Agrizzi-borgtogaansoek nou na hooggeregshof

Angelo Agrizzi tydens ‘n vroeëre hofverskyning.

Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van die omstrede maatskappy Bosasa, se aansoek om borgtog sal Maandag in die hooggeregshof in Johannesburg aangehoor word.

Hy is sedert 14 Oktober in aanhouding en het ʼn nag in die selle deurgebring, nadat die Palm Ridge-landdroshof sy aansoek om borgtog van die hand gewys het. Hy wend hom nou tot die hooggeregshof om dié beslissing te laat omkeer.

Sy regspan het daarna aangevoer Agrizzi is in ʼn ernstige toestand nadat hy ʼn hartaanval gehad het. Hy word tans in die waakeenheid van ʼn private hospitaal in Johannesburg onder polisiebewaking behandel. Hy word in ʼn private hospitaal behandel omdat daar glo nie plek vir hom in die waakeenheid van die staatshospitaal was nie.

Agrizzi staan saam met die oud-ANC-LP Vincent Smith tereg op aanklagte van korrupsie en bedrog. Hy het Smith glo omgekoop om te help verseker Bosasa kry winsgewende staatstenders.

Die ondersoekdirektoraat het tydens Agrizzi se aanvanklike borgtogaansoek aangevoer hy het gelieg in ʼn beëdigde verklaring wat hy in Februarie verlede jaar afgelê het waarin hy aan die hof gesê het hy en sy vrou besit roerende bates van nagenoeg R2,6 miljoen en vaste bates – in die vorm van eiendom – van R14,6 miljoen.

Sindiswe Twala, woordvoerder van die direktoraat, het gesê daar is intussen vasgestel die egpaar se roerende bates, wat meubels, juwele en kuns uitsluit, beloop sowat R35,6 miljoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Rentia ·

Sjoe… Lê dodelik siek in ICU maar wil nou borg hê? Ek ruik ‘n rot…

Aai ·

As hy onder arres is behoort hy aan die staat so dan moet hy in staats hospitaal behandel word,moenie vir my se daar is nie plek in staats hospitaal hy kry selfde behandeling as Schaik.Jy is reg hier is ‘n groot rot R

Ben ·

Dir wys mos nou dat sy “pelle” hoër op vir hom sorg.
Hy sal niks oorkom nie. Selfde paadjie as mr. Z en Schaik.

Hennie J ·

# 2 : Die knaap het my simpatie. Hy het met die sak patats na vore gekom en GROOT name aan die klok gehang. Hy was ook nie bang om himself te inkrimineer nie.As ek reg is,is hy eerste om aangekla te word na getuienis voor die kommissie op klagtes wat ………. Hy mag skielik nie borg kry nie want hy is n vlugrisiko terwyl hy meer as hope geleenthede gehad het om tevlug. Ek ruik ook n rot : n Rot wat vir my se die ou word geoffer terwyl sy ‘hanteerders’ steeds flink sake doen.

J ·

Agrisi sit agter tralies!!!

Truter die finansiële beampte van VBS gaan 7 jaar tronk toe.

Is dit TOEVALLIG dat die enigste veroordeeldes in die BOSASA en VBS sages WIT MANS is?

Soos die enigste ‘selfmoord’ in die BOSASA sage is ‘n Wit man, Gavin Watson. So ook is die die enigste Wit prokureur, Danie Potgieter ook nou dood!

Die ANC raak nou ontslae van sy “useful idiots’?

Brett Kebble se sg. selfmoord behoort ook ondersoek te word.

Net soos Robert Mugabe en Vladimar Putin se opposisie leiers … só sterf die SA Wit mans as hulle teen die ANC rampokkers, getuig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.