
Angelo Agrizzi, voormalige operasionele hoof van die omstrede fasiliteite-bestuursgroep Bosasa. Foto: Simphiwe Mbokazi /ANA
Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van die eertydse Bosasa, sal Woensdag in die gelykheidshof verskyn op aanklagte van diskriminasie en haatspraak wat deur die Menseregtekommissie (MRK) teen hom aanhangig gemaak is.
Die saak sal in die Randburg-landdroshof aangehoor word.
Die MRK het die aanklagte teen Agrizzi ingedien nadat hy by die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping erken het dat hy rassistiese uitlatings gemaak het. Agrizzi het openlik erken hy is ʼn rassis nadat ʼn opname waarin hy herhaaldelik die k-woord gebruik om na sy oudkollegas Papa Leshabane en Johannes Gumede te verwys, aan die Zondo-ondersoekkommissie voorgestel is.
Agrizzi het in sy getuienis erken hy is ʼn rassis. “Ek is rassisties… oordeel my daarvoor… dis in die haak,” het Agrizzi gesê voor hy verskoning gevra het vir sy uitlating en gesê het hy is “verleë en skaam”.
Gail Smith, woordvoerder van die MRK, het vroeër gesê indien die MRK nié stappe doen nie, sal dit eensgesinde individue aanmoedig om dieselfde te doen.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
12 Kommentare
Baie voel soos Agrizzi, hulle sê dit net nie in die openbaar nie. Na al die aanvalle/plaasmoorde voel BAIE mense so.
Die samelewing is uiters sensitief. Wonder hoekom.
Ja -nee as dit witmense kom is die MRK baie fluks om vermeende oortreders aan die pen te laat ry.
eienaardig n whistleblower word vervolg terwyl nog geen korrupte staats vuilisse aangekla is nie
Die MRK het geen geloofwaardigheid meer oor nie. Maar hulle moet die narratief van die tyd speel – dus neem Agrizzi hof toe.