Agrizzi: Luukse huis, motor en bankrekeninge in Italië  

Angelo Agrizzi en Vincent Smith in die hof. Foto: Verskaf

Die ondersoekdirektoraat van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) voer aan dat Angelo Agrizzi gelieg het oor die waarde van sy roerende bates en dat hy ook nie sy bande met Italië verklaar het nie.

Agrizzi se aansoek om borgtog is Woensdag in die Palm Ridge-landdroshof afgekeur. Hy het saam met sy medebeskuldigde, die voormalige ANC-LP Vincent Smith, in die hof verskyn op aanklagte van korrupsie.

Sindisiwe Twala, ʼn woordvoerder van die NVG se ondersoekdirektoraat, het gesê Agrizzi het in ʼn beëdigde verklaring wat ingedien is tydens sy borgtogaansoek in Februarie 2019 in ʼn ander saak, gelieg oor die roerende bates wat hy en sy vrou besit.

Agrizzi het destyds gesê hy en sy vrou besit roerende bates ter waarde van R2,6 miljoen en vaste eiendom ter waarde van R14 miljoen.

“Die ware stand van sake is egter dat die Agrizzis in Februarie 2019 roerende bates van R35,6 miljoen besit het.”

Angelo Agrizzi in die hof. Foto: Verskaf

Volgens Twala het Agrizzi ook nie destyds bekend gemaak dat sy eiendomme deur die Agrizzi-familietrust besit word nie en dat hy dit gebruik het as sekuriteit vir lenings wat hy in sy persoonlike hoedanigheid by Absa uitgeneem het nie.

Teen einde Januarie 2019 het Agrizzi Absa amper R8 miljoen geskuld en het hy nog geen terugbetalings gemaak sedert Februarie 2019 nie. Die familietrust het onlangs ʼn eiendom op ʼn veiling verkoop om Absa glo terug te betaal.

Volgens Twala het Agrizzi ook nie sy bande met Italië bekend gemaak nie. Hy het nie sy Italiaanse paspoort aan die hof gegee nie en beweer dat hy dit verloor het. Hy het ook nie bekend gemaak dat hy tussen 11 Desember 2018 en 19 Januarie 2019, voor en terwyl hy voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping verskyn het, R11,98 miljoen en sy vrou R11,99 miljoen na buitelandse rekeninge oorgedra het nie.

Die Italiaanse owerhede het bevestig dat Agrizzi en sy vrou bankrekeninge in Italië geopen het waarna die geld wat in Suid-Afrika gelikwideer is, oorgedra is. Agrizzi het op 5 Maart 2019 ʼn eiendom in Castel Del Piano in Italië vir €880 000 (sowat R17 miljoen) asook ʼn luukse voertuig gekoop. ʼn Bankrekening in die naam van Agrizzi se vrou het ʼn saldo van €714 419,50 (sowat R13 miljoen). Die batebeslagleggingseenheid doen tans stappe om beslag te lê op die Italiaanse bates.

Agrizzi moet weer op 3 Desember in die hof verskyn.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Magda ·

Wat van die ANC-LP se Rekeninge en Bates, Dit moet ook gestop en verklaar word.

Johan ·

Ja so leer jy , die ANC gaan jou vervolg en Zuma kry nog steeds sy toelae en gaan dit vir ewig kry. Jy gaan al jou besittings verloor en die opbrengs gaan onder die kaders verdeel word.

Johanncb ·

Dan is die man beslis ‘n vlugrisiko! Hou hom hier! Hy moet verantwoording doen!

Aai ·

Dan moet hulle maar die moeite doen met die ANC manne ook hulle het seker dieselfde gedoen met hulle geld.

Jacobus ·

Mr Agrizzi is nou soos ‘n strooi pop. Word nou en dan hof toe gesleep om korrupsie uit te wys. Dan kry hy beskuldigings by en die ontvangers van geld stap daarna uit die hof en gaan vreet verder by die trog. Snaakse land dié van ons!

Annettest ·

Ek stem. Ek glo daar lê miljarde in oorsese bankrekeninge wat voormalige en huidige ANC-ministers en kaders, asook EFF, daar wegsteek, soos bv die VBS-geld en talle ander staatskapinggeld

Patch ·

Hoë bome kry die meeste wind…… en so kom nog een tot ‘n val.

J ·

Agrisi sit agter tralies!!!

Truter die finansiële beampte van VBS gaan 7 jaar tronk toe.

Is dit TOEVALLIG dat die enigste veroordeeldes in die BOSASA en VBS sages WIT MANS is?

Soos die enigste ‘selfmoord’ in die BOSASA sage is ‘n Wit man, Gavin Watson. So ook is die die enigste Wit prokureur, Danie Potgieter ook nou dood!

Die ANC raak nou ontslae van sy “useful idiots’?

Brett Kebble se sg. selfmoord behoort ook ondersoek te word.

Net soos Robert Mugabe en Vladimar Putin se opposisie leiers … só sterf die SA Wit mans as hulle teen die ANC rampokkers, getuig.

Casper ·

AJ,die Brett Kebble sage staan so:Kebble het nooit selfmoord gepleeg nie.Hy is vermoor deur Micky Schultz om Glen Aglioti en Jackie Selebe se korrupsie toe te smeer.Adv Gerrie Nel was toe gearresteer omdat hy die twee manne vervolg het.Die opdrag het gekom van ‘n oud president.Adv.Nel het Schultz ingevolge art 204 van die strafproseswet gevrywaar teen vervolging as hy teen Aglioti en Selebe getuig.Selebe is 15 jaar tronkstraf ogle maar is kort daarna oorlede.Google Bret Kebble moord dan sien jy waarvan ek praat.

LANA is ELANè ·

Toe vang slim sy baas. Dog hy doen dan die eerbare ding om skoon te kom met al die bedrog en korrupsie? Shame, dit is nie mooi nie.

Johann ·

Dis nou dieswelfde ou wat veronderstel is om geloof waardig te wees as getuie oor die ziljarde en sevety beljhon wat aan al wat n ANC comrade betaal is?

Dup ·

Wanneer gaan die hoë profiel gesigte in die hof staan? Ministers,oud Ministers en ander sogenaamde “comrades”.Ek sien die leier van die rooipette sê vanoggend op tv dat hy en sy troepe glad nie by die VBS bank skandaal betrokke is nie….hy is selfversekerd as hy dit sê.Al afleiding wat dan gemaak kan word is dat hulle almal beskerm word.Bewys my verkeerd deur op te tree.

Hennie J ·

As dit nou nie n geval is waar die boodskapper geskiet word nie(shooting the messenger) weet ek nie,Hy word geoffer deur duistere magte wat knus rus.

Casper ·

Is Agrizzi van Italiaanse afkoms.Hy is beslis ‘n vlugrisiko en kan nie op borg vrygelaat word nie.Verkoop sy roerende bates en vat sy geld en sy vrou sin wat sy van haar man gekry het.Het sy nooit gewonder waar kom die miljoene skielik vandaan nie.Niemand sal ooit weet waar het hy nog geld weggesteek het nie .Sy oranje pakkie is klaar gemaak maar as hy daar uitkom is hy gelag .Ek glo ook nie hy sal so lank sit nie aangesien hy die korrupsie bloot geld het.

J ·

Die Zondo kommissie is ‘n lokval vir al die ‘sellouts’ van JZ se REWOLUSIE!

Die hoofdoel van die kommissie is m.a.w. om die dislojale kaders te identifiseer en te straf!

… en ‘n massiewe ‘whitewash’ van die ANC rampokkers in die regering.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.