Agt vermeende rowers van Port Elizabeth in die Oos-Kaap word gesoek nadat hulle glo Donderdagoggend net ná middernag ʼn vulstasie beroof het.
Kapt. André Beetge, woordvoerder van die polisie, sê kringtelevisiebeeldmateriaal wys hoe agt mans uit ʼn wit Quantum-minibus klim en die Caltex-vulstasie in Perseverance rondom 03:00 Donderdagoggend bestorm.
“Binne die vulstasie het die verdagtes geld geëis en ook gevra waar die kluis gehou word,” sê Beetge.
Hy sê twee kassiere wat aan diens was is vasgebind en in die badkamer toegesluit voor die verdagtes die kluis met ʼn onbekende plofmiddel opgeblaas het.
Volgens Beetge het die verdagtes daarin geslaag om te vlug met ʼn groot som geld, wat in dié stadium onbekend is, én ʼn wit Nissan bakkie.
Die bakkie is later langs die pad in Zwide opgespoor, maar nog niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Beetge het gevra dat enigiemand met meer inligting oor die voorval die polisie op die misdaadnoodlyn kontak by 08600 10111.
Aag jul hoef nie verder te soek nie….net soos alle ander transito en rooftogte soos die kom hul skotvry.
Baghdad lyk soos n kleuterskool vergelyk met Suid-Afrika. Selfs die VN het ontrek. Niemand gee n duit om wat daar by julle aangaan.
“Vermeende” rowers? Lyk vir my redelik na ‘n uitgemaakte saak . ..
Hoe kan iemand nou die polisie help met so n vae beskrywing dis om te se my kar is gesteel kyk asb uit vir hom
As agt mense die perseel bestorm, die mense vasmaak, die kluis opblaas en vlug met die geld dat is dit mos rowers. Hoekom word daar na vermeende rowers verwys. ASB kom by !!!!!
Alida:
Ek stem saam!
Die Kersfees begin vroeg die jaar