Agri SA wys ‘Jongboer’ aan

Carlu van der Westhuizen (beoordelaar), Johan van der Schyff, Toyota SA/Agri SA se Jongboer van die Jaar, Christo van der Rheede, Agri SA se adjunk- uitvoerende hoof en Ernie Trautmann, adjunkpres. van Toyota SA. (Foto: Agri SA)

Die landbouorganisasie Toyota SA/Agri SA het Johan van der Schyff Donderdagaand as sy Jongboer van die Jaar aangewys.

Van der Schyff, ʼn produsent van die Plettenbergbaai-omgewing, produseer maandeliks nagenoeg een miljoen dosyn eiers en voer dit ook uit na lande soos Angola en Namibië.

Van der Schyff sê sy doelwit was nie noodwendig om gróter te boer nie, maar eerder slimmer en meer doeltreffend. Hy mik daarna om die voorkeur-eierverskaffer in die Wes- en Oos-Kaap te word.

Sewis van der Horst, ʼn appel-, peer- en nektarienprodusent van die Villiersdorp-omgewing, is aangewys as vanjaar se wenner van die New Harvest-kompetisie. Van der Horst, die seun van ʼn plaaswerker, is vandag ʼn suksesvolle boer in eie reg en voer gehaltevrugte uit, het Agri SA in ʼn verklaring gesê.

Christo van der Rheede (links), Agri SA se adjunk- uitvoerende hoof en Sewis van der Horst, wenner van die New Harvest-kompetisie vir 2019. (Foto: Agri SA)

“Die finaliste in die Jongboer- en New Harvest-kompetisie is soos die Springbokke van landbou,” het Christo van der Rheede, adjunk- uitvoerende hoof van Agri SA, gesê.

“Elkeen het ʼn spesiale visie waarna hul streef en hulle haal nooit hul oog van die bal af nie. Dít is hoekom hulle so suksesvol is.”

Agri SA sê hy erken die rol wat jong boere as dinamiese sakelui in die landboubedryf speel. Die jong boere het reeds gewys dat hulle hindernisse kan oorkom en tegnologie in die produksieproses kan gebruik om hul uitsette te verbeter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.