nie. Mooi Agri SA, doen so voort as rolmodelle vir die politici, links, regs en in die middel!

Judge Dredd ·

Die ryk wynboere moet nou verseker hulle plaas word nie onteien sonder vergoeding.
Agri SA en die ANC sal nou so al versoenend en samewerkend die minder suksesvolle boer onder die spreekwoordelike bus gooi.

Andrea van Vuren ·

Jerry hoekom sluit jy nie by die ANC aan nie? Gaan AgriSA die regering bystaan tydens grondgrype? Ek het geen maar GEEN vertroue in Dan Kriek en sy kornuite nie!

Boer ·

As hulle regte boere was sou hulle gesien het wat by die plattelandse stemlokale gebeur en beslis nie die ovk geluk gewens het nie.

Okay... ·

Nou het ek ook alles gehoor. Wat as ek dalk ook weet van klompie mense wat 3 keer kon stem en nie gevang was nie? Maar baie geluk OVK. Julle werk duidelik glad nie vir die ANC nie. Lol

Staal ·

Wie verteenwoor hulle ooit, net die rykste van die ryk megaboere? Of die ANC? Beslis nie ons gewone boere nie.

Judge Dredd ·

Die liberales se jy moet versoenend en samewewerkend optree.

Eerstens hoop ek jy was nie een van die nie-stemmers, want hulle kon verhoed dat die ANC/EFF ‘n tweederde meerderheid behaal.

Tweedens hoop ek nie jy het DA gestem, want as minderheid sal hulle jou definitief nie help nie.

Andersins sterkte met jou plaas – miskien moet jy dink aan verkoop – alhoewel ek nie kan dink dat enige iemand nou sal wil plaas koop nie.

Felix ·

Dit sal interessant wees om te sien wat Agri SA se lede nou gaan maak. Die woord Spur kom by my op.

Judge Dredd ·

Agri SA tree versoenend en samewerkend op, om hul lede se belange te beskerm.

Dit is die “ander” boere wat so versoenend en samewerkend opgeoffer gaan raak.

Sirkus ·

Hoe kostelik. Dit is soos om die sirkus geluk te wens nadat die tent ineengestort het. Briljant.

Andreas ·

Ek het idee ons moet Omri ‘n kas Klokke (Bells) gee, is hy nou nie dalk die eerste ou wie vir die OVK gelukwens nie?

Nardus ·

Boere neem kennis van AGRI SA. Boere moet nie e dink jou plase is veilig nie AGRI SA sal julle verraai soos die JUDAS

Felix ·

Voor kolla hier opdaag wil ek net vir hom sê ons leef nie in die walglikhede van die verlede nie, maar die walglikhede van die hede.

Jerry ·

Politiek is n vuilspel, ons almal weet dit, maar is dit regtig nodig om die VF in so n slegte lig te stel met sulke beledigings teenoor Agri SA. Moet die Afrikaner van die VF regtig weer die vooroordele uit die apartheidsera teenoor mede Afrikaners met hulle saamdra? En wat se dit van die vooroordele en beledigings teenoor ander Suid Afrikaners? Hoekom word Agri SA nie hulle plekkie in die son gegun nie? Is dit hoe die VF wil terugslaan, teen hulle eie mense? Dit is geen wonder dat Genl Constant Viljoen niks met julle te doen wou he nie en julle vaarwel toegeroep het! Ek weet nou dat die Afrikaners wat vir die VF gestem het, het n helse fout gemaak!

TN ·

@Jerry ___ hierdie mense leef op haat en vooroordeel . Sien jy nou waarom mense soos Annie Webb en ek oa niks met hulle te doen wil hê nie ?

Eerlik ·

Jerry. Ek dink jy moet maar jou tandeborsel en gorel goeitjies nader trek. Ek glo jy gaan dit nodag hê.

Felix ·

Jerry, Agri SA kon maar gewag het dat die ANC, die EFF en ‘n rits ander voor in die ry inval, waarom die ‘onners’ vat? Dit beteken mos net een ding waarom hulle so die boodskap oordra.

Adam ·

Jerry, lees asb die kommentaar by die berig rakende die reserviste en landelike veiligheid en jy sal nie een positiewe stukkie kommentaar sien vir dit wat ‘n noodsaaklike aksie is nie. Die VF+ se stamvaders, die HNP en KP se enigste prestasies was die aantal eiers en tamaties wat hulle na die Nasionaliste gegooi het. Ten minste weet ons nou dat daar meer as 400000 Afrikaners met verhoogde bloeddruk is.

Andreas ·

Jip los die politiek en die VF+ maar hier uit, kommentaar om dit by te sleep is egter maar ‘n vuil spel.

Andrea van Vuren ·

Jerry, moenie jou onkunde aan die groot klok hang nie. Maak seker van jou feite. VF+ het net mooi NIKS met AgriSA te doen nie. Jy verwar AgriSA met Afriforum! Die VF+ hou hom nie met rugstekers op nie!

CHAPPIES ·

ONGELUKKIG nou só, jaaa…Jerry en TN ongelukkig…
En..eerlik,dis ‘gorrel en nodig’ hoor…

Felix ·

Die ANC en al die ander partye het groot probleem met die OVK so genadiglik het die offsales vandag vroeg toegemaak.

Judge Dredd ·

@TN – Onthou asseblief om samewerkend op te tree as die regering jou of jou kinders se eiendom wil vat.
Of geld dit net vir ander mense, in die hoop dat jou eie besittings so bietjie veiliger sal wees?

TN ·

Jy wens dit op ons af maar dit gaan NIE gebeur nie . Maar hou aan konflik saai ___ ek onthou nog hoe Frik Uys teen ‘n kar gelê en bloei het .

@ TN ·

Ou TN leef nog in die AWB TYD, ek sien weer hoe Oliver TAMBO in sy bloed gele en bloei het op sy oprit OF is dit ANDERS as FRIK UYS??

TN ·

Niemand gaan grond wat produktief aangewend word ” vat ” nie __ die regses gebruik dit as ‘n foefie om hulle bestaan te regverdig . Kom oor julle vooroordeel en kortsigtigheid .

Gaitsigubib ·

Ja @TN dit is anders. Tambo was n kommunis gewees. Dit is iets wat mens nie vrees nie as jy nie weet wat dit is nie.

Gielie Hill ·

Die berig gaan òor die OVK. Dit is ‘n groot organisasie om 20m mense te laat stem. As Agri SA se opinie is dit het goed verloop, het hulle die reg op hul opinie. Waardeer eerder wat georganiseerde landbou vir ons doen. Hulle is die verskil in landbou tussen ons en ander Afrikalande. Gesels met boere daar in ander Afrikalande, daar is nie markte nie, daar is nie parte ens. nie. As jy tamaties plant moet jy letterlik van stalletjie na stalletjie ry om jou goed te verkoop.

Heksie ·

En nou dié gatkruipery? Is dit regtig nodig?
Ja, dit is ‘n buitengewone taak om ‘n land se verkiesing te reel, maar om na die tyd, waar korrupsie uitgewys is en hul (OVK) steeds weier om ‘n audit te laat doen, nog steeds so bohaai te maak oor hoe goed die OVK is, is darem bietjie verbysterend.

Kerneels ·

Was dit nie die einste omri & kie wat ander dag saam david mabuza hand om die blaas by warmbad (ekskuus, bela bela) gesit het nie…?
En wat het daavan gekom…?

Gaitsigubib ·

Wat ek wil se van Agri SA sal beslis nie geplaas kan word nie. Bo is egter genoeg beskrywings wat deur geglip het. Ek wonder nou wat het Omri Van Zyl, met die Van Zyl’s van ZZ2 uit te waai indien wel? Albei is bekend vir hul “samewerking” met die ANC. Dis gewis dat hulle baie boere onder die bus gaan moet gooi ten einde hul eie belange te beskerm. Die interpretasie van “samewerking”moet noodwendig so verdraai word dat mense sal glo dis die boere se eie skuld as hulle van hul plase verjaag word, al het hulle dit op eerlike wyse bekom. Die regering van die dag doen inderwaarheid niks waarop mens kan trots wees nie. Die selfde mense wat nou Agri SA prys vir hul “samewerking’ het ook gese dat grondgrype nooit onder Cyril se leierskap sal plaasvind nie. Al waarvan mens op die stadium seker kan wees is dat grondgrype wel sal plaasvind, dat klein boere onder die bus gegooi gaai word en dat dit die ekonomie sal verpletter, wat ek nie van seker is nie is hoeveel van die meelopers gaan sy eie gewete kan aanhou ignoreer.

Judge Dredd ·

@TN – Wie gaan hoe bepaal dat grond produltief gebruik word.
Tweedens privaat eiendom – so wie gee die regering die reg om te bepaal wat op privaat eiendom gedoen moet word.

As die grondwet verander word – selfs as Cyril “verantwoordelike” onteiening toepas – wie gaan verhoed dat toekomstige leiers/partye nie hulself skuldig maak aan grondgrype?
Dit is nou rerig kortsigtig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.