Agrizzi se borgtogvoorwaardes verslap

Vincent Smith Dinsdag in die hof. (Foto: Verskaf)

Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van Bosasa, se versoek dat twee van sy borgtogvoorwaardes verslap word, is Dinsdagoggend in die Palm Ridge-landdroshof toegestaan.

Sindisiwe Twala, ʼn woordvoerder van die ondersoekdirektoraat van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê Agrizzi moet nou slegs een keer per week by die polisiestasie in Benoni aangemeld. Indien dit nie weens gesondheidsredes moontlik is nie, moet ’n doktersbrief namens hom ingedien word.

Agrizzi mag ook nie Gauteng behalwe vir die tydperk tussen 18 April en 7 Mei verlaat nie. Twala het nie die rede vir dié vergunning bekend gemaak nie.

Agrizzi het weer nie Dinsdag saam met sy medebeskuldigde die oud-ANC-LP Vincent Smith in die hof verskyn nie. Daar is vanoggend in die hof aangedui dat Agrizzi steeds baie siek is.

Die saak is tot 28 Mei uitgestel. Meer inligting omtrent Agrizzi se toestand sal na verwagting dan aan die hof bekend gemaak word sodat daar oor die pad vorentoe en in besonder die verhoor besluit kan word.

Agrizzi word daarvan beskuldig dat hy Smith omgekoop het om te help verseker Bosasa kry winsgewende staatstenders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pieter J

Hy kan maar kwyt geskeld word omdat hy die fluitjie behoorlik geblaas het.

Yvonne

Ek glo sy lewe is in gevaar”