Agrizzi, medebeskuldigdes vlugtig in handelshof

Angelo Agrizzi, voormalige operasionele hoof van die omstrede fasiliteitebestuursgroep Bosasa. (Foto: Itumeleng English/ANA)

Angelo Agrizzi, die voormalige bedryfshoof van Bosasa, en vyf medebeskuldigdes het Vrydag vlugtig in die handelshof in Pretoria verskyn.

Agrizzi het opslae gemaak toe hy in sy getuienis voor die Zondo-kommissie wat staatskaping ondersoek, verskeie staatsamptenare en politici by onderduimse transaksies betrek het.

Agrizzi staan saam met die Bosasa-oudhoofde Andries van Tonder en Frans Vorster, huidige werker Carlos Bonifacio, asook die voormalige finansiële hoof van korrektiewe dienste (DKD) Patrick Gillingham, en die voormalige DKD-hoof Linda Mti, tereg op aanklagte van bedrog en geldwassery.

Die aanklagte hou verband met beweerde korrupte ooreenkomste met die DKD.

Die saak is tot 24 Oktober uitgestel, omdat daar nog

gewag word op die uitspraak van die appèlhof oor die aansoek om likwidasie van twee filiale van African Global Operations (vantevore Bosasa).

Dié maatskappye is Sondolo IT en Phezulu Fencing.

Die hooggeregshof in Johannesburg het die likwidateurs vroeër toestemming gegee om te appelleer teen ʼn voorlopige bevel wat gemaak is om die besluit om vrywillig gelikwideer te word, ter syde te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

wraggies ·

Waar is Watson, Mokonyane en die ander Bosasa BBBEE direkteure te bespeur.

Hennie ·

Nee wat, sommige mense is dood eenvoudig onaantasbaar…of so lyk dit!

Piet ·

Reg Marous. Klug.
Sover het net die fuitjieblasers hulself ontbloot. Die plunderaars loop nog buite rond. Word wakker Regter Zondo!

Johann cb ·

Wanneer word die ander persone wat deur Agrizzi impliseer is vervolg?

Grassie ·

Die boodskap wat hier aan Suid-Afrikaners gestuur word is duidelik – as jy kennis dra van staatskaping, bedrog en plundering van staatbates moet jy jou b.. ekskuus, mond dig toehou. As jy ‘n fluitjie blaas gaan jy met jou agterstewe in die tjoekie sit.

PJC ·

Duidelik is die NVG nie begerig om sekere mense te ondersoek nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.