Agrizzi voor hof oor k-woord-tirade

Angelo Agrizzi, voormalige operasionele hoof van die omstrede fasiliteite-bestuursgroep Bosasa. Foto: Simphiwe Mbokazi /ANA

Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van die eertydse Bosasa, sal Woensdag in die gelykheidshof verskyn op aanklagte van diskriminasie en haatspraak wat deur die Menseregtekommissie (MRK) teen hom aanhangig gemaak is.

Die saak sal in die Randburg-landdroshof aangehoor word.

Die MRK het die aanklagte teen Agrizzi ingedien nadat hy by die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping erken het dat hy rassistiese uitlatings gemaak het. Agrizzi het openlik erken hy is ʼn rassis nadat ʼn opname waarin hy herhaaldelik die k-woord gebruik om na sy oudkollegas Papa Leshabane en Johannes Gumede te verwys, aan die Zondo-ondersoekkommissie voorgestel is.

Agrizzi het in sy getuienis erken hy is ʼn rassis. “Ek is rassisties… oordeel my daarvoor… dis in die haak,” het Agrizzi gesê voor hy verskoning gevra het vir sy uitlating en gesê het hy is “verleë en skaam”.

Gail Smith, woordvoerder van die MRK, het vroeër gesê indien die MRK nié stappe doen nie, sal dit eensgesinde individue aanmoedig om dieselfde te doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

ne ·

Baie voel soos Agrizzi, hulle sê dit net nie in die openbaar nie. Na al die aanvalle/plaasmoorde voel BAIE mense so.

Oom Koos ·

Ja -nee as dit witmense kom is die MRK baie fluks om vermeende oortreders aan die pen te laat ry.

zip reeper ·

eienaardig n whistleblower word vervolg terwyl nog geen korrupte staats vuilisse aangekla is nie

Anti-MRK ·

Die MRK het geen geloofwaardigheid meer oor nie. Maar hulle moet die narratief van die tyd speel – dus neem Agrizzi hof toe.

Gert van Wierdapark ·

Al wat hier by ons mos tel, is die kommissie-kie van interg-griteit en lojaliteit – as jy daar slaag is jou pad oop tot in die kaap. Die slaag-syfer!??? Who cares!

Msp ·

Kom ek stel dit nou uiters mooi. Die meerderheidsgroepe is besig om die minderheidsgroepe uit te moor en met sakke te slaan, ons is almal maar net mense, as die minderheidsgroepe dit net waag om iets te sê is die hel los en dit terwyl die meerderheidsgroepe net kan maak wat hulle wil…

Ryno ·

Belaglik is die regte woord.. dis tyd om na die wereld hof te gaan en selfbeskikking te eis .. as nie geld vir die wat nie het nie om te emigreer…

jakes ·

Stilbly is ook n antwoord. Moenie dink dat Agrizzy die enigste persoon is wat sy mening huldig nie. Wat hy gese het is sy opinie waarop hy geregtig is net soos wat ek ook geregtig daarop is om te se dat ek hom ondersteun alhoewel ek dit nie openlik uitbasyn nie.

Koos de Meyer. ·

Die Mrk is een sydig. Glad nie neutral nie. Dis so belaglik as wat kan kom. Die woord maak niemand seer nie, dit lyk of geld weer hier ter sprake is. Ek is trots Afrikaans en sal solank ek leef dit bly.

GM ·

As dit by Julius kom, dan is dit vryheid van spraak.
My ouers het my geleer om ander te respekteer, daarom was daardie woord taboe in ons huis. As mens na die oorsprong en betekenis gaan kyk, dan kan ek ongelukkig nie insien hoekom dit uitgesonder moet word bo ander woorde wat mense mekaar noem nie. Die ou landsvlag wakker ook glo seer aan. My afleiding is dat sekere individûe ‘n kruk nodig het om deur die lewe te gaan, en die raskaart is hul kruk. Almal kry ‘freebies’ of kom ongeskonde van als af as hul sê die ander persoon het hul dit genoem. Hoe kan ‘n land vorentoe beweeg as die leiers van die land heeltyd agtertoe kyk, en dus ook hul stemmers? Gaan nie gebeur nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.