Die voormalige Bosasa-hoof Angelo Agrizzi is Donderdag na ’n hospitaal geneem vir mediese behandeling.
Dít nadat sy aansoek om borgtog Woensdag in die Palm Ridge-landdroshof afgekeur is en hy sy eerste aand in die tronk deurgebring het.
Agrizzi het intussen ’n aansoek om verlof tot appèl ingedien teen die hof se besluit om sy borgtogaansoek af te keur.
Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het Donderdagmiddag gesê Agrizzi is weens mediese redes na ’n staatshospitaal oorgeplaas.
“Alle gevangenes is geregtig op gesondheidsorgdienste in ooreenstemming met korrektiewe bepalings. Sy toestand sal steeds gemonitor word,” het Nxumalo gesê.
Sindisiwe Twala, ʼn woordvoerder van die NVG se ondersoekdirektoraat, het intussen aan Maroela Media bevestig dat die direktoraat reeds Agrizzi se aansoek om verlof tot appèl ontvang het.
Agrizzi het Woensdag saam met sy medebeskuldigde, die voormalige ANC-LP Vincent Smith, in die hof verskyn op aanklagte van korrupsie.
Agrizzi se regsverteenwoordiger het gedurende die hofverskyning gesê sy kliënt ly aan ernstige mediese toestande en aangevoer dat ’n korrektiewe sentrum skadelik vir Agrizzi se gesondheid sal wees aangesien hy aan komorbiditeite ly en die korrektiewe stelsel steeds sukkel om die verspreiding van Covid-19 te beperk, berig EWN.
Die staat het egter aangevoer hy is ʼn vlugrisiko.
Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Agrizzi boonop gelieg oor die waarde van sy roerende bates en dat hy ook nie sy bande met Italië verklaar het nie.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
15 Kommentare
Snaaks hoe die mense skielik ‘siek’ word in die selle. Shaik much?
Herinner sterk aan Schabir Shaik en die wonderbaarlike herstel daarna.. Gaan hy rondloop in die gange, en per ongeluk by die voordeur uit verdwaal?
Jip, hy het ernstige mediese toetstande aangesteek by Shabir Shaik – spyt, angs, vrees…
SA ly nou aan komorbiditeite danksy manne soos dié wat die regering se korrupsiekooi help opmaak het. Simpatie
vir sy toestand gaan dalk min wees.
Taktiek het begin by Zuma + Sjabir Sheik en gaan voort