Agri SA verwerp jongste grondhervormingsvoorstel

Argieffoto Foto: led.co.za

Argieffoto Foto: led.co.za

ʼn Nuwe grondhervormingsvoorstel dat boere 50% van grond aan plaasarbeiders moet oorhandig, is ondeurdag en onaanvaarbaar, het Agri SA Dinsdag gesê.

Agri SA het gesê die voorstel deur Gugile Nkwinti, minister van die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming, bevat elemente van dit wat in Zimbabwe gebeur het. “Die negatiewe gevolge van só ʼn benadering kan nie net as onverwags afgemaak word nie,” het Johannes Moller, president van Agri SA, gesê. “Bewyse hiervan kan in die sukkelende ekonomie en ongunstige voedselsituasie gesien word wat tans deur Zimbabwe ervaar word.”

Moller sê Agri SA sal nie beskuldigings duld dat hy nie bereid is om grondhervorming te steun nie. Hy sê grondhervorming het skade gely weens beleidsverwarring wat duidelik is in die regering se ongekoördineerde benadering. “Daar kan nie verwag word om ʼn nasionaal aanvaarde plan of planne beskikbaar te stel nie.”

Gedurende die afgelope vyf jaar was daar aanduidings dat dit onmoontlik sal wees om ʼn betekenisvolle plan saam te stel. Vorige pogings tot grondhervorming was vrugteloos. Die restitusieproses het ook misluk.

Die Nasionale Ontwikkelingsplan het reeds aangedui dat 20% van die grond binne ʼn spesifieke distrik deur bydraes van boere bekom sal word vir grondhervormingsdoeleindes.

Individuele boere neem ook reeds deel aan grondhervormingspogings.

Moller sê Agri SA is deel van gesprekke oor volhoubare grondhervorming wat ekonomies lewensvatbaar sal wees. Die groep is steeds bereid om by die minister en sy departement aan te sluit om alle moontlikhede vir grondhervorming te oorweeg. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Demokraat ·

Die ANC-regering kort dringend goeie denkers want tot dusver is sy grondhervormingsplanne ondeurdag en prakties onuitvoerbaar. Wanneer begin hy praat met alle rolspelers in die landboubedryf ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.