Agt al by Medupi geskors ná ontploffing

Die eenheid na die ontploffing. (Foto: Chris Yelland/Twitter)

Dit is onduidelik wanneer die beskadigde eenheid by Medupi weer in bedryf gestel kan word. Die omvang van die skade – en koste daaraan verbonde – is steeds nie bekend nie.

Minstens sewe mense is beseer toe die ontploffing op 8 Augustus by eenheid vier van die kragsentrale, in die omgewing van Ellisras in Limpopo, plaasgevind het.

Werkers was besig met ʼn proses om waterstof, wat gebruik word as verkoelingsmedium, uit die stelsel te suiwer.

“Die volle omvang van die skade moet nog bepaal word,” het Kgathatso Tlhakudi, direkteur-generaal van openbare ondernemings, Woensdag tydens ʼn voorlegging van die departement aan die parlementêre portefeuljekomitee oor openbare ondernemings gesê.

Volgens die departement dui die voorlopige ondersoek egter daarop dat die korrekte proses moontlik nie gevolg is nie.

Agt mense, ʼn bedryfsbestuurder, onderbrekingsbestuurder, twee skofbestuurders en vier senior aanlegoperateurs, is reeds in verband met die voorval geskors.

Die aanleg sal nou heeltemal gestroop word sodat die volle omvang van die skade bepaal kan word, het Tlhakudi aan LP’s gesê.

ʼn Herwinningsbestuurder sal ook aangestel word en nadat hy sy werk afgehandel het, sal daar ʼn beter aanduiding van die omvang van die skade wees.

Eskom se kragnetwerk is reeds onder druk en die ontploffing het gelei tot ʼn verlies aan sowat 800 MW kapasiteit by die netwerk.

Benewens die probleem by Medupi sukkel Eskom ook weens ʼn daling in verkope, likiditeitsbeperkings en hoë skuldvlakke. Onwettige kragverbindings, kabeldiefstal en verouderde aanlegte plaas verdere druk op die kragvoorsiener.

LP’s het gesê hulle wag op die verslag van die gevolgebestuur rakende die ontploffing en het aan die departement gesê hulle verwag ʼn uiteensetting van die koste verbonde aan die voorval, asook ʼn aanduiding van waar die geld vandaan gaan kom om dit te herstel.

Die komitee het ook sy kommer uitgespreek omdat die departement nie ʼn woord oor beurtkrag in sy voorlegging gerep het nie, terwyl “dit ʼn nasionale probleem is”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Anoniem ·

Ek hoop daar word nou bevoegde, opgeleide mense in die poste aangestel en nie weer B- BBE nie..
Dit is so onregverdig maar nou ja, wat kan jy verwag as onbevoegdes aangestel word.

Frank ·

Ek het uit ‘n vorige berig verstaan dat ‘n paar van die geskorsde werkers lede van Solidariteit is. Die ene was nie eers betrokke die Sondag nie, naweek af gehad of iets

Anoniem ·

Genade! Ja vandag sal skuld maklik op onskuldige mense geplaas word en die skuldiges loop skotvry weg.

Belinda ·

Hulle moet maar next time maar net GMS bel vir gas detectors … As hulle die nodige toetse gedoen het dan het dit nooit gebeur nie….

Jaco ·

“Volgens die departement dui die voorlopige ondersoek egter daarop dat die korrekte proses moontlik nie gevolg is nie.”
So lyk regstellende aksie en BEE. Ek SIDDER vir die dag wanneer iemand wat suiwer deur regstellende aksie en BEE werk by eskom gekry het, die verkeerde knoppie by Koeberg kernkragstasie gaan druk. Dit gaan lei tot ‘n ontploffing en nuclear meltdown skade VEEL erger as wat nou by Medupi gebeur het. 4 miljoen mense in Kaapstad se lewens sal bedreig word. Maar nouja, dis seker maar alles reg, solank rasgebaseerde transformasie tog net plaasgevind het.

Jaco ·

Wag tot dit regtig gebeur, dan sal jy vinnig besef ek was toe al die tyd reg.

marius ·

Klas , wat het mense in die land gehad voor kerse gebruik in gebruik geneem is ? LED ligte en elektrisiteit juffrou !

annie ·

Gestroop? Hoeveel jare nog? Is die metode nie ‘n juis bietjie te na aan SA se vuurmaakplek nie. Of oefen hulle vir die nog gevaarliker prosesse by atoomkragprojekte. Wat beteken Medupi? Dalk moet die naam verander word na iets makliker soos Zumakrag of Acelaagte of Win-nie-klaarkom.

Kobus ·

Mnr de Ruiter het iets van 2jaar teen R2 miljard genoem. Stel voor hulle vernietig die hele Medupi en bou ‘n winsgewende een wat teen vol kapasiteit kan produseer. Hierdie is net soos die SAL….’n bodemlose put

Pieter ·

En so hou die brein dood ANC sirkus maar net aan. En ons belating betalers bly maar net betaal ons gaan ook nooit wakker skrik nie.

Niklaas ·

in ANC geledere beteken die term “skors” , een besonder lang rusperiode en verlof teen volle betaling en met alle voordele. O ja , met bevorderings moontlikhede ook .Ek wens ek kon geskors word , klink lekker vir my.

Astrain ·

Seker met volle salaris…vir die volgende 10 jaar wat dit gaan neem die ondersoek af te handel…

Vicky ·

Vyf van hierdie bestuur is wit,so julle almal wat so gal braak oor BEE onbevoegheid sit die pot heel mis. *Sè maar net*

Nico ·

Dit is weereens mense wat geen kennis dra van hierdie soort werk is en was aangestel omdie werk te doen en kyk nou. Stel meer geskoolde en bevoegde mense aan dan sal sulke dinge nie gebeur nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.