Agrizzi in hospitaal opgeneem

Angelo Agrizzi in die hof. Foto: Verskaf

Die voormalige Bosasa-hoof Angelo Agrizzi is Donderdag na ’n hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Dít nadat sy aansoek om borgtog Woensdag in die Palm Ridge-landdroshof afgekeur is en hy sy eerste aand in die tronk deurgebring het.

Agrizzi het intussen ’n aansoek om verlof tot appèl ingedien teen die hof se besluit om sy borgtogaansoek af te keur.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het Donderdagmiddag gesê Agrizzi is weens mediese redes na ’n staatshospitaal oorgeplaas.

“Alle gevangenes is geregtig op gesondheidsorgdienste in ooreenstemming met korrektiewe bepalings. Sy toestand sal steeds gemonitor word,” het Nxumalo gesê.

Sindisiwe Twala, ʼn woordvoerder van die NVG se ondersoekdirektoraat, het intussen aan Maroela Media bevestig dat die direktoraat reeds Agrizzi se aansoek om verlof tot appèl ontvang het.

Agrizzi het Woensdag saam met sy medebeskuldigde, die voormalige ANC-LP Vincent Smith, in die hof verskyn op aanklagte van korrupsie.

Agrizzi se regsverteenwoordiger het gedurende die hofverskyning gesê sy kliënt ly aan ernstige mediese toestande en aangevoer dat ’n korrektiewe sentrum skadelik vir Agrizzi se gesondheid sal wees aangesien hy aan komorbiditeite ly en die korrektiewe stelsel steeds sukkel om die verspreiding van Covid-19 te beperk, berig EWN.

Die staat het egter aangevoer hy is ʼn vlugrisiko.

Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Agrizzi boonop gelieg oor die waarde van sy roerende bates en dat hy ook nie sy bande met Italië verklaar het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Janine ·

Snaaks hoe die mense skielik ‘siek’ word in die selle. Shaik much?

Michael ·

Laat ek raai…dis dieselfde persoon wat ‘n negatiewe reaksie toon op elke most wat Schabir Shaik noem.

Rentia ·

Herinner sterk aan Schabir Shaik en die wonderbaarlike herstel daarna.. Gaan hy rondloop in die gange, en per ongeluk by die voordeur uit verdwaal?

Wat op dees Aarde ·

As jy die nuus bietjie meer volg, sal jy sien dat hy nie net “skielik” siek geword het nie. Hy was al kranklik gewees toe hy voor die Zondo kommissie verskyn het ook. Hy was selfs daar met sy suurstof masjien gewees.

Kerneels ·

Jip, hy het ernstige mediese toetstande aangesteek by Shabir Shaik – spyt, angs, vrees…

Einstein ·

Ou Shaik is net weer n bewys dat wonderwerke nog gebeur :-p

Snowball ·

SA ly nou aan komorbiditeite danksy manne soos dié wat die regering se korrupsiekooi help opmaak het. Simpatie
vir sy toestand gaan dalk min wees.

Elsa ·

Hoop hy maak darem sy eie bed op…. Hy moet ten minste daarop slaap…….

Lindi ·

Is vir my baie snaaks dat meeste mense nou die man verdoem tot in die hel. Tot ‘n suurstofdief genoem. Ek is nou nie sy grootste ondersteurner nie MAAR dink net vir ‘n oomblik – hy kon laaaaaankal al sy geld gevat en landuit gegaan het – hy het besluit om te bly en die fluitjieblaser te word. Niemand sou ooit al die drade bymekaar kon maak van al die skuldiges as hy nie gepraat het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.