Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van Bosasa, was Vrydag weer uitstedig toe die saak teen hom en oud-ANC-LP Vincent Smith in die Palm Ridge-landdroshof aangehoor is.
Agrizzi word daarvan beskuldig dat hy Smith omgekoop het om te help verseker Bosasa kry winsgewende staatstenders.
Smith het vanoggend weer alleen in die beskuldigdebank op aanklagte van korrupsie en bedrog verskyn voordat die saak tot Julie uitgestel is.
Sindisiwe Seboka, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag se ondersoekdirektoraat, sê dit moet nou bepaal word of die twee beskuldigdes afsonderlik verhoor moet word.
Agrizzi is glo steeds baie siek.
Die saak word weer op 8 Julie aangehoor.
Hoe kry hierdie ouens dit reg om so lank met die slenters weg te kom? As die gewone ouens op straat dit doen en nie opdaag vir hofdatums nie, is daar arrestasies en jy sit in die tronk tot die verhoor plaasvind.
Anc regering se regstelsel net so grap as wat die anc is.
Hy is uitstedig……maar tog steeds baie siek? Nou waar is hy met sy siekte en al?
It’s not “what you know” , it’s “who you know”, and whether you can afford “who you know”.
Agrizzi is dan die fluitjieblaser! Waarvoor moet hy in die hof verskyn?
Ja Rian, dit is so. Hy is die fluitjieblaser en n maklike prooi vir die valke. Hulle is te bang (of te useless) om die werklike sondebokke aan te keer.
Ek stem. Dit is siek. Die boodskap is draai net jou kop weg en se jy het niks gesien nie
Maar hoekom dan die saak so lank uitrek en kom dan met die gebakte pere uit. Asof hy nog in iemand se sak is en dit kom ook nie tot ‘n punt nie
Waar, ,maar hoekom dan nie verskyn en alles ontbloot nie. Hy speel Zuma taktiek en rek die ding onnodig lank uit. Asof hy in iemand se “sak” is
Hy gaan waarskynlik vir baie lank kies om “baie siek” te bly!
Agrizzi het die hele staats kapping ontbloot. Ht sal nog in die geskiedenis opgeteken word as die hero
Moet net nie doodgaan voor hy getuig het teen almal wie teen hy moet getuig
Hy maak net soos Zuma