Agt beseer in botsing

‘n Foto van die toneel (Foto: Verskaf)

Vier mense is in ʼn kritieke toestand en nog vier ander het matige beserings opgedoen toe twee voertuie in Carletonville in Gauteng reg van voor gebots het.

Annine Siddall, ER24-woordvoerder, sê die voorval het glo in Stasieweg in dié dorp plaasgevind.

Volgens haar was talle van die passasiers steeds in die motorwrakke vasgekeer toe nooddienste op die toneel aangekom het.

Motorwrakstukke het oor die pad versprei gelê. Nooddienste moes meganiese toerusting gebruik om die beseerdes uit dié wrakke te bevry.

Siddall sê drie mense moes per helikopter na ʼn hospitaal geneem word weens die omvang van hul beserings. Die vyf ander mense is met behulp van ambulansdienste na die hospitaal gehaas.

ʼn Polisieondersoek is van stapel gestuur.

‘n Foto van die toneel (Foto: Verskaf)

‘n Foto van die toneel (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Oompie ·

In die hoofstraat, waar jy seker net 60 of 80 kan ry? Maar kyk hoe lyk die voertuie! Ja kyk bestuur begin baie gevaarlik raak nou.

Hes ·

Oompie Stasiestraat is nie die hoofstraat van Carletonville nie, kan op die foto sien dit is tweerigting verkeer. Is in die vroeë sewentigs daar weg toe was daar reeds ‘n pragtige hoofstraat. Stasiestraat was omtrent aan die buitewyke van die dorp. ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.