Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van Bosasa, het Donderdag weer nie in die Palm Ridge-landdroshof verskyn nie aangesien hy steeds in ’n hospitaal behandel word.
Sy medebeskuldigde, die oud-ANC-LP Vincent Smith, het wel vlugtig in die hof verskyn op aanklagte van korrupsie en bedrog. Agrizzi word daarvan beskuldig dat hy Smith omgekoop het om te help verseker Bosasa kry winsgewende staatstenders.
Sindiswe Twala, woordvoerder van die ondersoekdirektoraat van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê Agrizzi word steeds in die waakeenheid van ’n private hospitaal behandel.
Die saak is vanoggend tot 9 Maart volgende jaar uitgestel.
Die staatsaanklaer, adv. Peter Serunye, het op sy beurt gesê die staat het intussen die waarborge vir Agrizzi se eiendom in Italië ontvang.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
3 Kommentare
Trek ‘n zuma op homself…
Ag ja wat is nuut