Agrizzi vra verskoning, dok op vir k-woord-tirade

Angelo Agrizzi. (Foto: Simphiwe Mbokazi /ANA)

Angelo Agrizzi, die voormalige bedryfshoof van die eertydse Bosasa, gaan R200 000 aan ʼn welsynsorganisasie skenk en het reeds ʼn openbare verskoning gemaak vir sy herhaaldelike gebruik van die k-woord.

Agrizzi het Donderdag weer in die gelykheidshof in Randburg verskyn, nadat die Menseregtekommissie (MRK) klagte van haatspraak en diskriminasie teen hom aanhangig gemaak het. Die MRK het Agrizzi verkla ná sy getuienis voor die Zondo-kommissie wat staatskaping ondersoek, waar hy erken het dat hy rassistiese uitsprake gemaak het. ʼn Opname waarin hy herhaaldelik die k-woord gebruik, is by die kommissie gespeel én op sosiale media versprei.

Agrizzi en die MRK het sedertdien ʼn ooreenkoms aangegaan wat bepaal dat hy ʼn openbare verskoning maak en die bedrag geld betaal vir sy selferkende rassisme. Die ooreenkoms is in opdrag van die hof gemaak.

Agrizzi se skriftelike verskoning is reeds op die MRK se webwerf geplaas.

“Ek het diepe berou dat ons land in 2019 steeds na verskonings oor dié aaklige taalgebruik moet luister. Ons behoort nie meer in dié posisie te wees nie en ek besef ek is een van die mense wat ons daar geplaas het. Daaroor is ek geweldig jammer,” lui ʼn gedeelte van Agrizzi se verskoning.

“Aan my mede-Suid-Afrikaners wil ek weereens verskoning vra vir die pyn wat ek veroorsaak het en omdat ek ons deur my optrede verder verdeel het.”

Die R200 000 gaan aan die Barney Mokgatle-stigting in Alexandra geskenk word.

Buang Jones, die MRK se Gautengse bestuurder, het buite die hof gesê die gebruik van die k-woord is “doelbewus haatdraend en minagtend”.

“Ons sien dit (die Agrizzi-ooreenkoms) as ʼn herstellende maatreël. Ons sien dit as ʼn verenigde Suid-Afrika wat wil bydra tot die verbetering van ons samelewing.”

Barney Mokgatle, verbonde aan die stigting wat die geld gaan ontvang, het Suid-Afrikaners gevra om dit in hulle harte te vind om te vergewe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Hettie ·

Seker Vicky sou ook verkies om liewer te betaal ,of is daar ‘n verskil tussen die oortredings ?

SjN ·

Daar word dus n geldwaarde geplaas op die woord, wel my vriend se drywer se naam word so aangedui in sy id, hy moet dus vergoeding daarvoor te ontvang.

Stevie ·

Een van hierdie mooi dae gaan Steve ook moet opdok. Sy 200, 000 moet gaan aan die eff vroue liga se honger kindertjies!

CHAPPIES ·

WAAROM…tot op lae vlak, benede jou opvoeding daal….maw laat HULLE maar in bekgevegte betrokke raak,dis benede my of dit selfs ‘goedpraat’, om vieslik te praat..?
IS ‘dit’ die Vrug van die Gees?

Hans ·

Vra ook wat van Me Mandela se onlangse uitlatings en die Eff en die UP student en vele ander se geweldsuitsprake teen wittes. Gebrek aan konsekwentheid-gelyke beregting ingevolge wetgewing.

Susan vl ·

Ai….maar net n naampie.
My Jesus se naam sal ek op my kniee kruip en smeek vir vergifnis en om omverskoning te vra as ek dit onnodig gebruik.
Maar ek ht geen begeerte om bogenoemde naam in berig te gebruik in my woordeskat nie. Is vir my geen betekenis.

Karolis ·

Maar jy hoef nie om verskoning te vra as jy mense vermoor nie!

Peter holmes ·

Hy moet eintlik n medalje kry vir al die korruptes wat hy aan die kaak gestel het by die Zondo Kommissie. Wat van die EFF, BLF se rassistiese dreigemente. !!!!

PJC ·

Vir my is die MRK en die gelykheidshof net een groot grap want dit is baie duidelik dat mense wat by hulle verkla word nie gelyke behandeling ontvang nie.

lewies ·

Een 100% van die ellende en rampe wat mense tref is dinge wat hulle oor hul self bring. Dis eenvoudig; ‘n Verkeerde besluit wat die beginpunt van alles is. Dit was in die paradys so en sal tot in ewigheid so wees. Of daar kom bekering na die ramp of verharding van die hart.

Adam ·

Mnr Agrizzi ly waarskynlik aan ‘n verstommende groot wanopvatting van moraliteit. Hy is ontsettend jammer oor hy skeltaal gebruik het, “betaal” vir sy vergype, maar swyg terselfdertyd soos die graf or die feit dat hy vir jare uit ‘n korrupte trog gevreet het. Sy openbaarmaking van die korrupsie was hopeloss te laat en bloot daarop gemik om sy bas uit ‘n oranje tronkpakkie te red. Belaglik!!!!

George in Bloem ·

As mens sien wat van blankes in die openbaar gese word deur lede van die ANC/EFF/BLF alliansie kan mens maar net wonder in watse tipe taalgebruik daar na ons verwys word in privaat gesprekke?

Johan Swart ·

Laat die woord “Boer” ook n rassehaat woord word wat nie gespreek mag word nie, gelukkig mag ons nog ander woorde gebruik.

Dries Moolman ·

Nou wag ons net vir Andile, Malema en daai Mandela vrou se verskonings.

Agrizzi ·

Hoekom is hy nie opgesluit soos Vicky Momberg nie? nee, want die oorgewig man het geld!!! ek wonder wie het dit onder die tafel deur gevat/gekry? dis darem onregverdig;

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.