Agrizzi noem joernaliste wat glo omgekoop is

Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van Bosasa (Foto: Dimpho Maja/ANA)

Angelo Agrizzi, voormalige Bosasa-bedryfshoof, het Maandag die name bekend gemaak van joernaliste wat na bewering omkoopgeld van Bosasa ontvang het om negatiewe berigte oor dié maatskappy af te keur ​​en berigte te skryf wat die maatskappy, nóu Africa Global Operations, in ’n goeie lig stel.

Agrizzi het Maandag gedurende sy agtste dag in die getuiebank voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping drie joernaliste se name genoem – hy beweer ene “Ntuli”, Pinkie Khwebane en nog ʼn joernalis genaamd “Bongs” van die Oos-Kaap het omkoopgeld aanvaar in ruil vir positiewe beriggewing.

Maroela Media het vroeër berig Agrizzi het verlede week getuig dat omkoopgeld aan junior amptenare en joernaliste betaal is om “saam met hulle te werk”. Dié joernaliste het glo omkoopgeld ontvang om sommige stories nié te skryf nie.

Gedurende sy getuienis het Agrizzi gesê dat Papa Leshabane, ʼn Bosasa-direkteur, glo joernaliste sedert 2012 betaal het. Hy het gesê Leshabane het R71 000 per maand ontvang om verskeie junior staatsamptenare om te koop waarvan R30 000 van dié kontant vir joernaliste geoormerk was.

“Bosasa het destyds swaargekry in terme van negatiewe verslaggewing. Hy het gesê hy kan joernaliste swaai om eerder positief oor Bosasa te skryf en kan inligting bekom oor enige slegte stories wat publiseer sou word,” het Agrizzi gesê.

Die voormalige SAUK-joernalis Benedicta Dube en Stephen Laufer is destyds as kommunikasiekonsultante vir Bosasa aangestel. Volgens Agrizzi het Dube ten minste R1 miljoen vir haar werk ontvang.

Laufer was ʼn Suid-Afrikaanse joernalis wat later na Duitsland verhuis het. Die destydse Mail & Guardian-joernaliste Adriaan Basson en Carien du Plessis het sedert 2012 ʼn reeks artikels geskryf oor korrupsie by die departement van korrektiewe dienste en ander departemente aangesien Bosasa glo top-amptenare betaal het om te verseker dat multi-miljoen rand staatstenders aan dié maatskappy toegeken word.

Agrizzi beweer dat geld gevolglik verskaf is om fone te koop vir die konsultante om dié joernaliste te bel en te intimideer.

“Daar is verslae opgestel oor Basson en Du Plessis – alles gedoen om hulle te diskrediteer. Onthou daar was eindelose geld in die kluis, voorsitter. Geld sou gebruik word om die fone te koop sodat Dube of iemand anders die joernaliste kan bel en dreig. Ek onthou ek het ʼn oproep ontvang van Ferial Haffajee [destydse redakteur van Mail & Guardian] oor die aanvalle op Basson,” het hy gesê.

Adjunkhoofregter Raymond Zondo het Agrizzi hierop gevra of hy ooit teenwoordig was toe die joernaliste geld ontvang het. Die voormalige hoofbedryfsbeampte het geantwoord dat hy nooit enige betalings gesien het nie, want hy was nooit daar nie.

“Ek gaan op wat Leshabane vir my gesê het,” het hy gesê.

Adv. Paul Pretorius, hoof van die kommissie se regspan, het gesê dat ondersoekbeamptes die bewerings teen die betrokke joernaliste ondersoek en dat enige verdere bewyse aan Zondo voorgelê sal word.

Zondo het die SA Redakteursforum (Sanef) vroeër geloof dat die forum met Terrence Nombembe, hoof van die ondersoekspan, en Pretorius Vrydag vergader het. Dié vergadering is gehou oor die bewerings dat Bosasa ‘n geld aan ‘n skarefinansieringsinisiatief vir die SAUK 8-joernaliste geskenk het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Dries du Toit ·

Om die SAUK 8 se skadu finansiering te ondersteun was net die kurrupte Bossasa se manier om selfs hulle kritici te verwar

Maljan ·

Dit kan nogal gaaf wees as sommige van die ‘geïntimideerde” joernaliste op hierdie punt na vore kom en dit kan beaam.

Nancy ·

Gaan kyk op Adriaan Basson se Twitter profiel. Hy bevestig dit..

Johann ·

Ok hoeveel en wie en wat nog? En is daar bewyse vir die treurmare? En gevokge vir sou al die bewerings waar is?

Michael ·

Is hierdie Gavin Watson enige famielie van Cheeky Watson? Kan iemand help asb.

Johann cb ·

Sê wie? Ek woon 59 jaar in PE en kon nog nie die verband vind nie!

Francois Joubert ·

Johanb cb, hulle is 4 broers, Gavin, Daniel, Ronnie en Valence. Daniel is ook bekend as Cheeky. Bly ek kon help. Jy kan dit natuurlik ook Google.

Peter Holmes ·

Ek verstaan mense kla oor 7de laan. Ek kyk dit glad nie. Maar ek syel voor dat 7de laan vervang word met die Bosasa State Capture Inquiry. Met Ambrio Agrizzi in die hoofrol. Baie meer entertaining en spannend. Ook beter vir die kinders !!!!!

Francois Joubert ·

Johann cb, hulle is 4 broers, Gavin, Daniel, Ronnie en Valence. Daniel is ook bekend as Cheeky. Bly ek kon help. Jy kan dit natuurlik ook Google.

Petra ·

Watter sekuriteits maatreëls het hierdie man in plek, as ek na alles luister, hoe seker is hy hy gaan sy volgende verjaarsdag sien, want alhoewel hy op sy manier goed doen, krap hy darem nou seker baie verkeerde mense om?

Sanet ·

Wel volgens koerant berigte is Agrizzi 50 miljoen Rand deur Gavin geoffer om sy mond te hou. Ek glo hy slaap maar lig nadese.

Tinus ·

Zille is reg met die belastingboikot! Belastingbetalers se geld is in die Guptas se sakke of in korrupte politici se se sakke. Agrizzi het nou nou die hele blik wurms oopgemaak. Tronk toe met die diewe, of …………

Karin ·

Waar het al hierdie eindelose geldbron ontstaan? Dit is baie baie geld!

Heather ·

Ai Karen, natuurlik uit ons sakke uit! Ons moet maar net uithaal en wys en al die fatcats lewe rojaal!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.